Chippy Shaik ook voor Seriti-kommissie

Die Seriti-kommissie wat ondersoek instel na die omstrede wapentransaksie is tot 14 Oktober uitgestel. ‘n Woordvoerder, William Baloyi, sê die besluit is geneem sodat sekere dokumente gedeklassifiseer kan word. Die kommissie sal ook intussen persone wat tydens getuienis genoem is, raadpleeg. Volgens berigte sal Chippy Shaik wat die hoof van verkrygings was vir die weermag

Lees verder: Chippy Shaik ook voor Seriti-kommissie

Sindikaat maai onder Weenen-renosters

Twee renosters met afgesaagde horings is lewend gevind by die Weenen Wildreservaat in KwaZulu-Natal. Daar word vermoed dat ‘n sindikaat in die gebied bedrywig is, nadat vyf renosters verlede week in dieselfde reservaat doodgemaak is. Sewentig renosters is reeds vanjaar in die provinsie gestroop. Die woordvoerder van Ezemvelo KZN Natuurlewe, Musa Mntambo sê die renosters

Lees verder: Sindikaat maai onder Weenen-renosters

DA verbaas oor vyandigheid by Fort Hare

Die DA-leier Helen Zille het die ANC Jeugliga en die studenteorganisasie Sasco van intimidasie beskuldig ná haar toespraak by die Fort Hare Universiteit deur uitjouery en ‘n kragonderbreking onderbreek is. Dit is nie duidelik wat die kragonderbreking veroorsaak het nie. Zille is deur die DA Studenteorganisasie genooi om in die aanloop tot die studenteraadsverkiesing by

Lees verder: DA verbaas oor vyandigheid by Fort Hare

Einde van model-C-skole? Grondwethof plaas staat in beheer

Die onderwysdepartement het die mag om ‘n skool se toelatingsbeleid te bepaal, het die Grondwethof Donderdag bevind. Dit het gedeeltelik die appèl van die onderwysdepartement gestand gedoen teen die uitspraak van die Appèlhof en bevind dat die onderwysdepartement in Gauteng oor die mag beskik om ‘n leerling tot Rivonia Primary School toe te laat ongeag

Lees verder: Einde van model-C-skole? Grondwethof plaas staat in beheer

Stakings by BMW vervreem EU

Die vernietigende effek van stakings in onder meer die motorvervaardigingsektor, soos nou by BMW Suid-Afrika gesien, kan belangrike handelsvennote soos die Europese Unie (EU) al hoe verder van Suid-Afrika laat wegdryf, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid. Die verhouding tussen Suid-Afrika en die lidlande van die EU

Lees verder: Stakings by BMW vervreem EU

Tom Clancy oorlede

Tom Clancy het die 9/11-aanval op die Twin Towers in New York lank voordat dit gebeur het, akkuraat voorspel. Clancy, ‘n ware genre-spesialis, het die fynste besonderhede van allerlei militêre toerusting sowel as strategie, ten seerste begryp. Dié profetiese en outentieke skrywer van ondermeer The hunt for Red October, is Woensdag op die ouderdom van

Lees verder: Tom Clancy oorlede

Gyselaardrama eindig

‘n Beampte wat as gyselaar by die Mangaung-maksimumsekuriteitsgevangenis buite Bloemfontein aangehou is, is gered. Op die vraag of enige ander persone beseer is tydens die reddingsoperasie of wat die operasie behels het, het Kirsten van der Nest , woordvoerder van G4S Africa, die maatskappy wat die private tronk bedryf, gesê geen verdere inligting sal bekend

Lees verder: Gyselaardrama eindig

Swart, swarter, krieket

Suid-Afrikaanse krieketamptenare gaan ‘n voorstel oorweeg om professionele krieketspanne te dwing om minstens twee swart spelers in elke span in te sluit. Hoewel die ses top spanne in onlangse seisoene ‘n aantal bruin- en Indiërspelers gekies het, is daar ‘n tekort aan swart krieketspelers. Die nasionale sameroeper van die keurders, Andrew Hudson het die tekort

Lees verder: Swart, swarter, krieket

Johann Theron: Straatkultuur

Kultuur word dikwels gebruik om beskawings se geletterdheid, standaarde en tradisies te meet. Mettertyd het sub-kulture na vore gekom soos rugbykultuur en karkultuur en net so het daar ‘n straatkultuur onstaan. Straatkultuur word gesien in voetgangers, straatkunstenaars en advertensies, maar ook straatwinkeltjies, koerantverkopers, karwagte, straatveërs en sekswerkers. Die regulering van menslike interaksie op straat is

Lees verder: Johann Theron: Straatkultuur

Zuma betrek by Gupta-landing

Pres. Jacob Zuma is direk by die landing van ‘n Gupta-passasiersvliegtuig uit Indië op ‘n militêre lughawe betrek na ‘n eedsverklaring van een van die aangeklaagdes. ’n Sleutelgetuie in die weermag se ondersoek na die landing van die Gupta-familie se straler uit Indië beweer Zuma en Bruce Koloane, voormalige hoof van staatsprotokol, het ’n ontmoeting

Lees verder: Zuma betrek by Gupta-landing