Zuma se seun in hof oor taxi-ongeluk

President Jacob Zuma se seun, Duduzane, sal na verwagting Vrydag ʼn ondersoek bywoon in die landdroshof in Randburg. Zuma het na bewering in ‘n minibus-taxi vasgery in Rivonia agter die stuurwiel van sy Porsche. Die taxi het omgeslaan en een persoon is dood en drie ander beseer. Ten tye van die voorval het die woordvoerder

Lees verder: Zuma se seun in hof oor taxi-ongeluk

Bruin stadsbeplanner sink Namaquafees om Steve weg te hou

Die jaarlikse Namaquafees in Vredendal wat einde Oktober plaasvind en jaarliks tot 8.000 mense lok, is afgestel nadat die ANC/DA-stadsraad Steve Hofmeyr se optrede afgekeur het. Volgens ‘n analfabetiese skrywe van die Matzikama-munisipaliteit is Hofmeyr se “rasisme” [sic] glo die probleem. Die e-pos lui: “Mnr Hofmeyer [sic] is bekend vir sy rasistiese [sic] opstokery deur

Lees verder: Bruin stadsbeplanner sink Namaquafees om Steve weg te hou

Aardbewing van 4,6 skud Johannesburg

‘n Aarbewing van 4,6 op die Richterskaal het Johannesburg net na middernag geskud. Die Amerikaanse geologiese opname (USGS) sê die aardbewing het om 1:14 vanoggend 12 kilometer wes van Orange Farm in die suide van Johannesburg voorgekom. Nog geen berigte van skade of ongevalle is aangemeld nie. Dit is die tweede aardbewing in die land

Lees verder: Aardbewing van 4,6 skud Johannesburg

Buitelandse besit van myne gekritiseer

Julius Malema se Ekonomiese Vryheidsvegters het ‘n sterk bondgenoot gekry in hul oproep dat die regering sogenaamde oordragpryse in die mynbedryf ondersoek. Malema het hande geklap tydens ‘n vergadering van die parlement se portefeuljekomitee oor minerale hulpbronne Woensdag, toe die mynmagnaat en ANC-lid, Bridgette Radebe ‘n beroep op die Parlement gedoen het om dringend op

Lees verder: Buitelandse besit van myne gekritiseer

Hamas-leier oorleef Israelse bomaanval

Die Palestynse groep Hamas sê ‘n Israelse lugaanval Woensdag in Gasa wat Hamas se militêre leier geteiken het, was onsuksesvol. Mohammed Deif, die leier van Hamas se militêre vleuel, Izz el-Deen al-Kassam Brigade, was nie by die huis toe die aanval uitgevoer is nie. Sy vrou en kind is in die bomaanval dood wat volgens

Lees verder: Hamas-leier oorleef Israelse bomaanval

Vredendal-plaasmoordslagoffer keelaf gesny

Koba Odendaal (74), is in ’n plas bloed in haar slaapkamer op ’n plaas buite Vredendal aangetref in die jongste gru-plaasmoord. Sy is met ’n serp verwurg en het drie diep steekwonde aan die regterkant van haar nek gehad. Haar dogter sê het dit gelyk asof haar ma keelaf gesny is, het Die Burger berig.

Lees verder: Vredendal-plaasmoordslagoffer keelaf gesny

ANC-hoofsweep se vrou verskyn vir bedrog

Die ANC se hoofsweep, Stone Sizani, wat deur die DA en die EFF in die parlement uitgelag is vir sy steun aan die Palestyne in Gasa, het tans nog groter probleme. Sizane se vrou Portia, het in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn op aanklagte van bedrog en geldwassery. Sy het na bewering die Departement

Lees verder: ANC-hoofsweep se vrou verskyn vir bedrog

Zoeloekoning het nog nie grondeis ingedien nie

Die Hoof-grondeisekommissaris het berigte ontken dat ‘n multimiljardrandse grondeis deur die Zoeloekoning Goodwill Zwelithini, en ander tradisionele leiers ingedien is, het RSG berig. Nomfundo Gobodo sê hulle het nog geen eis van dié aard van die koning ontvang nie. Hy sê meer as 12.000 nuwe eise is reeds ingedien. Die Ingonyama Trust het verlede maand

Lees verder: Zoeloekoning het nog nie grondeis ingedien nie

Oostenryk slaan toe op ekstremiste

Die polisie in Oostenryk het nege mense in Wene in hegtenis geneem, wat daarvan verdink word dat hulle by Islamitiese ekstremiste wou aansluit wat in Sirië veg. “Ons het nie meer besonderhede nie,” het ‘n woordvoerder gesê. Die Oostenrykse persagentskap APA het berig die nege mense is ondervra en daar moet nog besluit word of

Lees verder: Oostenryk slaan toe op ekstremiste

Die vreemde ontmoeting van Senator McCain met ISIS

Amerika het hernieude lugaanvalle teen vestings van die Islamitiese Kalifaat in Irak uitgevoer, na dreigemente van die militante om ‘n tweede Amerikaanse joernalis te onthoof. Pres. Barack Obama het bevestig dat die joernalis James Foley wel onthoof is en dat die video van Foley se dood eg is. Die video wat vermoedelik in die Irakse

Lees verder: Die vreemde ontmoeting van Senator McCain met ISIS