Polisie in hul eie vangwa toegesluit deur rowers

Drie verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem nadat twee polisiebeamptes in Rabierif in Midrand, Gauteng van hul vuurwapens beroof is en agter in hul eie vangwa opgeland het. “Die drie verdagtes, tussen 25 en 30 jaar oud, sal binnekort in die Tembisa landdroshof verskyn,” het brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Lees verder: Polisie in hul eie vangwa toegesluit deur rowers

Steve Hofmeyr het reg op sy perspektief

Dit is Steve Hofmeyr se reg om vanuit ’n bepaalde perspektief na die ontwikkeling van Suid-Afrika se geskiedenis te kyk. Dit wil voorkom asof Hofmeyr se perspektief inpas by die siening dat Suid-Afrika se geskiedenis handel oor die koms van die wit man na Suid- Afrika. Wat met sy Westerse kultuur, die christendom, eiendomsreg, ensovoorts

Lees verder: Steve Hofmeyr het reg op sy perspektief

Numsa vra interdik om nie uit Cosatu geskors te word nie

Die politieke skaakspel in Cosatu gaan voort, nadat die staatsdiens-vakbond, Nehawu ‘n beroep op die vakbondfederasie gedoen het om die metaalwerkersvakbond, Numsa uit die federasie te skors. Nehawu sê as Numsa nie goeie redes kan verskaf hoekom hy deel van Cosatu moet bly nie, moet hy uit. Nehawu sê hoewel hy nie naïef is oor die

Lees verder: Numsa vra interdik om nie uit Cosatu geskors te word nie

COSAS: Jode skenk varkkoppe vir anti-Israelveldtog

COSAS het in ‘n verklaring gesê hulle is baie teleurgesteld dat die media misluk het om gebalanseerde dekking te verskaf oor hul militante en radikale optrede in die Wes-Kaap om varkkoppe in Woolworths te laat. Die organisasie het nog drie varkkoppe wat deur Jode geskenk is, in winkels gelaat. Hulle sê hulle sal voortgaan met die veldtog as ‘n duidelike oproep van Suid-Afrikaanse

Lees verder: COSAS: Jode skenk varkkoppe vir anti-Israelveldtog

Jong ma ernstig deur G4S-wag aangerand

’n Ma van twee jong kinders moes weens angs gehospitaliseer­ word ná sy verlede week na bewering voor FNB se tak in Windhoek-Wes­ deur ’n sekuriteitswag van G4S aangerand is. Me. Esté Swarts (35) het gister aan Republikein vertel sy is ná ’n stryery oor parkering­ met vier wagte van dié sekuriteitsmaatskappy­ deur die een

Lees verder: Jong ma ernstig deur G4S-wag aangerand

Pick n Pay hersien borgskap vir AIG ná komediant se anti-Steve-veldtog

Pick n Pay sal sy borgskap van Afrikaans is Groot (AIG) glo hersien nadat ‘n politieke veldtog deur ‘n Joodse komediant deur Media24 ondersteun is om Steve Hofmeyr se optrede by dié musiekfees te kelder. Conrad Koch het Steve in sy kwaadwillige teisterveldtog ‘n “apartheid-ontkenner” en “wit suprematis” genoem nadat Hofmeyr in ‘n twiet opgemerk het dat die meerderheid swartes

Lees verder: Pick n Pay hersien borgskap vir AIG ná komediant se anti-Steve-veldtog

Omkopery en bedrog groei die vinnigste

Omkopery en bedrog is die ekonomiese misdade wat die vinnigste groei in Suid-Afrika sedert 2011, het RSG berig. Dit is volgens die wêreldwye ekonomiese misdaad-opname wat onlangs uitgereik is. Die kwessie sal van die fokuspunte wees tydens die Internasionale Bedrog-week wat van die sewentiende van die maand af in die Vrystaat aangebied word. Deel van

Lees verder: Omkopery en bedrog groei die vinnigste

Onbeplande kragonderbrekings tref Johannesburg

ʼn Tegniese fout by die Prospect-substasie het Maandagaand tot onbeplande kragonderbrekings in Johannesburg gelei. City Power sê die onderbrekings was nie beplan nie en het niks te doen met beurtkrag nie. “Daar het ʼn tegniese fout by die Prospect-substasie in City Deep voorgekom. Dit het ʼn reuse kragonderbreking in Johannesburg tot gevolg gehad. Ons tegnici

Lees verder: Onbeplande kragonderbrekings tref Johannesburg

Republikeine sal waarkynlik die Senaat oorwen

Dit wil voorkom asof die Amerikaanse Demokratiese Party se doppie geklink is in die Senaat. Meningspeilings dui daarop dat die Demokrate van president Barack Obama groot verliese kan lei in vandag se mediumtermynverkiesings. Daar is ten minste ‘n sewe uit tien kans dat die Republikeine die ses setels sal inpalm om in die Senaat ‘n meerderheid te

Lees verder: Republikeine sal waarkynlik die Senaat oorwen

TUT-kanselier bedank na messtekery

Die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het aangekondig dat Lourens van Staden as visekanselier sal waarneem ná die bedanking van Nthabiseng Ogude. Die TUT se Raad het Ogude se versoek goedgekeur dat haar kontrak vroeër beëindig word. ‘n Woordvoerder, Willa de Ruyter, sê Ogude is in Augustus 2012 in haar huidige pos aangestel. Haar kontrak sou

Lees verder: TUT-kanselier bedank na messtekery