Zuma vaar uit teen tienerswangerskappe

President Jacob Zuma het in ‘n toespraak in die Parlement beklemtoon dat swart tienermoeders geskei moet word van hul babas, totdat hulle hul skoolopleiding voltooi.

“Hulle moet geneem word en gedwing word om skool te gaan, ver weg,” het hy gesê in sy reaksie Dinsdag tydens die debat oor sy toespraak voor tradisionele leiers.
 
“Hulle moet opgevoed word deur die regering totdat hulle bemagtig word en hulle kan sorg vir hul kinders. Neem hulle na Robbeneiland of enige ander eiland, laat hulle daar sit, studeer totdat hulle gekwalifiseer is om terug te kom om te kyk na hul kinders.”
 
Zuma het erken dat toe hy die eerste keer die mening uitgespreek het tydens sy 2009-verkiesingsveldtog, dit omstredenheid veroorsaak het, maar het gesê tienermoeders wat die skool verlaat blyk ‘n onhoudbare las op die samelewing en die staat se welsyn te wees.
 
“Die vroue het gekla ek wil hul kinders weg van hulle wil neem en bla, bla, bla,” het hy gesê.
 
Hy het gesê kinders word só die ouers van kinders, en “hulle weet niks daarvan nie”.
 
Hy het gesê deur tienermoeders te dwing om skoolopleiding te voltooi, sal ‘n tendens om grootouers se pensioen te misbruik vir kindersorg, keer.
 
“Die werklikheid is jy het kinders het met kinders. Hulle weet nie hoe om ‘n kind op te voed nie, hoe om te kyk na hulle nie. Hulle is ‘n las vir oumas, vir die samelewing. So hoekom moet ons net sit en kyk?”
 
Die president het gesê tienerswangerskappe was iets vreemds in vroeër tye toe tradisionele kulture nog gerespekteer was.
 
“Daar was geen swangerskappe van tieners nie en mense het gesinne op die regte tyd gevestig. Hoekom kan ons dit nie doen nie?”
 
Hy het ook voorgestel dat welsyntoelaes nie in kontant betaal word nie, maar as koepons om te voorkom dat ouers dit misbruik.
 
Hy het gesê die koepons moet vir kos, skoolklere of skoolgeld aangewend word, sodat die geld nie gebruik sal word vir enigiets behalwe die behoeftes van die kind nie.
 
“Dit is ‘n kwessie om oor te praat… want geen moeder sal ‘n koepon neem na… wat is daardie plek vir hare? ‘n Salon nie.”

Kanadese student (22) in Vereeniging verkrag

‘n Kanadese student (22) wat as deel van haar kursus maatskaplike werk in Suid-Afrika doen, is oor die naweek naby Vereeniging verkrag. Die voorval word beskryf as ‘n “huisroof wat skeefgeloop het”.

Die student en haar huismaats, wat almal uit Westerse lande afkomstig is en welsynswerk in Suid-Afrika doen, is Saterdagnag deur rowers oorval. Die presiese rede waarom sy die enigste is wat verkrag is, is nie duidelik nie.

Om die identiteit van die meisie te beskerm, word die presiese ligging van die voorval tans vertroulik gehou. ‘n Woordvoerder het egter gesê: “Dit is sleg, baie sleg, ook vir ons land. Al hierdie meisies kom na Suid-Afrika om welsynswerk te doen, in kinderhuise en arm gebiede. Almal is baie geskok. Die nuus versprei reeds dat jong vroue wat Suid-Afrikaners kom help, goedsmoeds verkrag word.”

Blykbaar het die meisie die nodige behandeling by die trouma-eenheid van die plaaslike polisiestasie ontvang. Die polisiestasie, wat onder die bevel van ‘n Afrikanervrouekolonel staan, is goed toegerus om verkragtingslagoffers te hanteer.

Suid-Afrika is by verre die wêreld se swaargewigkampioen as dit by verkragting kom. Volgens statistieke van die polisie en ondersoeke deur die Mediese Navorsingsraad, word tot 1,3 miljoen vroue jaarliks in die land verkrag. Dit is meer as in die oorloggeteisterde Demokratiese Republiek van die Kongo wat deur die Verenigde Nasies as ‘n “menseregteramp” verklaar is. Volgens VN-syfers word ongeveer ‘n miljoen vroue per jaar in die DRK verkrag.

Tot 75% van Suid-Afrikaanse vroue sal ten minste een keer in hul lewens verkrag word. ‘n Vrou se kanse om verkrag te word, is groter as om matriek deur te kom.