‘n Veldtog is Sondag op internasionale vrouedag van stapel gestuur om n vrou as sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies te benoem.
Op die webtuiste, www.womanSG.org sal die profiele van ‘n groep moontlike kandidate van tyd tot tyd gepubliseer word.
Die huidige sekretaris-generaal, mnr. Ban Ki-Moon, se termyn verstryk op 31 Desember 2016.
Moontlike kandidate is Unesco se direkteur-generaal, Irina Bokova; die internasionale monetêre fonds se besturende direkteur, Christine Lagarde; Litaue se pres. Dalia Grybauskaite en die Deense premier, Helle Thorning-Schmidt. Onder v.l.n.r. is die Europese Unie se kommissaris, Kristalina Georgieva; die voormalige Nieu-Seelandse premier, Helen Clark en Chili se pres. Michelle Bachelet.

Die logiese gevolg van politiese korrektheid.
The worst thing the Dulles Bros. did was write the Versailles Treaty.
Ek sit my geld op die mooiste een maar nou’t ons nie eers die kiekie gekry nie PRAAG!
Wat van San -Ki -Sonne -Ki .in die plek van Ban Ki Moon? :-))
Ernstig
Dit sal baie goed wees as ons ‘n goedaardige Christen feminis kan kry soos Merkel