Deel van N5 onbegaanbaar na wegholveldbrand

Die polisie in die Vrystaat het motoriste Donderdag gewaarsku om die N5-roete tussen Kestell en Harrismith te vermy weens ‘n wegholveldbrand wat buite beheer woed. Polisiewoordvoerder, Mmako Mophiring, sê drie motors was reeds in ‘n botsing betrokke weens swak sig wat deur die brand se rookwolke veroorsaak is. Mophiring sê boere van die gebied en

Lees verder: Deel van N5 onbegaanbaar na wegholveldbrand

Gedenkteken vir slagoffers van 9/11

‘n Gedenkteken is buite Shanksville in Pennsilvanië, Amerika geopen ter herinnering aan die 40 passasiers en bemanning van die United Airlines-vlug 93. Die passasiers het vermoedelik op 9 September 2001 die vliegtuig gedwing om neer te stort om ‘n terreuraanval te fnuik. Die vliegtuig was waarskynlik bestem om in die Senaat in Washington of teen

Lees verder: Gedenkteken vir slagoffers van 9/11

Sprake van bedrog by Tlokwe-tussenverkiesing

Die OVK het in die Grondwethof erken dat die kiesersrol wat gebruik is in die 2013 Tlokwe-tussenverkiesings, geen adresse gehad het nie. ‘n Opposisielid wat die hofverrigtinge bywoon, het dié inligting getwiet. Dit het ook aan die lig gekom dat onafhanklike kandidate nie behoorlik stemme kon werf nie omdat hulle eers sewe dae voor die

Lees verder: Sprake van bedrog by Tlokwe-tussenverkiesing

Vrystaat tot rampgebied verklaar met waternood

Die ­Vrystaat is dié week tot rampgebied verklaar weens ‘n knellende droogte. Talle Vrystaatse dorpe is tans byna sonder water gelaat, ook weens wanbestuur. Munisipaliteite, wat boonop skoon drinkwater met rou riool besoedel, is genood­saak om waterbeperkings af te kondig. Die Mantsopa-munisipaliteit wat Excel­sior, Ladybrand en Tweespruit insluit, se munisipale bestuurder word tans strafregtelik aangekla

Lees verder: Vrystaat tot rampgebied verklaar met waternood

Vrou in heup geskiet in aanval by Brits

Vier swart verdagtes is steeds op vrye voet nadat hulle Donderdagaand ‘n vrou in ‘n aanval op ‘n kleinhoewe by Buffelsfontein naby Mooinooi in die Brits-gebied in die heup geskiet het Noordwes-polisiewoordvoerder, Kealeboga Molale, sê die rowers het vermoedelik oor ‘n veiligheidsmuur gespring om toegang tot die erf te kry. Sy sê die vrou en

Lees verder: Vrou in heup geskiet in aanval by Brits

Namibië oorweeg tolhekke

Tolhekke sal die Namibiese padnetwerk in stand hou, het die Namibiese president, dr. Hage Geingob, verklaar, maar erken dat sy landgenote daarteen gekant is. “Ek kan nie verstaan waarom Namibiërs teen tolhekke gekant is nie,” het die president bygevoeg tydens ‘n ontmoeting met sakelui. Volgens hom is die Suid-Afrikaanse padinfrastruktuur, wat as een van die

Lees verder: Namibië oorweeg tolhekke

Brittanje dood twee Britse burgers met tuig-aanvalle

Die Britse premier, David Cameron, het Maandag aankondig dat twee Britse burgers in ‘n aanval deur Britse onbemande tuie gedood is. Die twee is dood toe die Britse weermag lede van die Islamitiese Staat (IS) in Sirië geteiken het. Hy het gesê Augustus se aanval was die eerste keer dat Britse magte ’n aanval in

Lees verder: Brittanje dood twee Britse burgers met tuig-aanvalle

Sakevertroue sak tot laagste vlak sedert 2011

RMB se hoofekonoom, Ettienne le Roux, het aan RSG gesê die bevindinge van hulle jongste sakevertroue-indeks lyk nie gesond nie. Sakevertroue het in die derde kwartaal van vanjaar tot die laagste vlak sedert 2011 teruggesak. Volgens die peiling deur die Buro vir Ekonomiese Navorsing word veral die kleinhandel- en groothandelsektore geraak. Die sakevertroue-indeks het in

Lees verder: Sakevertroue sak tot laagste vlak sedert 2011

Parlementêre sirkus oor prosedures duur voort

Die DA het Julius Malema ondersteun in ‘n voorsetting van die huidige parlementêre sirkus waar landsbestuur vervaag het tot ‘n onbenulligheid omdat partye met mekaar stry oor prosedures. Malema is vir vyf dae geskors nadat hy geweier het om ‘n opmerking terug te trek dat adjunkpresident Cyril Ramaphosa ‘n moordenaar is. Die EFF sê die

Lees verder: Parlementêre sirkus oor prosedures duur voort

Boshof-plaasaanval: Werkers vrees vir hul lewens

Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n klag van poging tot moord nadat ‘n boer, Douglas Pope, van Boshof gister by sy plaashek by ‘n grondpad vanuit ‘n bewegende motor geskiet is. Die polisie soek nog na drie swart mans in verband met die voorval. ‘n Plaaswerker wat die afgelope 20-jaar vir Pope werk, Hendrik

Lees verder: Boshof-plaasaanval: Werkers vrees vir hul lewens