‘n Swart verdagte sal na verwagting Vrydag in die Edenburg-landdroshof verskyn nadat hy in hegtenis geneem is in verband met ‘n plaasaanval Woensdag.
‘n Polisiewoordvoerder Peter Kareli sê die man, sowat 28-jaar-oud, het ‘n vuurwapen in sy besit gehad.
‘n Tweede swart verdagte is in hegtenis geneem vir ondervraging, maar is sedertdien vrygelaat.
Die boer van Edenburg, Ernst Coetzee was vroeg Woensdagoggend uit in die veld. Met sy tuiskoms het hy opgemerk die veiligheidshek by sy huis is oop.
Hy het ‘n inbreker in die huis teëgekom en ‘n gestoei het daarna gevolg. Coetzee is glo in die hand geskiet.
Hy het na die polisiestasie gejaag om die aanval aan te meld en ‘n noodplan is geaktiveer.
Boere is geloof vir hul vinnige optrede wat daartoe gelei het dat beide verdagtes in hegtenis geneem is binne ‘n radius 5km van die plaas, sowat twee-en-‘n-half uur ná die aanval plaasgevind het.
Coetzee is gelukkig nie ernstig beseer nie en het intussen behandeling ontvang by die Mediclinic in Bloemfontein.
