Suid-Afrika verkoop meer as 13 ton goud aan Iran, oortree VN-sanksies

Volgens ‘n berig in die plaaslike Times-koerant, het Suid-Afrika meer as 13 ton goud aan Iran verkoop, iets wat op ‘n oortreding van VN-sanksies teen die land sou neerkom. Die sentrale bank van Iran het verlede week aangekondig dat “‘n som van 13 ton goud voorheen aangekoop is en oor die afgelope twee jaar in

Lees verder: Suid-Afrika verkoop meer as 13 ton goud aan Iran, oortree VN-sanksies

Brief: Prof van Niekerk se eensydige nuwe ‘kakie gevaar’

Die vlak van debatvoering in Suid-Afrika moet ons bekommer. Die artikel deur Prof Anton van Niekerk, “Hou oog op die radikale”, VB, 7 Julie, soortgelyk aan die artikel van Max du Preez ‘n week of wat voor dit verwys. Alhoewel beide van hulle ‘n sterk punt maak, is dit asof hulle net die helfte van

Lees verder: Brief: Prof van Niekerk se eensydige nuwe ‘kakie gevaar’

Afrikaanse name moet van RAU-koshuise af

Omdat die Universiteit van Johannesburg, die voormalige RAU (Randse Afrikaanse Universiteit) deesdae ‘n “pan-Afrika-sentrum van kritiese intellektuele ondersoek” is, moet sy oorspronklike Afrikaanse koshuisname verwyder word. Die huidige swart studentekorps is nie teen die name gekant nie, maar die universiteitsowerheid kan die name nie langer duld nie. Volgens berigte is koshuisinwoners teen die veranderinge gekant.

Lees verder: Afrikaanse name moet van RAU-koshuise af

Suid-Carolina verbied Suidelike vlag by wetgewershuis

Die deelstaat van Suid-Carolina in die VSA het met ‘n meerderheid van 94-20 gestem om die Suidelike vlag wat tradisioneel by sy wetgewershuis wapper, te verbied. Dit volg ná drie dae van intense debat rondom die kwessie. Die goewerneur van Suid-Carolina, Nikki Haley, sal later vandag die wetsontwerp onderteken, om die besluit van die wetgewer

Lees verder: Suid-Carolina verbied Suidelike vlag by wetgewershuis

Kommer oor Prasa-ingenieur se kwalifikasies neem toe

Die Passasier-spooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) sê hy is baie tevrede met sy hoofingenieur, dr. Daniel Mtimkulu, al is hy nie amptelik as ingenieur geregistreer nie. Netwerk24 het gister onthul dat Mtimkulu nie by die Ingenieursraad van Suid-Afrika geregistreer is nie. Ingevolge wetgewing moet ingenieurs wat vir die staat werk, by die raad geregistreer wees. Die

Lees verder: Kommer oor Prasa-ingenieur se kwalifikasies neem toe

SA se bydrae aan BRICS nie ‘n kopseer sê ekonoom

Suid-Afrika se beloofde bydrae van $10 miljard aan die beplande Nuwe Ontwikkelingsbank oftewel die BRICS-bank, hoef nie onmiddellik die land uit te vloei nie. Die geld sal slegs gegee word wanneer dit benodig word, volgens die ekonoom Dawie Roodt. Roodt het bygevoeg dat China waarskynlik die grootste gedeelte van die nuwe bank sal finansier. Roodt

Lees verder: SA se bydrae aan BRICS nie ‘n kopseer sê ekonoom

Mooters neem hul park terug

Mooters, mense van die Moot, het Saterdag self ingespring om die Trimpark op te ruim en ongewenste elemente te verwyder, het Rekord Moot berig. Clinten Sulter, lid van die Moot-gemeenskapsinisiatief (MootGi), sê inwoners en lede van Moot Sektor 2 GPF het die middag omstreeks 15:00 by die Trimpark bymekaargekom en aan die werk gespring. “Een

Lees verder: Mooters neem hul park terug

Ruiters spring weg vir moordende tog

Meer as 220 ruiters op hul perde het vanoggend weggespring vir die laaste dag van die moordende 42ste Fauresmith-perde-uithourit. Koördineerder Charmaine Nickisson sê met gunstige weerstoestande was deelnemers vroegoggend slaggereed om hul staal te wys. Volgens haar het ruiters en hul perde wat die vinnigste tyd gelewer het tot dusver reeds vanaf 07:00 weggespring. Die

Lees verder: Ruiters spring weg vir moordende tog

Nagklub doef-doef voort ten spyte van klagtes

Tiger Tiger is die gewildste nagklub in die ooste van Pretoria, maar die musiekvoos inwoners het nou besluit om voet neer te sit en ‘n petisie voor die Tshwane metroraad te lê, maar die klub steur hom nie aan die ‘foefies’ van die oues nie en gaan voort om te doef-doef. Musiekvoos inwoners in die

Lees verder: Nagklub doef-doef voort ten spyte van klagtes

Presidensie bestudeer regters se versoek

Die presidensie sal nie onmiddellik reageer op Hoofregter Mogoeng Mogoeng se besware oor bewerings dat die regbank beïnvloed word nie. Die SABC berig Mogoeng het ‘n mandaat gegee dat ‘n vergadering met die president aangevra word om die bedreiging van die regstelsel te bespreek. Dit volg nadat die land se top-regters vir die eerste keer

Lees verder: Presidensie bestudeer regters se versoek