Mbeki glo deur Kasrils en Britse spioene gesteun

Die Thabo Mbeki-bewind het doodluiters die Nasionale Vervolgingsgesag as ‘n politieke instrument teen Jacob Zuma gebruik, het Willie Hofmeyr in reaksie gesê op die DA se hersieningsaansoek om korrupsieklagtes teen die huidige president te bring. In sy verklaring het Hofmeyr, die hoof van die batebeslagleggingseenheid en ‘n adjunk-nasionale direkteur van openbare vervolging, gesê die waarnemende

Lees verder: Mbeki glo deur Kasrils en Britse spioene gesteun

Gewapende aanval op Johannesburgse bus

‘n Metrobus-bestuurder is gewond na ‘n skietery op Ontdekkersweg in Newlands in Johannesburg. ‘n Onbekende aantal verdagtes het na bewering by die bus ingeklim en skote afgevuur. ‘n Woordvoerder van ER24, Werner Vermaak sê die busbestuurder is in ‘n ernstige toestand, terwyl een passasier ook gewond is. Lees verder.

Lees verder: Gewapende aanval op Johannesburgse bus

Senekal-plaasaanvallers nog op vrye voet

Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met die aanval op ‘n bejaarde egpaar op hul plaas naby Senekal in die Vrystaat verlede week nie. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Phumelelo Dhlamini, vra enigeen wat inligting het oor “vier mans” wat gesoek word om hul naaste polisiekantoor te bel. Hy het egter nagelaat om te noem dat

Lees verder: Senekal-plaasaanvallers nog op vrye voet

Omstrede UV-studentedekaan nog nie vervang

Die Universiteit van die Vrystaat het nog nie ‘n plaasvervanger vir die omstrede voormalige studentedekaan Rudi Buys gekry nie. Dit is bevestig aan OFM-nuus deur die Universiteit se woordvoerder, Lacea Loader.   In ‘n e-pos reaksie op ‘n navraag het Loader bevestig dat ‘n besluit nog nie geneem is nie, en bygevoeg dat Cornelia Faasen

Lees verder: Omstrede UV-studentedekaan nog nie vervang

Kriekethoof ontken ras-besluit

Die uitvoerende hoof van KrieketSA, Haroon Lorgat het berigte ontken dat hy ‘n sms aan die Proteas-afrigter gestuur het om ‘n speler van kleur in die halfeindstryd van die Wêreldbekerreeks in te sluit. Volgens koerantberigte het Lorgat teen een-uur die oggend die sms aan Russel Domingo gestuur om na bewering tussen sekere spelers te kies.

Lees verder: Kriekethoof ontken ras-besluit

Tolgeld 3 keer duurder vir Wes-Kaap as Gauteng

Motoriste­ in die Wes-Kaap sal drie keer meer tolgeld moet betaal as in Gauteng­ vir Sanral se beplande­ N1- en N2-Wynland-­tolprojek. Die Kaapse stadsraad­ en Sanral se geding oor geheimhouding wat die tolprojek betref, is in die appèlhof­ in Bloemfontein openbaar gemaak. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het vroeër beslis dat die inligting­ geheim gehou kan word,

Lees verder: Tolgeld 3 keer duurder vir Wes-Kaap as Gauteng

Franse ondersoek Germanwings-kajuit se sluitmeganisme

Die Franse ondersoekagentskap BEA, wat veiligheidsmaatreëls ondersoek wat tot die vliegramp kon gelei het, het die week gesê hulle fokus op die Germanwings-stuurkajuit se sluitmeganisme sowel as psigologiese evaluerings. BEA probeer om die geskiedenis van die vlug te herkonstruktureer van die stuurkajuit se stemopnemer, een van die twee vlugopnemers wat dusver gevind is. Die tweede

Lees verder: Franse ondersoek Germanwings-kajuit se sluitmeganisme

‘Alle blanke monumente teen 1 Mei verwyder’ – ANC

Die ANC-regering het gisteraand tydens ‘n spesiale kabinetsitting in Tshwane besluit dat alle “apartheids- en koloniale monumente” teen Werkersdag, 1 Mei, verwyder moet wees”. Dit sluit standbeelde van Paul Kruger, Jan Smuts, Louis Botha, Cecil John Rhodes en koningin Victoria in. Selfs die Danie Theron-gedenkteken op die pad tussen Johannesburg en Potchefstroom, verkeer op die

Lees verder: ‘Alle blanke monumente teen 1 Mei verwyder’ – ANC

Kommer oor Chinese vlootbasis in Namibië

’n Hoëvlak militêre afvaar­diging uit China onder leiding van dié land se minister van ver­dediging, genl. Chang Wanquan, is in Namibië om die twee lande se bi­laterale samewerking op militêre gebied te verstewig. Die besoek kom midde kommer in die internasionale gemeenskap oor hardnekkige gerugte van ’n Chinese vlootbasis wat by Walvisbaai opgerig gaan word,

Lees verder: Kommer oor Chinese vlootbasis in Namibië

Waar is Transnetpensioenfonds se bates?

‘n Groep van sowat 250 Transnet-pensioentrekkers het ‘n memorandum met griewe aan die kantoor van President Jacob Zuma oorhandig, na ‘n optog na die Uniegebou. Die pensioentrekkers beskuldig die raad van Transnet daarvan dat hulle die pensioenfonds se bates gestroop het. Hulle beweer dat die fonds wanbestuur is tot so ‘n mate dat verpligtinge aan

Lees verder: Waar is Transnetpensioenfonds se bates?