‘n Gat in die romp van die passasiersveerboot, Stena Jutlandica, word die naweek by die hawe van Gothenburg, Swede geïnspekteer. Die veerboot het vroeg Sondagoggend met ‘n tenker naby die eiland van Vinga naby Gothenburg gebots. Die veerboot het water ingeneem, maar kon daarin slaag om die hawe sonder enige hulp te bereik. Die tenker
Grieke betaal IMF-skuld
Die president van die Europese Sentrale Bank (ESB), Mario Draghi, meen Griekeland kan wel die €3,5 miljard terugbetaal wat hy die bank skuld. Die ESB het vroeër meer geld vir Griekse banke beskikbaar gestel om te keer dat hulle ondergaan. Die Griekse banke het Maandag weer hul deure geopen nadat hulle hul deure vir drie
SA Mediese Vereniging woedend oor 2 se skorsing
Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi se besluit dat twee dokters van die Evander-hospitaal in Mpumalanga geskors word, as voorbarig bestempel. Die dokters is geskors nadat hulle na bewering ‘n noodkeisersnee op ‘n swart tienerma in ‘n normale saal, in plaas van ‘n operasiesaal, uitgevoer het, het RSG berig. Haar
Lees verder: SA Mediese Vereniging woedend oor 2 se skorsing
Lindley-plaasmoordverdagtes steeds soek
Niemand is nog aangekeer vir die moord op ‘n bejaarde Lindley-boer, Hein Smith, die naweek nie. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Peter Kareli, sê hulle volg leidrade op en maak goeie vordering. Polisiewoordvoerder, Annelie Wrensch, het vanoggend aan OFM-nuus gesê die 77-jarige Smith, van die plaas Rondekom, is gisteroggend omstreeks 10:00 sowat 800m van sy plaashuis gevind. Volgens
Verdagtes verskyn volgende week ivm Vrede-plaasaanval
Twee swart verdagtes wat in hegtenis is vir die plaasaanval op ‘n bejaarde egpaar op hul plaas naby Vrede verlede naweek sal volgende Maandag weer in die plaaslike periodieke hof verskyn. Volgens Vrystaatse polisiewoordvoerder, Peter Kareli sal Paul Mei Zulu (39) en Thabho Shadrac Motloung (31) dan formeel om borgtog aansoek doen. Beide staar aanklagte
Lees verder: Verdagtes verskyn volgende week ivm Vrede-plaasaanval
‘Weldoener’ steel baba
‘n Swart vrou van Rustenburg sal na verwagting Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat sy glo Maandag ‘n pasgebore baba by die Job Shimankane Tabane-hospitaal ontvoer het. Noordwes polisiewoordvoerder, Paul Ramaloko, sê die polisie het die 19-jarige-vrou, wat haarself voorgedoen het as ‘n weldoener en aangebied het om die baba vas te hou en
Breyten en 24 ander kritiseer Britse premier oor hy linkse menseregtewet wil afskaf
Die Afrikaanse digter Breyten Breytenbach het onlangs, tesame met nog 24 ander Suid-Afrikaners, ‘n ope brief aan die Britse eerste minister, David Cameron, gerig waarin hulle hom kritiseer omdat hy die huidige Menseregtewet (“Human Rights Act”) in dié land wil afskaf. Volgens die Britse Konserwatiewe Party word die wet onder andere deur misdadigers misbruik om
Lees verder: Breyten en 24 ander kritiseer Britse premier oor hy linkse menseregtewet wil afskaf
Etniese geweld vlam weer op in Limpopo
Etniese konflik het weer kop uitgesteek in Limpopo. Die pad tussen Thohoyandou en Louis Trichardt in Limpopo is steeds gesluit weens ‘n gewelddadige betoging deur inwoners van dorpe in die Vuwani-gebied. Inwoners versper die paaie na Thohoyandou, Vuwani en Malamulele met klippe en rommel. Gemeenskapslede het die naweek ook vyf huise afgebrand. Hulle beskuldig die
PRASA-hoof en ingenieur geskors
Die minister van Vervoer, Dipuo Peters sê sy verwag die week ‘n volledige verslag van die raad van die Passasierspooragentskap, PRASA. Dit volg nadat die bestuurshoof, Lucky Montana se kontrak beëindig is en die hoofingenieur, Daniel Mthimkhulu geskors is. Mthimkulu word daarvan beskuldig dat hy oor sy kwalifikasies gejok het. Daar word ook beweer dat
Sinjaalfout dalk oorsaak van jongste treinongeluk
Die soveelste treinongeluk, hierdie keer by die Booysens-stasie, suid van Johannesburg, kon dalk weens ‘n foutiewe sinjaal plaasgevind het. Daar is 239 mense beseer in die jongste botsing. Die Gautengse regering het vroeër sy kommer uitgespreek oor gereelde treinongelukke. In April is ‘n veiligheidswag van Metrorail dood en 240 mense beseer in ‘n botsing tussen
Lees verder: Sinjaalfout dalk oorsaak van jongste treinongeluk
