Die bewering dat toilette by ʼn sakeonderneming in Louis Trichardt, Limpopo op grond van ras toegewys word, is ongegrond het die eienaar van die gebou gesê. “Nee dit is nie waar nie. Daar is nie so iets nie,” het Bennie van der Merwe aan Sapa gesê. Huurders gebruik hul eie toilette maar lede van die publiek het
Hamas val Israelse grenspos aan
Die Palestynse groep Hamas het aanspreeklikheid aanvaar vir ‘n aanval waarin ‘n Israelse grensbeampte dood en nege voetgangers beseer is. Hamas sê die aanval is uit weerwraak vir Israel se aanvalle op die Al-Aqsa moskee. Israel het onlangs alle toegang tot die dié simboliese moskee in Jerusalem versper wat tot grootskaalse ontevredenheid en oproer gelei het.
Cosatu staar groter krisis in die gesig
Die vakbondfederasie Cosatu is in ‘n krisis gedompel nadat nege vakbonde wat by Cosatu geaffilieer is hul sentrale uitvoerende komitee as wetteloos bestempel het. Die vakbonde het ‘n gesamentlike mediakonferensie gehou om die krisis wat voor die algemene verkiesing in Mei vir eers bygelê is, en nou weer opgevlam het, uit te stippel. Die vakbonde, waaronder die beleërde
Vier met wapens, handgranate vas
Vier mense is in hegtenis geneem nadat vuurwapens by hulle op ʼn kleinhoewe in Bronkhorstspruit, oos van Pretoria gekry is. Johannes Jafta, woordvoerder van die polisie, het aan die SABC gesê die polisie het op ‘n wenk gereageer toe bure in die nag geweerskote gehoor het. Die polisie het onder meer op nege jaggewere, twee handwapens en meer as
EFF skuldig aan wangedrag
Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se 20 LP’s, insluitend partyleier Julius Malema, is skuldig bevind aan wangedrag. Dié aanklagte is teen hulle aanhangig gemaak nadat hulle president Jacob Zuma verhoed het om sy spreukbeurt te benut. Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, en sy kollega Mpho Ramakatsa is albei op sewe aanklagte skuldig bevind terwyl Malema en Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder
PRAAG staan Steve Hofmeyr by om hofbevel teen linkse teisteraar te verkry
Die buikspreker Conrad Koch van Seepunt, Kaapstad is vandag deur die Randburgse landdroshof verbied om Steve Hofmeyr enigsins verder te teister, sy borge of vennote te kontak of bykomende lasterlike of kwetsende aamerkings oor hom te publiseer. Die tussentydse hofbevel geld vanaf 13:00 vandag tot 27 November om 08:30 wanneer Koch in dieselfde hof sal moet
Lees verder: PRAAG staan Steve Hofmeyr by om hofbevel teen linkse teisteraar te verkry
Gaan die Republikeine verder oorlog maak?
President Barack Obama se administrasie sal in sy laaste twee jaar ‘n opdraende stryd moet voer, nadat die opposisie – die Republikeine – beheer oor die Senaat in die middeltermynverkiesing gewen het. Elke Senaatskomitee sal nou onder voorsitterskap van ‘n Republikein staan, alles van buitelandse beleid tot Hooggeregshofaanstellings. Die Republikeine beheer die Huis van Verteenwoordigers sowel as
Zuma maan Burkina Faso se junta
President Jacob Zuma het die bedanking van Burkina Faso se president, Blaise Compaore verwelkom en gesê dit is ‘n duidelike teken dat die dae van diktatorskap en militêre staatsgrepe in Afrika verby is. Zuma sê Afrika moet aanvaar dat sy leiers demokraties verkies moet word. Die Franse president Francois Hollande het die weermag in Burkina
Gauteng-ANC wil Zuma met e-tol troef
Die e-tolhersieningspaneel het Dinsdag in Pretoria gehoor die Gautengse regering het van plan verander nadat hulle die e-tolstelsel goedgekeur het. “Die Gautengse regering het my nie in kennis gestel wat tot die verandering gelei het nie,” het Dipuo Peters, minister van vervoer, gesê. Peters het egter gesê Mashatile was teenwoordig toe die Gauteng-hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) goedgekeur is
Zambië se wit president verander besluit na oproer
Zambië se eerste wit president moes vinnig ‘n ongewilde besluit omkeer nadat sy swart kiesers openlik in opstand gekom het. President Guy Scott se aangekondiging dat hy Edgar Lungu, wat ook as die minister van verdediging en justisie waargeneem het, se afdanking gekanselleer het, het gemoedere weer kalmeer. Scott is Dinsdag daarvan beskuldig dat hy nie
Lees verder: Zambië se wit president verander besluit na oproer
