Republikeine sal waarkynlik die Senaat oorwen

Dit wil voorkom asof die Amerikaanse Demokratiese Party se doppie geklink is in die Senaat.

Meningspeilings dui daarop dat die Demokrate van president Barack Obama groot verliese kan lei in vandag se mediumtermynverkiesings.

Daar is ten minste ‘n sewe uit tien kans dat die Republikeine die ses setels sal inpalm om in die Senaat ‘n meerderheid te vorm, volgens die drie grootste verkiesingspeilings in die VSA.

Die Demokrate beheer tans die Senaat, terwyl die Republikeine die meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers het.

Indien die Republikeine so suksesvol is as wat voorlopige peilings aandui, sal Obama in sy laaste twee jaar as president ‘n vyandiggesinde Kongres moet trotseer.

Dit sal pogings om die sukkelende ekonomie te stimuleer en immigrasie hok te slaan, waarskynlik aanhelp.

Die Republikeine het veral Obama se ongewilde gesondheidsorg-hervormings as strydpunt in die verkiesingsveldtog gebruik.

3 thoughts on “Republikeine sal waarkynlik die Senaat oorwen”

  1. Demokrate, Republikeine, twee kante van dieselfde munt. Beide word uit dieselfde geldbronne gevoed – die hand wat jou voer betaal wat jy doen en sê – veral in politiek. Hulle maak soos die geld wil hê hulle moet maak. So maak nie saak wie in beheer is nie, niks verander nie. Die res is maar net ‘n oëverblindings proses om die gewone mense te paai.

  2. Obama made history by becoming the first black president in 2008, and black voters made history in 2012: For the first time ever black voter turnout nationally surpassed that of all other groups. But that is unlikely to happen again soon.

Maak 'n opvolg-bydrae