Die plesierbootvaartmaatskappy MSC Cruises het bekendgemaak dat net een Suid-Afrikaner in die terreuraanval op ‘n museum in Tunisië beseer is, en dat rekenskap gegee kan word van al 78 Suid-Afrikaners aan boord. Dit volg na ‘n verklaring deur die Tunisiese regering, gister, dat een Suid-Afrikaner in die aanval dood en verskeie gewond is. Die maatskappy
Bediende wat baba glo aanrand soek
‘n Swart bediende van Welkom wat daarvan aangekla word dat sy haar voormalige werkgewers, Org en Anna-mi Linde, se babaseun aangerand het, het nie Donderdag vir hofverrigtinge opgedaag nie. ‘n Lasbrief vir haar inhegtenisname is intussen uitgereik. Die saak is tot 7 April uitgestel. Mafsehediso Lisbeth Makashea was veronderstel om in die Welkom-streekhof te verskyn
Vreemde inbraak by Sapa dae voor sluiting
‘n Polisiedossier is geopen na ‘n inbraak by die SA Persvereniging se kantore in Pretoria. Die nuusagentskap sê rekenaar-moederborde en hardeskywe is uitgehaal en gesteel. Dié inbraak kom net enkele dae voordat Sapa sy deure vir goed sal sluit. Die maatskappe se IT-bestuurder, Munetsi Chiunda, sê geen ander toerusting is gesteel nie. Chiunda het gesê
Jong beroepsjagter in plaasaanval doodgesteek
‘n Jong beroepsjagter, Jakes van Deventer is Dinsdag tydens ‘n plaasaanval by Warmbad (BelaBela) in Limpopo vermoor. Vier swart verdagtes het Van Deventer en sy verloofde, Monique de Souza (28), in die vroeë oggendure in hul slaapkamer oorval. Die aanvallers het die slagoffer met skerp voorwerpe gesteek. Hy is op die toneel dood. Die paartjie
Nkandla-verslag gereed
Die minister van Polisie, Nkosinathi Nhleko, het bevestig dat hy gereed is om sy verslag oor Nkandla aan die Parlement voor te lê. Die Speaker van die Parlement, Baleka Mbete, moet binnekort ‘n datum aankondig, het RSG berig. Die Minister is deur die President opdrag gegee om verskeie verslae oor oorbesteding by die President se
Eskom se kredietgradering na rommelstatus aangepas
Eskom se internasionale kredietgradering is tot sogenaamde rommelstatus afgegradeer. Die graderingsagentskap Standard en Poor’s wat ook aan die kragverskaffer negatiewe vooruitsigte gegee het, sê die skorsing van die uitvoerende hoof en nog drie senior uitvoerende beamptes het tot minder vertroue in Eskom se korporatiewe beheer en sy kredietprofiel gelei. Die status van BB+ word volgens
Lees verder: Eskom se kredietgradering na rommelstatus aangepas
ESB-opening lei tot geweld in Duitsland
Onlustepolisie in Duitsland moes dié week bontstaan toe skares opgeruk het om teen besuiniging te betoog. Geweld het uitgebreek naby aan die stad se Alte Oper konsertsaal enkele ure voor ‘n nuwe bankgebou se amptelike opening. Ondersteuners van die sogenaamde “Blockupy”-alliansie bestaande uit maatskaplike bewegings, aktiviste, vakbonde en politieke partye, het betogings teen besuinigingsmaatreëls en
Athisaari wens Namibië geluk
Die Nobelpryswenner, voormalige president van Finland en die spesiale verteenwoordiger van die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies vir Namibië in 1989 en 1990, mnr. Martti Athisaari, het n spesiale boodskap van gelukwensing aan Namibië met die herdenking van die land se kwarteeu van onafhanklikwording gestuur. Athisaari het sy gelukwensing aan die Republikein gestuur. “Dit is
Cecil John Rhodes se dae is getel
Cecil John Rhodes se dae is getel. Die mede-aanstigter van Afrikanerkonsentrasiekampe se standbeeld gaan verskuif word na ‘n week van studenteprotes, het die Universiteit van Kaapstad se visekanselier verklaar. Hy glo die omstrede standbeeld van Rhodes moet verskuif word van sy “trotse plek, die brandpunt van die kampus”. Maar dit sal min doen om die
3-kuns vir Porsche met Macan S Diesel wat Motor van die Jaar inpalm
Gallagher Estate, Johannesburg: Uitnemendheid gevier! Dit is ‘n driekunswen vir Porsche wat die titel van die 2015-WesBank / SAGMJ-Motor van die jaar verower. Die vervaardiger se Macan S Diesel-model is aangekondig as die wenner op ‘n gala-dinee wat deur WesBank, die kompetisie se hoofborg, by Gallagher Estate in Johannesburg aangebied is. Die Porsche Macan S
Lees verder: 3-kuns vir Porsche met Macan S Diesel wat Motor van die Jaar inpalm
