praag.co.za

Plakkers val brandweer aan wat hul brandende kliniek wil red

Written by

in

,

Die Kaapstadse brandweer moes pogings laat vaar om ‘n brand in ‘n gemeenskapskliniek in die Joe Slovo-plakkerskamp in Milnerton te blus nadat oproeriges hulle met klippe bestook het.

Dit is natuurlik heel gepas dat die verskroeide plakkerskamp waar inwoners hul eie omgewing vernietig, na die Suid-Afrikaanse kommunis Joe Slovo vernoem is.

RSG berig dat die kliniek vroeër tydens ‘n “diensleweringsbetoging” aan die brand gesteek is, want skynbaar is die openbare uitsaaier nie bewus daarvan dat ‘n kliniek ‘n diens aan die gemeenskap is nie – in dié geval plakkers wat waarskynlik nie veel belasting betaal nie.

Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die stad se begroting is uitgeput en hulle sal nie die kliniek in die nabye toekoms kan herbou nie. Smith sê benewens die kliniek is nog ‘n aantal geboue aan die brand gesteek.

Die Metro sê brandbestryding moes Maandagaand gestaak word weens die plofbaarheid van die situasie. Die brandweerhoof, Theo Layne, sê oproeriges het die brandbestryders met klippe gegooi, waarna die polisie die brandweer beveel het om van die toneel te onttrek.

Layne hulle sal eers kan terugkeer sodra dit weer veilig is. Vermoedelik sal dit dan te laat wees om enige munisipale geboue te red.

Die Kaaptadse Metro het die publiek intussen gevra vir inligting om die skuldiges te kan vastrek.

Tando Jafta, die DA raadslid vir Wyk 4, wat gebiede soos Phoenix, Joe Slovo en deel van Milnerton insluit, het sedert November nie ‘n raadsvergadering bygewoon nie.

Die DA het hom geskors nadat hulle ‘n klag ontvang het. Ten spyte daarvan dat hy van die party geskors is, was hy veronderstel om sy pligte as raadslid voort te sit. Beide subraad- en raadsvergaderings is noodsaaklik vir inwoners se bekommernisse wat ingedien en opgelos moet word.

Jafta is nou uit sy posisie ontslaan, maar het nie eers sy eie dissiplinêre verhoor bygewoon nie.

Volgens die 2011-sensus het Phoenix ‘n bevolking van 4 219, is 56 persent swart en 36 persent bruin. Sowat 32 persent van die gemeenskap is Engels en 24 persent is Xhosa. Die naburige Joe Slovo het ‘n bevolking van 12 629 en is 95 persent swart, maar net 66 persent van die bevolking is Xhosa.

Daar is wrywing tussen die swart en bruin inwoners aangesien sommige gebiede baie hoë vlakke van diefstal en vandalisme ervaar.

Rioolprobleme is algemeen in die Milnerton-omgewing waar Phoenix en Joe Slovo besonder geraak word aangesien die rioolstelsel nie in staat is om die sowat 16 000 mense in ‘n gebied onder 0.6km2 te akkommodeer nie. Rioolpype wat oorvloei is as gevolg van die oorbevolking.

Maar die DA betwis dit en sê daar is “baie misbruik deur die storting van onvanpaste voorwerpe in die stelsel, wat ‘n hoë aantal blokkasies en pompstasiefoute veroorsaak.” Die stelsel word tans opgradeer.

Al die politieke partye fokus op Joe Slovo omdat daar drie keer soveel mense daar woon as in die bruin gebied en dus meer stemgeregtigdes.

‘n Bruin inwoner sê net nadat die DA die Wes-Kaap gewen het “dit was die einde van dienslewering in Phoenix”.

Intussen is treindienste in Nancefield in Soweto tot verdere kennisgewing opgeskort. Dit volg op die skietdood van ‘n 17-jarige swart jeugdige, na bewering deur veiligheidswagte tydens Maandag se “diensleweringsbetogings”.

Inwoners het ná die jeugdige se dood drie veiligheidswagte aangeval en een doodgeslaan. Metrorail het bewerings ontken dat hul sekerheidsdienste gewapen is.

‘n Woordvoerder van Metrorail, Lillian Mofokeng, sê die protesoptrede was nie oor treindienste nie, maar oor ‘n gebrek aan behuising.

Die woedende gepeupel het treine begin beskadig, waarna die veiligheidswagte opgetree het. Mofokeng het bevestig dat die wagte nie gewapen is nie. Die polisie is nog besig met die ondersoek.

In Nog ‘n voorval van openbare geweld is ‘n sestienjarige swart jeugdige in hegtenis geneem nadat skare swart oproeriges winkels by Capricorn naby Muizenberg, Kaapstad, geplunder het.

Die polisie het ingegryp nadat oproeriges wat vroeër vermoedelik by taxigeweld betrokke was, buitebande aan die brand gesteek het. Spanning tussen strydende taxi-organisasies het die afgelope paar weke opgebou en meer as 70 taxi’s is Maandag geskut. ‘n Polisiewoordvoerder, André Traut, sê die polisie monitor die situasie.

Comments

11 responses to “Plakkers val brandweer aan wat hul brandende kliniek wil red”

  1. Jaco Avatar
    Jaco

    Dit is nou belaglik en wys die mentaliteit. Laat die gemeenskap dan nou maar sonder n kliniek oor die weg kom. Kan nie net plunder en afbreek sover hul gaan en dan verwag die moet maar net weer en weer met belasting geld herbou word nie. Hulle het die keuse gemaak en moet nou maar sonder die diens klaar kom.

  2. Flip Kriel Avatar
    Flip Kriel

    Plakkers is nie geregtig op dienste nie omdat plakkerskampe nie deel vorm van stads- of dorpsbeplanningskemas nie en daar dus nie beplan of begroot word vir riolering, watervoorsiening en ander dienste nie.

    1. sussie se vissie Avatar
      sussie se vissie

      Mag n kooltjie op gepaste wyse sy weg vind in n Kaapse Suidooster…
      Eweneens – die uitbreek van n goeie dosis diarree. Kliniek-loos sal diesulks hul moet wend tot n koppie sement om dinge so ietwat te ‘stol’.
      WDF……kan jy inderdaad weer vra.

      1. Charles Avatar
        Charles

        Hehe, goeie een 🙂

      2. Arrie Avatar
        Arrie

        Amper dieselfde gehoor in die verlede ook. Klink dit dan nou dieselfde as taxies wat van afgronde moet afry. Ai nee ou sussie, daar is onskuldige mense wat gladnie saam met die vandaliste/rampokkers/ plunderaars stem nie ook betrokke. Waar is jou vrouehart jong?

        1. sussie se vissie Avatar
          sussie se vissie

          Vra jou vandaliste/rampokkers & plunderaars….want die’t hulle ook gesteel.
          Net snaaks dat jou ‘onskuldiges’ apaties staan en die vernielsugtige wetters nie tot orde roep nie ? ( meen te sê ;- daar is immers ander gebruike vir ‘vuurhoutjie trek’….soos n Winnie buiteband ommie nek… )

          1. Arrie Avatar
            Arrie

            Sal hul inlig oor die ander gebruike vir vuurhoutjies sussie. Al vergeet hoe Winnie dit aanwend.

  3. Suidpunt Avatar
    Suidpunt

    Dit is alles Apartheid se skuld. Die brand-af-en-kry-beter-kultuur is ‘n erfenis wat ek in my matriekjaar 2008 nooit sal vergeet nie. Grabouw se skool is afgebrand. Hulle kry opslaanhokke. Die Departement vra om verskoning daarvoor. Ek was siedend van woede. Die Model C skool waar ek was se opslaanhokke is ten eerste deur ‘n semistaatmaatskappy geskenk in die 1980’s/1990’s, vernaamlik omrede die meeste van sy werknemers se kinders daar skoolgegaan het, en die werknemers se vroue daar werksaam was. Ja, die somers was vrekwarm. Ja, die winters was yskoud. Ja, daar was geen gordyne nie, want die stof was te veel en sinneloos om elke dag te was. Ja, die skoolbanke het dateer uit die Victoriaanse tydperk met inkpotte. Maar niemand sou ooit daaraan gedink het om die plek af te brand nie. Buitendien, as ons ouers met slegter oor die weg moes kom (sonder tri-projektors, rekenaarlokale, ens.), het ons niks gehad om oor te kla nie.

    1. Rooikop Avatar
      Rooikop

      Met leie onder die bome het ons voorouers ook iets geleer en daar het intellektuele reuse op die manier ontstaan.

  4. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Byt die hand wat jou red – dit is wat ‘n hondsdol dier doen. Hier gaan dit nou dieselfde.

Leave a Reply