HOP-huis aansoeke gebrand in Musina

Opposisiepartye en gemeenskapslede by Musina in Limpopo beweer dat munisipale amptenare en raadslede betrokke kon gewees het by ‘n brand die naweek by die kantoor van die munisipaliteit se behuisingsbestuurder, Kenneth Ravhuanzo. Die brand is geblus voordat dit na die res van die munisipale gebou kon versprei. Dokumente en kantoormeubels is in die brand vernietig.

Lees verder: HOP-huis aansoeke gebrand in Musina

Redakteursforum versoek interdik teen ‘Black Land First’

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum, wat soos omtrent alles in die land slegs oor ‘n Engelse akronomiem, SANEF, beskik, sou vandag ‘n aansoek om ‘n interdik in die Suid-Gautengse Hooggeregshof teen Black First Land First (BLF) liasseer.  Dit volg op betogings verlede week voor die huis van Peter Bruce, oorhoofse redakteur van Business Day. BLF, wat aangevoer

Lees verder: Redakteursforum versoek interdik teen ‘Black Land First’

Tunisiër vermoor bejaarde Oostenrykers ‘uit die haat vir die Vryheidsparty’

Na die wrede moord op ‘n bejaarde egpaar vroegoggend in Linz, Oostenryk, is die motief vir die misdaad nou opgelos: Die verdagte – ‘n 54-jarige Moslem uit Tunisië – het die bloedbad uit haat vir die FPÖ [Freiheitliche Partei Österreichs ] Die Oostenrykse Vryheidsparty gepleeg, volgens die polisie. Hy het die afgelope paar jaar sy

Lees verder: Tunisiër vermoor bejaarde Oostenrykers ‘uit die haat vir die Vryheidsparty’

Amalia-plaasmoord: Bejaarde se lyk in veld gekry, aanvallers soek

Die polisie in Noordwes is steeds op soek na ‘n onbekende getal aanvallers in verband met die moord op die 72-jarige Elsa Erasmus op haar plaas buite Amalia in Noordwes. Erasmus se lyk is Sondagmiddag in die veld ‘n paar kilometer van haar bakkie gevind nadat sy sedert Saterdagmiddag vermis was. Voorsitter van die Amalia-landbouvereniging,

Lees verder: Amalia-plaasmoord: Bejaarde se lyk in veld gekry, aanvallers soek

Dan Roodt: Ope brief aan elke christen in Suid-Afrika, deel 1

Die Hooggeregshof in Johannesburg het vandeesweek uitspraak gelewer en openbare skole verbied om “slegs een godsdiens” tydens saalopeninge of ander tradisionele aktiwiteite toe te laat. ‘n Skool mag ook nie meer ‘n christelike etos aanneem nie, maar moet iets anders in die plek daarvan stel, wat kan wissel van die mengkultuur (soos dit in Swede

Lees verder: Dan Roodt: Ope brief aan elke christen in Suid-Afrika, deel 1

Leon Lemmer: Is die Reitz-familie Boere-adel?

Wanneer die naam Reitz deesdae genoem word, word gewoonlik aan die dorp Reitz in die Oos-Vrystaat of aan die Reitz-voorval aan die Universiteit Vrystaat (UV) gedink. Die dorp is vernoem na Francis William Reitz jr wat die president van die Oranje-Vrystaat was (1889-1895). Die Reitz-voorval het in 2007 plaasgevind (maar eers later opslae gemaak) toe

Lees verder: Leon Lemmer: Is die Reitz-familie Boere-adel?

VSA stel Moslem-reisverbod in

Die Amerikaanse regering het ‘n gedeelte van sy beleid oor President Donald Trump se omstrede reisverbod op reisigers van ses oorwegend Moslemlande, herroep. Die verbod het gisteraand in werking getree. Amerikaanse ambassades en konsulate sal nie meer visums goedkeur vir paspoorte van Iran, Libië, Somalië, Soedan, Sirië of Jemen nie tensy dié burgers ‘n bona

Lees verder: VSA stel Moslem-reisverbod in

Polisiestasie aangeval

Die polisie in die Vrystaat ondersoek die moord op twee polisielede wat Donderdag in die Koffiefontein-polisiestasie doodgeskiet is. Konstabels Obert Mekoa en Mzonani Majo is albei in die kop geskiet terwyl hulle aan diens was in die Koffiefontein Gemeenskapsdienssentrum. Hul liggame is ontdek deur kollegas wat van patrollie teruggekom het. Die polisie sê een van

Lees verder: Polisiestasie aangeval

Suna Venter van RSG se liggaam in haar woonstel gevind

Die bekende radiojoernalis en lid van die RSG-Monitorspan, Suna Venter, se ligaam is vanoggend in haar woonstel in Fairland, Johannesburg gevind, volgens ‘n persverklaring wat deur haar familie uitgereik is. Venter was voorheen ernstig siek na ‘n besoek aan Sirië in 2012. Sy was ook een van die groep van agt joernaliste van die SAUK

Lees verder: Suna Venter van RSG se liggaam in haar woonstel gevind

Moslems en ateïste begin nuwe veldtog teen Christendom in Suid-Afrika

Die uitspraak van die Johannesburgse Hooggeregshof ten gunste van die ateïstiese organisasie OGOD dat openbare skole in Johannesburg nie meer enige Christelike inhoud aan leerlinge mag kommuninkeer nie, waaronder opening met skriflesing en gebed, het gister saamgeval met die kraak van die departement van onderwys se webwerf deur ‘n pro-Islamitiese groep. Die webblad van die

Lees verder: Moslems en ateïste begin nuwe veldtog teen Christendom in Suid-Afrika

Pierre Fouché: Oor leiers

Die V.S. Marine Corps se 1997-boek getiteld Warfighting, stel dit dat oorlog gekenmerk word deur die interaksie van fisiese, morele, en verstandelike kragte. “Moreel” in hierdie sin is nie beperk tot etiek nie, maar het betrekking op kragte wat sielkundig in plaas van tasbaar van aard is. Dit stel verder dat morele kragte moeilik is

Lees verder: Pierre Fouché: Oor leiers

Geweld en misdaad teister Muizenberg

Die polisie monitor die situasie in Capricorn naby Muizenberg in die Kaapse Skiereiland, nadat geweld weer daar opgevlam het. Maandag het ‘n groep oproeriges winkels in die gebied geplunder en buitebande gebrand. ‘n Sestienjarige jeugdige is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld. Daar was gerugte dat die geweld met taxi-eienaars verbind word, maar

Lees verder: Geweld en misdaad teister Muizenberg

Swart verwoesting in Coligny ryklik beloon deur die provinsiale regering

Die familie van die 16-jarige swart jeudige wat vroeër vanjaar in Coligny in Noordwes dood is, sal Donderdag ‘n amptelike besoek van die burgemeester van die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit, Daniel Buthelezi, ontvang. Die woordvoerder van die provinsiale regering, Brian Setswambung, sê die burgemeester sal ‘n sooispitseremonie op die terrein hou waar die Moshoeu-families se nuwe

Lees verder: Swart verwoesting in Coligny ryklik beloon deur die provinsiale regering

Plakkers val brandweer aan wat hul brandende kliniek wil red

Die Kaapstadse brandweer moes pogings laat vaar om ‘n brand in ‘n gemeenskapskliniek in die Joe Slovo-plakkerskamp in Milnerton te blus nadat oproeriges hulle met klippe bestook het. Dit is natuurlik heel gepas dat die verskroeide plakkerskamp waar inwoners hul eie omgewing vernietig, na die Suid-Afrikaanse kommunis Joe Slovo vernoem is. RSG berig dat die

Lees verder: Plakkers val brandweer aan wat hul brandende kliniek wil red