Amerikaanse, Europese maatskappye bekommer oor ANC-wetsontwerpe

Europese en Amerikaanse maatskappye met bedrywighede in Suid-Afrika het gesê ANC-wetsontwerpe oor onteiening en belegging, is ‘n bron van kommer. Die element van verpligte swart eienaarskap in die nuwe breë-gebaseerde swart ekonomiese bemagtigingskodes weeg op Amerikaanse maatskappye in die land. Die uitvoerende direkteur van die Amerikaanse Kamer van Koophandel SA, Carol O’Brien het gesê hulle

Lees verder: Amerikaanse, Europese maatskappye bekommer oor ANC-wetsontwerpe

Is stygende protes ‘rebellie van die armes’?

Suid-Afrika se gewelddadige betogings het in 2014 ‘n hoogtepunt bereik, volgens ‘n verslag deur die Multilevel Government Initiative by UWK se Gemeenskapsregsentrum. “Beide die aantal burgerlike protesoptredes sowel as die voorkoms van geweld het toegeneem in 2014,” het die sentrum Donderdag in ‘n verklaring gesê. “In 2007, het minder as die helfte van die protesoptredes

Lees verder: Is stygende protes ‘rebellie van die armes’?

SAID het ‘ondergrondse’ eenheid bedryf

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens hou vol dat die adjunk-kommissaris, Ivan Pillay en die hoof van strategiese beplanning, Peter Richer ‘n sleutelrol gespeel het in die totstandkoming van ‘n “ondergrondse” eenheid. ‘n SAID-woordvoerder, Luther Lebelo het gereageer op ‘n berig oor die verslag na die ondersoek na die eenheid, het RSG berig. Volgens die berig het die

Lees verder: SAID het ‘ondergrondse’ eenheid bedryf

Lyk in staatshospitaal gelos om te ontbind

Vier personeellede van die Chris Hani Baragwanath-hospitaal is geskors nadat hulle die liggaam van ‘n 18-jarige meisie gelos het om te ontbind, het die departement van gesondheid Donderdag gesê. Die departement het die afgelope paar weke vinnig opgetree teen beamptes wat na bewering die gedragskode oortree het. ‘n Dokter is glo onlangs ook met onmiddellike

Lees verder: Lyk in staatshospitaal gelos om te ontbind

Zuma sê te veel grond in te min hande

‘n Suikerrietboer in KwaZulu-Natal het in ‘n epos aan president Jacob Zuma gewaarsku dat die land ‘n voedselkrisis sal beleef indien die 12 000 hektaar-plafon ingestel word. Die e-pos het daarop gewys dat 100 van die land se boere 70% van die kos produseer en indien hulle gedwing sou word om die grootte van hul

Lees verder: Zuma sê te veel grond in te min hande

‘As Julius ‘n kakkerlak is, kan ek sê hotnot’

“As Baleka Mbete Julius Malema … ‘n kakkerlak kan noem, dan kan ek Sherri-Lynn Rigney ‘n hotnot noem.” Dit was die reaksie van ‘n gastehuiseienaar by Langebaan, Jennifer Abrahams toe die Cape Times Woensdag navraag gedoen het oor rassistiese aanmerkings in ‘n e-pos. Abrahams het Rigney ondermeer ‘n “tipiese Saartjie Baartman-hotnot” genoem, en gesê sy

Lees verder: ‘As Julius ‘n kakkerlak is, kan ek sê hotnot’

Gifbier: Mosambiekse man vas

Die polisie in Mosambiek het ‘n man in hegtenis geneem wat daarvan verdink word dat hy tradisonele bier vergiftig het. Sowat sewentig mense is dood nadat hulle pombe, ‘n tradisionele Mosambiekse bier by ‘n begrafnis gedrink het. Die bier, wat gemaak word met gort of koring, word oor twee dae gebrou. Graciano Antonio is in

Lees verder: Gifbier: Mosambiekse man vas

Swart jolytmakers vertrap mekaar na skok

‘n Routydperk van drie dae is in Haïti, die oudste swart republiek, aangekondig nadat jolyt in ‘n nagmerrie ontaard het. Minstens 16 mense het Dinsdag in Port-au-Prince, die hoofstad van Haiti, omgekom toe ’n man tydens die jaarlikse karnaval bo-op ’n vlot geskok is. Die sanger van die hip-hop-groep Barikad Crew, Fantom, is geskok deur

Lees verder: Swart jolytmakers vertrap mekaar na skok

Interdik teen ouers wat bruin skoolhoof wil hê

Die Gautengse onderwysdepartement gaan ‘n interdik teen die ouers van ‘n Roodepoortse laerskool bekom omdat hulle aangedring het op ‘n bruin skoolhoof en onderwysers. Volgens ‘n verklaring wat vrygestel is deur die departement, het sommige ouers betoog, gedreig en geweier om die skoolhoof en onderwysers toegang tot die skool te gee. Hulle is ongelukkig oor

Lees verder: Interdik teen ouers wat bruin skoolhoof wil hê

Cele sê regering spreek wel landelike veiligheid aan

Die adjunkminister van landbou, Bheki Cele, sê die regering is druk besig om die kwessie van landelike veiligheid aan te spreek. Hulle werk veral saam met die SAPD om die landelike veiligheidsplan te loods, het hy gesê. Hy het Woensdag aan die parlementêre debat oor verlede week se staatsrede deelgeneem. Cele het gesê boere, wit

Lees verder: Cele sê regering spreek wel landelike veiligheid aan