‘n Groep van sowat 250 Transnet-pensioentrekkers het ‘n memorandum met griewe aan die kantoor van President Jacob Zuma oorhandig, na ‘n optog na die Uniegebou.
Die pensioentrekkers beskuldig die raad van Transnet daarvan dat hulle die pensioenfonds se bates gestroop het.
Hulle beweer dat die fonds wanbestuur is tot so ‘n mate dat verpligtinge aan lede nie nagekom kan word nie.
Die VF Plus se Anton Alberts, wat op aandrang van die pensioentrekkers die optog help organiseer het, sê die eis van bykans R80 miljard, die grootste siviele eis in Suid-Afrika se regsgeskiedenis.
Die eis is nou die onderwerp van ‘n hofgeding.

Transnet is al sedert Hendrik Schoeman se tyd as minister van vervoer besig om met sy bates, waarvolgens met sogenaamde waagkapitaal in verskillende vorme van beleggings, te speel. Dis nie algemeen bekend nie maar Schoeman was in die 1989-verkiesing van plan om weer as NP-kandidaat in Delmas te staan maar toe vrae oor ‘n Transnet-belegging van etlike miljard wat in die riool af is, gestel is, het Schoeman kleinkoppie getrek. Of hierdie verwikkelinge aan sy beweerde selfmoord (daar is vrae of hy werklik weens selfmoord aan die einde van sy lewe gekom het), gekoppel moet word, sal ek nie kan sê nie.
Maar die grootste plundering van Transnet en sy verwante maatskappye en ondernemings het onder ANC-kommissars gebeur. Om die spoor oor verantwoordelike besteding en beleggings, ook met sy pensioenfondse, te vat sal waarskynlik by Louise Tager begin moet word. Hoeveel geld is in die vorm van sogenaamde afgeleide instrumente in die riool af?
Dit is ook interressant deur hoeveel van Schoeman se plase die Sishen-Saldanha-spoorlyn geloop het. Steel van die belastingbetaler is ‘n ou laai van politici.
Hendrik Schoeman se pa was ‘n Boeregeneraal wat gehensop het. Die oubaas is op ‘n poëtiese wyse oorlede – volgens sy volksgenote in elk geval. ‘n Engelse kanondop, wat hy as asbak gebruik het, het ontplof het nadat hy ‘n brandende vuurhoutjie daarin gegooi het.
Waar is Transnetpensioenfonds se bates? —- Gesteel.