praag.co.za

SA se bydrae aan BRICS nie ‘n kopseer sê ekonoom

Written by

in

,

Suid-Afrika se beloofde bydrae van $10 miljard aan die beplande Nuwe Ontwikkelingsbank oftewel die BRICS-bank, hoef nie onmiddellik die land uit te vloei nie.

Die geld sal slegs gegee word wanneer dit benodig word, volgens die ekonoom Dawie Roodt.

Roodt het bygevoeg dat China waarskynlik die grootste gedeelte van die nuwe bank sal finansier.

Roodt sê Suid-Afrika hoef hom dus nie te veel te bekommer oor die kapitale uitleg nie.

Rusland en Suid-Afrika het Woensdag ooreengekom om ‘n memorandum van verstandhouding te teken oor onder meer energie.

President Jacob Zuma lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging wat bestaan uit ministers en sakelui.

Afgevaardigdes sal onder meer ‘n ooreenkoms oor ekonomiese integrasie van die BRICS-lande bespreek, asook moontlike vrye handelsgebiede.

Die sewende sessie van die BRICS-beraad is in Rusland in die stad Ufa, net buite Moskou, gehou.

Dit is voorafgegaan deur die bekendstelling van die BRICS ontwikkelingsbank wat gesien word as alternatief vir die IMF, die Wêreldbank en ander westerse instellings.

Die handelsomset tussen die BRICS-lande het verlede jaar meer as $291 miljard beloop.

Chinese aandeelpryse, wat ‘n tweede agtereenvolgende dag skerp gedaal het, is ‘n direkte gevolg van hoë aandeelpryse reg oor die wêreld heen, het Roodt ook gesê.

Die Shanghai Composite Index wat met 8.2% gedaal het voor verhandeling begin het, het egter ‘n uur later met drie persentasie punte herstel.

Sedert 12 Junie toe aandeelmarkte gepiek het, het die Shanghai Composite Index met nagenoeg 30% gedaal.

Comments

9 responses to “SA se bydrae aan BRICS nie ‘n kopseer sê ekonoom”

  1. Mens Avatar
    Mens

    China gaan dit finansier…met rooiligte wat flikker in hulle ekonomie? Uhm ok..

      1. FR2P Avatar
        FR2P

        Real-time visibility of global cyber attacks: http://norsecorp.com/

        1. Guest Avatar
          Guest

          Once is happenstance. Twice is coincidence. Three times is enemy action.

          http://www.shtfplan.com/conspiracy-fact-and-theory/fbi-reveals-11-attacks-against-internet-lines-in-california_07022015

          The Chinese market dump has become as subtle as a heart attack.

  2. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Bydrae? Ek reken ZA wil veel meer hê as wat hulle gaan gee.

  3. Vrystaat Avatar
    Vrystaat

    “Rusland en Suid-Afrika het Woensdag ooreengekom om ‘n memorandum van verstandhouding te teken oor onder meer energie. President Jacob Zuma lei die Suid-Afrikaanse afvaardiging wat bestaan uit ministers en sakelui”.Hou dop. Ek is oortuig JZ het ‘n plan met die bank en die nuwe kernkrag sentrales wat gebou moet/gaan word. Iewers gaan daar omkoopgeld betaal word…Hy is nie verniet heel voor in die koor oor die BRICS bank nie…

    1. Bad Moon Avatar
      Bad Moon

      Is die ooreenkoms nie terwille van die dreigende konflik tussen die Russe en Amerikaners nie. Ons moet onthou dat beide die Russe en Amerikaners Suid Afrika sien as ‘n goeie halfweghuis. Veral wat die skeepsroetes aanbetref. Amerika het hom nie juis beywer om goeie verhoudinge met Afrika te hou nie, veral die kusgebiede. Sjina en Rusland kruip by die ouens al vir jare lank en die Yanks en Europieers misbruik weer die res van Afrika om finansieele munt te slaan, soos om die outjies om te koop, ens. Laasgenoemde weet dat die afrikane baie ontvanglik vir ‘n geldjie in die sak is, waar die Russe en Sjinese weer militer hul ding doen.

  4. Statetheobvious Avatar
    Statetheobvious

    Daai geld gaan met ‘n ompad loop na Zuma toe – hulle was weer lekker geld

  5. Adam Smit Avatar
    Adam Smit

    Ek wonder wanneer die land se verantwoordelike finansiële owerhede in ons land die dag gaan aandag gee aan die openlike inlopery soos hierdie waarna Paul Craig Roberts verwys in artikels, mnr. Dawie Roodt: For example last Tuesday the US Mint announced that it was sold out of the American Eagle one ounce silver coin. It is a contradiction of the law of supply and demand that demand is high, supply is low, and the price is falling. Such an economic anomaly can only be explained by manipulation of prices in a market where supply can be created by printing paper contracts.

    Obviously fraud and price manipulation are at work, but no heads roll. The Federal Reserve and US Treasury support this fraud and manipulation, because the suppression of precious metal prices protects the value and status of the US dollar as the world’s reserve currency and prevents gold and silver from fulfilling their role as the transmission mechanism that warns of developing financial and economic troubles. The suppression of the rising gold price suppresses the warning signal and permits the continuation of financial market bubbles and Washington’s ability to impose sanctions on other world powers that are disadvantaged by not being a reserve currency.

    It has come to our attention that over-the-counter (OTC) derivatives also play a role in price suppression and simultaneously serve to provide long positions for the bullion banks that disguise their manipulation of prices in the futures market. http://www.paulcraigroberts.org/2015/07/08/big-banks-using-derivatives-suppress-bullion-prices-paul-craig-roberts-dave-kranzler/

Leave a Reply