BLF voer linkse agenda-skrywers hul eie Biko-stroop

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, Sanef, het ‘n dringende hofaansoek ingedien teen Black First Land First en sy leier, Andile Mngxitama.

Sanef vra die Hooggeregshof in Johannesburg vir ‘n interdik teen Mngxitama en sy beweging om te verhoed dat hulle sogenaamde joernaliste, redakteurs en politieke ontleders wat die Guptas teiken, uitsonder.

Sam Mkhokheli van Sanef sê Suid-Afrikaners moet wakker skrik aangesien dit nie net oor die media gaan nie, maar die reg van die publiek om te weet wat aangaan. Bykans elf sogenaamde “joernaliste”, eerder bekend vir hul linkse aktivisme en Boerehaat as hul sogenaamde joernalistiek, word ironies genoeg deur die organisasie gelys.

Die beweging sê hulle gaan die linkse joernaliste uitsonder as protes teen rassisme, naamskending, fopnuus en hul gebrek aan dekking van wit korrupsie. Die BLF het die lys bekendgemaak teen wie hulle gaan betoog.

Dit volg na die redakteurs, Peter Bruce, Tim Cohen en die politieke ontleder, Karima Brown verlede week buite Bruce se huis geïntimideer is. Lede van die beweging het ‘n protesaksie voor Bruce se huis gehou oor ‘n rubriek wat hy oor die Gupta-familie geskryf het.

Die Suid-Afrikaanse redakteursforum het vroeër gewaarsku dat die Black First Land First-beweging moet ophou om joernaliste te dreig of hulle sal in die hof aangekla word.

In ‘n brief aan die beweging skryf Sanef dat hy kennis neem van die dreigement op sy webblad teen sekere wit joernaliste. Peter Bruce van Business Day, Sam Sole van Bhungane, die rubriekskrywer Max du Preez, Adriaan Basson van News24 en Stephen Grootes van 702 word onder meer gedreig.

Sanef het intussen ‘n dringende hofbevel teen die BLF by die Johannesburgse Hoooggeregshof ingedien om te verhoed dat die beweging dié individue uitsonder. BLF sê hy sal die hofaansoek teenstaan.

Sanef het intussen ‘n beroep op alle joernaliste gedoen om vandag swart armbande te dra in solidariteit met kollegas wat deur die Black First Land First-beweging “geteister” word. Mngxitama sê egter hulle sal voortgaan om, wat hy noem, wit rassistiese joernaliste uit te sonder. Die lys sluit onder andere ook Barry Bateman van EWN en 702 in. Maar die lys bevat nie net wit name nie.

Die voorsitter van Sanef, Mahlatse Gallens sê “joernaliste” word “geteister om bewerings van korrupsie en staatskaping uit die openbare domein te hou”.

Die Ahmed Kathrada-stigting het “intimidasie van joernaliste” deur die organisasie Black First Land First, veroordeel. Die organisasie sê hy maak ten sterkte beswaar teen ‘n verklaring deur die BLF dat ‘n groep “wit” joernaliste gelys gaan word.

Die direkteur van die Kathrada-stigting, Neeshan Balton sê dit is veral kommerkwekkend weens die feit dat die BLF al telkemale in die publiek die Gupta-familie verdedig het. Balton het die belangrikheid van ‘n vrye en onafhanklike media in ‘n demokrasie beklemtoon, maar niks genoem van die onwenslikheid van ‘n monopolie nie.

Mngxitama, het ‘n beeld van ‘n stroop getwiet wat daarop gemik is om alle bekende simptome van Lekgowa Laka te verhoed, vermoedelik ‘n geestesiekte onder swart mense.

In die twiet het Mngxitama die 702-gasheer Eusebius Mckaiser geteiken, een van die 11 media-persoonlikhede wat deur BLF uitgewys is. Die bitterbek Mckaiser word daarvan beskuldig dat hy Lekgowa Laka onderlede het.

Mngxitama het ook getwiet: “Polisie skiet ons mense in Alexander [die swart woonbuurt Alexandra wat swartmense dikwels as ‘Alexander’ uitspreek] oor onteiening. Dit is net ‘n oefening. Die grond is ons s’n. #AlexanderLandexpropriation.”

Hy het ook opgemerk tydens die betoging buite Bruce se huis: “Die huise in Sandton lyk goed. Ons is net aan die opwarm [om huise te beset]”

Redakteursforum versoek interdik teen ‘Black Land First’

Die Suid-Afrikaanse Redakteursforum, wat soos omtrent alles in die land slegs oor ‘n Engelse akronomiem, SANEF, beskik, sou vandag ‘n aansoek om ‘n interdik in die Suid-Gautengse Hooggeregshof teen Black First Land First (BLF) liasseer.  Dit volg op betogings verlede week voor die huis van Peter Bruce, oorhoofse redakteur van Business Day.

BLF, wat aangevoer word deur die swartbewussynsaktivis, Andile Mngxitama, dreig ook om ‘n lys van ander liberale joernaliste voor stok te kry. Die lys bestaan uit die volgende persone:

  • Peter Bruce
  • Sam Sole
  • Adriaan Basson
  • Stephen Grootes
  • Max du Preez
  • Barry Bateman
  • Alec Hogg

BLF beskuldig die joernaliste, wat meesal in Suid-Afrika as liberaliste gesien word, van rassisme en dat hulle “blanke korrupsie verdoesel”. Die joernaliste word ook verdink dat hulle bande met “blanke monopoliekapitaal” het.

Die minister van polisie, Fikile Mbalula, het ook sy ontsteltenis oor BLF se dreigemente om voor joernaliste se huise te betoog, uitgespreek. Volgens Mbalula kan die land nie bekostig dat sy reputasie vir “mediavryheid” in die gedrang kom nie.

Die leier van BLF het intussen getwiet dat die organisasie se webblad opgeskort is.

BFLF-lede bestorm Madonsela se kantoor oor ‘gesteelde miljarde’

‘n Groep onder leiding van ‘n voormalige EFF-lid, wat bekendstaan as “Black First Land First” eis dat die Openbare Beskermer ‘n ondersoek bespoedig oor 26 miljard rand wat voor 1994 na bewering by die Reserwebank gesteel is.

Die groep het Madonsela se kantoor Dinsdag bestorm en die polisie moes ingryp.

‘n Ondersoek wat die regering in 1997 gelas het, het bevind dat die geld aan handelsbanke en in buitelandse rekenings betaal is.

Die verslag is in 1999 aan oudpresident Thabo Mbeki oorhandig, maar hy het nooit daarop gereageer nie.

Madonsela sê die ondersoek is vertraag weens gebrekkige hulpbronne, maar dit sal hopelik teen die einde van die jaar afgehandel wees.

Sy het verder opgemerk dat hul belangstelling in die ondersoek na die regering se beweerde onbehoorlike hantering van die CIEX-verslag in ‘n brief gedateer 7 September 2015 uitgespreek is.

Die BFLF-lede is nie die klaers in die saak nie. Die klaer is adv. Paul Hoffman van die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika.

Die Openbare Beskermer is in kontak met adv. Hoffman oor die aangeleentheid en hy is ingelig oor die stand van die ondersoek.

Die groep se Andile Mngxitama, wat uit die EFF geskors is, sê: “Waar is die R26 miljard? Hoekom beskerm jy wit kapitaal? Dit is jammer dat ‘n instelling met só ‘n reputasie soos die Openbare Beskermer, misluk het om die publiek te beskerm.”

Madonsela het vier jaar gelede begin met die ondersoek.