Kleuterskoolhoof met brandende plastiek gemartel

‘n Afrikaanse kleuterskoolhoof is oor die naweek tydens ʼn plaasaanval met brandende plastiek gebrand en gemartel naby Pongola in KwaZulu-Natal, het Beeld Dinsdag berig.

Vier swart aanvallers het Saterdag ná middagete op Armand en Doulina Slabbert se plaas toegeslaan waar hulle ‘n kwekery en kleuterskool bedryf.

Doulina is gebrand deur brandende plastiek op haar maag te laat drup. Die swart aanvallers het haar gemartel om Armand te dwing om hul waardevolle besittings te oorhandig.

Jess Strumpfer, hul buurman, het Maandag gesê die aanvallers het Doulina buite die huis oorval en in die huis in geneem waar Armand besig was om te stort.

Die rowers het Armand se gestremde broer in die huis vasgebind en die egpaar na hul slaapkamer gedwing, waar hulle geld en vuurwapens uit die kluis gesteel het.

Die egpaar is vasgebind, maar Armand kon loskom en het die aanvallers glo gekonfronteer. Die swartes het daarna sonder die twee bakkies te voet gevlug. Sy vrou is in die hospitaal vir brandwonde behandel.

Kol. Jay Naicker, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

4 thoughts on “Kleuterskoolhoof met brandende plastiek gemartel”

  1. Ja, niemand is nog in hegtenis geneem nie, want daar is tonne dossiere wat op die speurder se tafel is en hy kom nie by hulle uit nie. Dalk is dit maar net nog ou saak waarby hulle nou-nou sal uitkom as daar tyd is.

    Maar klap nou ‘n ding op die oor op jou plaas dan daag die hele mag daar op en daai dossie word sommer ondersoek deur een of ander groot rang en dis vir weke in die nuus.

Maak 'n opvolg-bydrae