President Barack Obama se administrasie sal in sy laaste twee jaar ‘n opdraende stryd moet voer, nadat die opposisie – die Republikeine – beheer oor die Senaat in die middeltermynverkiesing gewen het.
Elke Senaatskomitee sal nou onder voorsitterskap van ‘n Republikein staan, alles van buitelandse beleid tot Hooggeregshofaanstellings.
Die Republikeine beheer die Huis van Verteenwoordigers sowel as die Senaat.
Die party het ses bykomende setels in die senaat benodig om ‘n meerderheid te behaal, en het daarin geslaag om sewe setels te verower.
Die toekoms wat die VSA se buitelandse beleid betref, is egter duister, aangesien gewone Amerikaners toenemend gekant is teen oorlog, maar weens drakoniese binnelandse wetgewing nie in opstand kom teen hulle heersers se konflikgedrewe uitbreidingsug nie.
Onder aanvoering van NAVO is Bulgarye, Estland, Letland, Litoue, Romenië, Slovakye, and Slovenië reeds onder die VSA se hak en is die Nuwe Koue Oorlog in die Oekraïne aangekondig.
Republikeine het sedert 1970 binnelandse veiligheid beklemtoon.
Vir byna al die afgelope 40 jaar, het stembusse getoon dat die Amerikaners die Republikeine met veiligheid, buitelandse sake en die weermag vertrou, maar met George Bush het dié ingesteldheid dalk verander.
Sedert 1972, was dit vir die Republikeinse Party maklik om kiesers te vertel dat hulle militêre uitgawes beheer.
Dit was verreweg hul topbestedingsprioriteit, terwyl Demokrate oënskynlik altyd veg teen armoede.
Gewapen met meerderheid in beide huise, kan ‘n Republikeinse Kongres President Obama egter in die verleentheid stel met veranderinge aan sy gesondheidsorgplan.
Die GOP kan ‘n 1996-Wet gebruik om feitlik enige regulasie te stop, ten minste totdat Obama sy veto uitoefen, wat die politieke gang in Washington kan vertraag.
Die president se immigrasieplanne is natuurlik ook van die baan met felle Republikeinse teenkanting en ‘n onmiddellike befondsingsmeganisme vir die Keystone-oliepyplyn kan so gou as Januarie gebeur.
Vir die militêr-industriële kompleks in Washington is dit die Pentagon wat hul winsgrense waarborg. Oorlogskoors uit daardie oorde sal dus nie gou taan nie. Dit het ook nie onder die Demokrate en ‘n swart president gewapen met ‘n Nobelvredesprys nie.
Washington se werklike teiken is Rusland wat oorloop van natuurlike energiehulpbronne. Dit sal interessant wees om te sien hoe die Republikeine dit gaan benader.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.