Wildstropers wat die karkasse van trofeediere met gif laai is ‘n groot bedreiging vir aasvoëls in Namibië. Mnr. Peter Bridgeford van Vultures Namibia is as Walvisbaaier een van die grootste navorsers en bewaarders van Namibië se aasvoëls. Met Walvisbaai as die basis van Vultures Namibia konsentreer hy op die skaars swartaasvoëls van die Namib, maar
OVK, polisie gereed vir Tlokwe-stemmery
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê hy is gereed vir vandag se hoogs-betwiste tussenverkiesing in wyk nege van die Tlokwe munisipaliteit in Potchefstroom in Noordwes. Die pos is vakant nadat ‘n raadslid bedank het om te fokus op sy werk as ‘n onderwyser. Die polisie in Noordwes sê daar is genoeg beamptes ontplooi om orde in die
Koue kom, krag beur
Rampbestuur in die Suid-Kaap en Klein Karoo is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag na waarskuwings van swaar reën en sneeu in die streek. Die nasionale weerkantoor het ‘n waarskuwing uitgereik van ongunstige weerstoestande in die Wes-Kaap oor die volgende paar dae. Eskom sê die vraag na elektrisiteit was Dinsdagaand baie hoog weens die koue weerstoestande. Kragverbruik
Kenia-lughawe in ligte laaie
Brandbestyders werk onverpoosd om ‘n groot brand by die Jomo Kenyatta lughawe in Kenia onder beheer te bring. Die brand wat ongeveer vyfuur vanoggend in die vertreksaal uitgebreek en na die aankomsaal versprei het, het tot die sluiting van dié lughawe gelei wat een van die besigste vervoersentrums in Oos-Afrika is. Die aksynsvrye-deel van die
ANC herontplooi dislojale, korrupte kaders
Die ANC het regeringslui wat hul poste weens vrae oor korrupsie en lojaliteit jeens pres. Zuma verloor het, is herontplooi. Die voormalige ministers in die kabinet, Dina Pule en Tokyo Sexwale asook die voormalige premier van Limpopo, Cassel Mathale, dien nou op verskeie parlementêre komitees. Mathale is voorheen betrek by ‘n korrupsieskandaal waarin Julius Malema
Swart verdagte wat 3-jarige verkrag vas
‘n Swart man is Dinsdag in hegtenis geneem omdat hy na bewering ‘n drie-jaar-oue dogtertjie in Ipeleng, naby Schweizer Reneke, in Noordwes, verkrag het, het die polisie gesê. Die 37-jarige man, wat die kind se buurman is, het haar na ‘n nabygeleë plakkershut ontvoer waar hy haar verkrag het Maandag, het kaptein Pelonomi Makau gesê.
Vermeende Ceres-babaverkragter gevang
‘n Man is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ‘n baba van vier maande en ‘n 7-jarige seun in Ceres, het die polisie in die Wes-Kaap gesê. Lt.kol. André Traut het gesê ‘n 32-jarige man is in aanhouding en is Maandagaand in Ceres ondervra. ‘n Taakspan wat bestaan uit verskeie polisie-eenhede is
Student buite UJ geskiet
ʼn Student is geskiet en gewond buite die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Doornfontein-kampus. “Die universiteit kan bevestig dat ʼn 30-jarige student geskiet is tydens ʼn rooftog buite die gronde van die Doornfontein-kampus,” het Herman Esterhuizen, woordvoerder van die universiteit, gesê. “Die student is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.” Esterhuizen het gesê die
Vals kapingswaarskuwing in PE ondersoek
‘n Woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Tlali Tlali sê hulle stel ondersoek in na ‘n vals kapingskennisgewing wat gistermiddag paniek veroorsaak het op ‘n vlug wat in Port Elizabeth geland het. Volgens Tlali is die vals kennisgewing geaktivieer vir die vlug SA 417 wat in Johannesburg opgestyg het. Nooddienste en bykomende veiligheidspersoneel is na die
Jeugliga ontken ontlasting-storting
Die ANC Jeugliga in die Wes-Kaap het hom gedistansieer van die jongste voorval waar menslike ontlasting gestort is. Vier mans het Maandag menslike ontlasting op die trappe van die provinsiale wetgewer gegooi. Die jeugliga ontken berigte dat die mans lede van die jeugliga is. Volgens die polisie is niemand nog in verband met die voorval
