praag.co.za

Nagklub doef-doef voort ten spyte van klagtes

Written by

in

,

Tiger Tiger is die gewildste nagklub in die ooste van Pretoria, maar die musiekvoos inwoners het nou besluit om voet neer te sit en ‘n petisie voor die Tshwane metroraad te lê, maar die klub steur hom nie aan die ‘foefies’ van die oues nie en gaan voort om te doef-doef.

Musiekvoos inwoners in die ooste van Pretoria het besluit om Tshwane metro te nader vir hulp om die Tiger Tiger nagklub se deure te sluit, het Rekord Oos berig.

Bejaarde inwoners kla dat hulle na sewe jaar se doef-doef harde rave- en trans-musiek in January Masilelarylaan keelvol is. Dit dryf inwoners van die omliggende ouetehuise en aftree-oorde letterlik teen die mure uit, sê Karen Meyer, DA-raadslid van wyk 44.

Meyer het Maandag aan Rekord gesê die inwoners het die afgelope jaar herhaalde kere petisisies opgestel en op die klub se voorstoep afgelaai. “Dit het geen effek op hulle gehad nie. Die klub steur hulle net nie aan die besware nie,” het Meyer gesê.

Tiger Tiger is een van die min nagklubs wat steeds in die ooste van Pretoria vermaak verskaf. Sedert Hatfield Square nie meer studente se drinkgat is nie, stroom hulle na Tiger Tiger toe.

Volgens Meyer is die perseel waarop die klub geleë is, ‘n nes van onheilighede. “Daar word gereeld by motors ingebreek en ons stuur ook op ‘n gereelde basis die metropolisie na die klub om hulle stil te maak.”

Meyer sê die polisie slaan ook gereeld op die klub toe om dwelms uit te snuffel en gesondheidsinspekteurs maak ook gereeld daar ‘n draai.

Die klub het ook al bekendes soos die sangeres Elizma Theron en die atleet Llewelyn Herbert getrek en DJ’s waaronder Gareth Cliff speel ook gereeld daar.

Die jongklomp beskou dit as die “plek om gesien te word” en steur hulle nie regtig aan die inwoners se gebrom nie.

Cathy Hudson, die eienares van Tiger Tiger, sê die nagklub is klankdig en dat hulle nie die inwoners stuur nie. “Die polisie en metropolisie was al by ons, maar hulle het geen dwelms op die perseel gevind nie. Ek werk nou saam met die polisie om van kriminele elemente ontslae te raak.”

Meyer meen egter dat die nagklub nie klankdig genoeg is nie.

Die moontlikheid bestaan dat Tiger Tiger, wat vier takke landswyd het, na ‘n ander perseel gaan verhuis.

Hudson sê sy huur die klub by Mercedes-Benz. Die motorhandelaar is reg langs die klub, en hulle gaan dalk al die huurders se kontrakte kanselleer.

Maar vir nou steur Hudson haar nie aan die “kerkgroepe” wat so brom nie. “Ons het nog ‘n huurkontrak en sal beslis nie nou ons deure sluit nie.”

Tiger Tiger is net Donderdae, Vrydae en Saterdae oop.

Adjudant-offisier Dave Miller, woordvoerder van die Garsfontein-polisiekantoor, sê hulle het die afgelope jaar twee keer dwelms by klubgangers gevind.

Hy kon nie kommentaar op die rusverstoringklagtes lewer nie.

Comments

3 responses to “Nagklub doef-doef voort ten spyte van klagtes”

  1. Dolk Avatar
    Dolk

    Maak ‘n groter geraas… Speel musiek waarvan “julle” hou.

    Laat katte in sandbakke piepie – loog dit uit met water – laat staan en plaas dit in pompspuit… (Enige piepie werk – katte s’n is egter ultra koel.) Spuit dit orals buite by die klub – wanneer niemand daar is nie. (Mure, deure ORALS!)

    Reuk is ‘n sintuig wat mens lekker kan uitbuit… ;)) (Maal rou vis fyn – meng met water en sprei dit orals daar – sonder dat ander jou sien…)

    1. Witbeer Avatar
      Witbeer

      he he hehe Dolk, bly hy nie my buurman nie, wha ha ha ha ha ek kan dink aan ander dinge soos die kragskakelaar aan en af te sit binne sekondes, dit laat enige groot geraas, amp gou gou sy Moses teenkom…..

      1. Dolk Avatar
        Dolk

        Die SAP het so ‘n paar jaar terug ‘n huis as ‘n barrak vir die bobbejane in blou gehuur – regoorkant ons huis… Ek het hulle stelselmatig uitgewerk – met goed wat ek nie hier kan noem nie… Klank was wel een… 🙂

        Oor daardie nagklub… As ek “iemand” daar was, het ek ‘n paar aande rustig ingegaan om myself te “geniet”… Met sakkies sement gemeng met sand en klip – in die baadjiesakke. Begin by toilet een… Skud uit – spoel dit af… Na so paar keer (aande se besoek) behoort hulle nie meer so jolig te fuif nie… Pasop vir aandag trek, kamera’s en roetine.

Leave a Reply