praag.co.za

EFF skuldig aan wangedrag

Written by

in

,

Die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se 20 LP’s, insluitend partyleier Julius Malema, is skuldig bevind aan wangedrag.

Dié aanklagte is teen hulle aanhangig gemaak nadat hulle president Jacob Zuma verhoed het om sy spreukbeurt te benut.

Floyd Shivambu, EFF-hoofsweep, en sy kollega Mpho Ramakatsa is albei op sewe aanklagte skuldig bevind terwyl Malema en Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die party, op vier aanklagte elk skuldig bevind is.

Die res van die LP’s wat saam “betaal terug die geld” gedreunsing het, is skuldig bevind op tussen een en ses aanklagte, het Lemias Mashile, voorsitter van die parlement se komitee oor regte en voorregte, gesê.

“Uiteindelik het die komitee tot die gevolgtrekking gekom dat die aanklagte waarop die 20 lede van die Nasionale Vergadering tereg gestaan het, bewys is en dat hulle skuldig is aan die aanklagte,” het Mashile aan verslaggewers gesê.

Die aanklagte was onder meer dat LP’s geweier het om gehoor te gee aan ‘n bevel deur die Speaker om te sit en dat hulle ingemeng het met die funksies van die wetgewer.

Mashile het gesê die EFF se LP’s sal Vrydag die geleentheid kry om redes ter versagting aan te voer.

Volgens die parlementêre reëls kan die LP’s vir 14 werksdae geskors word. Geen strawwe is egter nog geformuleer nie

Comments

2 responses to “EFF skuldig aan wangedrag”

  1. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Hoekom mag hulle nie ‘n wettige eis na die President uitdra nie? Ek voel ook die rakker moet terugbetaal.

  2. Witbeer Avatar
    Witbeer

    Wat n straf?!! om 14 dae lank nie te mag werk nie, dit nadat jy vir n hele jaar niks gedoen het nie. Ek sidder as ek net aan die straf dink

Leave a Reply