Die ANC se hoofsweep, Stone Sizani, wat deur die DA en die EFF in die parlement uitgelag is vir sy steun aan die Palestyne in Gasa, het tans nog groter probleme.
Sizane se vrou Portia, het in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn op aanklagte van bedrog en geldwassery.
Sy het na bewering die Departement van Onderwys tussen 2009 en 2010 met meer as ‘n miljoen rand bedrieg terwyl sy in die distrikskantoor as Onderwyskoördineerder van die Ontwikkelingseenheid gewerk het.
Die Staat voer aan dat Sizani werk vir sogenaamde spookonderwysers gereël het.
Sy is in Desember 2012 in hegtenis geneem en die saak is vir meer as ‘n jaar lank weens beweerde swak gesondheid uitgestel.
