Zuma se seun in hof oor taxi-ongeluk

President Jacob Zuma se seun, Duduzane, sal na verwagting Vrydag ʼn ondersoek bywoon in die landdroshof in Randburg.

Zuma het na bewering in ‘n minibus-taxi vasgery in Rivonia agter die stuurwiel van sy Porsche. Die taxi het omgeslaan en een persoon is dood en drie ander beseer.

Ten tye van die voorval het die woordvoerder van die metro polisie, Wayne Minnaar, gesê dat die Porsche van agter in die taxi vasgery het. Die voorval het op die M1-afrit by Grayston-rylaan plaasgevind.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het verlede maand besluit om Zuma nie aan te kla nie vanweë onvoldoende bewyse.

Daar is besluit dat die saak na die landdros verwys sou word vir ʼn formele ondersoek om te besluit of die ongeluk veroorsaak is deur ʼn menslike fout.

Zuma het egter nie opgedaag vir sy hofverskyning nie.

Zuma se prokureur het toe die staat meegedeel dat die president se seun nie daarvan bewus was dat hy in die hof moes verskyn het nie.

Taxi-ongeluk op N12 eis 12

taxiongelukDrie swart kinders is onder die 12 mense wat gisteraand op die N12 buite Klerksdorp in Noordwes in ‘n taxi-ongeluk omgekom het.

Volgens die polisie is al drie die kinders jonger as 12 jaar. Opruimingswerk was deur die nag aan die gang.

Die ongeluk het gebeur toe twee minibus-taxi’s reg van voor af teen mekaar gebots het.

olgens die polisie het een van die taxi’s ‘n vragmotor verbygesteek en tromp-op teen ‘n ander taxi gebots. Die bestuurder van die tweede taxi was alleen in die voertuig.

Hy is op die toneel dood. – RSG

Grasmereweg gesluit

Grassmereweg, suid van Johannesburg, was Woensdagoggend in beide rigtings gesluit na ‘n ongeluk, het die metropolisie in Johannesburg gesê.

Volgens supt. Wayne Minnaar, polisiewoordvoerder, het twee taxi’s kort voor sewe teen mekaar gebots.

“Verskeie mense kan beseer of dood wees, ons weet nog nie,” het Minnaar gesê.

Die pad sal vir minstens ‘n uur en ‘n half gesluit wees en motoriste word aangeraai om eerder die Ou Vereenigingpad of die Goue Hoofweg te gebruik.

подключение автоматической насосной станцииФильчаков прокурор харьков