ANC-hoofsweep se vrou verskyn vir bedrog

Die ANC se hoofsweep, Stone Sizani, wat deur die DA en die EFF in die parlement uitgelag is vir sy steun aan die Palestyne in Gasa, het tans nog groter probleme.

Sizane se vrou Portia, het in die handelsmisdaadhof in Port Elizabeth verskyn op aanklagte van bedrog en geldwassery.

Sy het na bewering die Departement van Onderwys tussen 2009 en 2010 met meer as ‘n miljoen rand bedrieg terwyl sy in die distrikskantoor as Onderwyskoördineerder van die Ontwikkelingseenheid gewerk het.

Die Staat voer aan dat Sizani werk vir sogenaamde spookonderwysers gereël het.

Sy is in Desember 2012 in hegtenis geneem en die saak is vir meer as ‘n jaar lank weens beweerde swak gesondheid uitgestel.

3 thoughts on “ANC-hoofsweep se vrou verskyn vir bedrog”

  1. So word ons land stukkie vir stukkie (en hierdie stukkies is nie so klein nie) gesteel. My grondbelasting is nou met NOG R200 per maand op. Waar moet mens hierdie geld vandaan kry? Tog loop hierdie diewe los tussen ons rond – inteendeel hulle word so min aangedoen dit is nie eers snaaks nie en die regsproses kan eintlik maar gelos word want dit kos net nog meer geld.

    1. Met ‘n 65 IK is Portia omtrent nie toerekeningsvatbaar nie. Wie het gesorg dat Portia die werk kry met BEE en RA? Die mense wat die meeste steel is wit en hulle is verantwoordelik vir hierdie gemors. Voor hulle nie waai nie, is daar nie salf te smeer aan die wat voordeel trek nie

Maak 'n opvolg-bydrae