Vogens die polisie het die hoof van die Onafhanklike Polisie-Ondersoekdirektoraat, Robert McBride glo ingemeng met die ondersoek na die hoof van die Valke. Valkebaas Anwar Dramat is glo na die inmengery vrygespreek. Die minister van polisie, Nathi Nhleko het McBride Woensdag in kennis gestel dat hy geskors is. ‘n Woordvoerder sê McBride het na bewering
Swart amptenare by lisensiekantoor rand wit vrou aan
‘n Wit vrou van Pretoria is glo deur swart staatsamptenare by die Centurion-lisensiekantoor aangerand toe sy geweld tussen die personeel en ‘n lid van die publiek afgeneem het. Connie Wehrmann sê sy is verlede Woensdag aangerand deur ‘n swart amptenaar. Sy het haar pa na die sentrum vergesel toe die voorval plaasgevind het. Volgens Wehrmann
Lees verder: Swart amptenare by lisensiekantoor rand wit vrou aan
Rekenaaringenieur se lyk in Finland gevind
Die Suid-Afrikaanse rekenaaringenieur en werknemer van Metso in Johannesburg wat in Finland verdwyn het, se lyk is op die Tammerkoskis-strand in Finland gevind. Volgens die Sweedse nuusportaal in Finland, www.hbl.fi, het Herc Croese na bewering op die rotse by die Tammerkoskis-strand gestaan om die golwe te bewonder toe hy in die water beland en verdrink
Britse soldaat nuutste Ebola-geval in Sierra Leone
‘n Britse militêre gesondheidswerker is met Ebola in Sierra Leone gediagnoseer, het owerhede in Londen Woensdag gesê en ‘n militêre vliegtuig is gestuur om haar terug te bring indien nodig. “Ons kan bevestig dat ‘n Britse militêre gesondheidswerker in Sierra Leone positief vir Ebola getoets het,” het ‘n woordvoerder vir Openbare Gesondheid Engeland (PHE), ‘n
Lees verder: Britse soldaat nuutste Ebola-geval in Sierra Leone
Noodsamesprekinge in Brussel oor Griekse reddingsplan
Noodsamesprekinge oor hervormings wat nodig is om Griekeland se ekonomiese reddingsplan te verleng, is Woensdag in Brussel gehou. Intussen het die nuwe regering in Athene geswoeg om genoeg kontant bymekaar te skraap om die res van die maand te kan oorleef. Die Europese Kommissie, die uitvoerende eenheid van die EU, het volgens AFP bevestig dat
Lees verder: Noodsamesprekinge in Brussel oor Griekse reddingsplan
Koplose babalyk dryf in rivier
Inwoners van die Mix-lokasie noord van Windhoek het Dinsdag ná 18:00 op die lyk van ’n pasgebore babadogtertjie afgekom, het die Republikein berig. Volgens ’n jarelange inwoner van die nedersetting het twee vroue na die bosse naby die ou Mix-gebou gestap, toe hulle iets in die nabygeleë rivier gesien lê het. “Die een het eers
Polisiekaptein vas vir moord op pa
‘n Swart polisiekaptein en haar 60-jarige ma sal na verwagting môre in die Orkney-landdroshof verskyn in verband met die moord op haar pa. Noordwes polisiewoordvoerder Thulani Ngubane sê die 44-jarige swart vrou is gister in hegtenis geneem terwyl sy aan diens was in Klerksdorp. Haar ma is by haar huis in Kanana aangekeer. Die beampte
Japan skenk R30 miljoen vir SA rampbestuur
Japan het 30 miljoen rand geskenk vir die opleiding van rampbestuurspanne in Suider-Afrika, het RSG berig. Dit volg nadat Redding Suid-Afrika Japan in 2011 na die aardbewing en tsoenami bygestaan het. Meer as 20 000 mense is in die ramp dood. Suid-Afrika se span was die enigste uit Afrika wat gaan help het. Gister was
Noordwes wil naam verander te midde van diensleweringsfiasko
Noordwes moet eers sy huis in orde kry voor daar op luukshede soos naamsveranderinge gefokus kan word, sê kritici van die jongste ANC-foefie. Ongelukkigheid volg op Premier Supra Mahumapelo se aankondiging Vrydag dat daar oorweging geskenk word aan die gedagte om die provinsie se naam na Moses Kotane te verander. Kotane was ’n anti-apartheidsaktivis wat
Lees verder: Noordwes wil naam verander te midde van diensleweringsfiasko
Zuma stoei weer met Nkandla-vrae
Emosies het Woensdag weer hoog geloop in die Nasionale Vergadering toe President Jacob Zuma mondelinge vrae beantwoord het. Die kwessie oor geld wat aan sy privaatwoning op Nkandla bestee is, is geopper ondanks die feit dat dit nie op die Ordelys was nie. Na langer as ‘n uur se gekibbel oor of Zuma bykomende vrae
