Die Afrikaanse digter Breyten Breytenbach het onlangs, tesame met nog 24 ander Suid-Afrikaners, ‘n ope brief aan die Britse eerste minister, David Cameron, gerig waarin hulle hom kritiseer omdat hy die huidige Menseregtewet (“Human Rights Act”) in dié land wil afskaf. Volgens die Britse Konserwatiewe Party word die wet onder andere deur misdadigers misbruik om hul uitlewering te beveg. Die wet is ook erg op ras ingestel en maak vir regstellende aksie voorsiening.
Die skrywers van die ope brief, waaronder aartsbiskop Njongonkulu Ndungane, die skrywer Mandla Langa, die Robbeneilandgevangene Denis Goldberg en Zackie Achmat druk hul “afsku” uit oor die Konserwatiewe Party se plan om die Menseregtewet af te skaf. In ander verklarings het die Party egter gesê dat Brittanje hom nie van die Europese Konvensie oor Menseregte gaan onttrek nie.
Volgens Mandla Langa, verkeer Brittanje onder ‘n morele verpligting om na linkse Suid-Afrikaners te luister omdat dié land die ANC in sy stryd teen die vorige Suid-Afrikaanse regering in Londen gehuisves het. Langa sê:
“Ek voeg my by die meerderheid van die mensdom wat meen dat die internasionale veldtogte vir die aftakeling van apartheid in Suid-Afrika deur die gesaghebbende stem van die Britse volk versterk is.
“Aangesien ek insgelyks glo dat ‘n onreg op enige plek ‘n onreg oral op aarde is, is ek persoonlik met afgryse vervul dat die Britse regering beplan om die Menseregtewet te herroep wat angs by baie, baie mense gaan veroorsaak.”
Volgens Goldberg, “…het Brittanje in die stryd teen apartheid ten gunste van menseregte een van die ANC se hoof- internasionale kantore gehuisves.
“Die volk van Brittanje het deur die anti-apartheidsbeweging aan ons manjifieke steun verleen vanweë hul geloof dat menseregte verdedig moet word. Dit sou ‘n treurige dag wees indien Brittanje sy menseregtewetgewing afwater waarvoor daar oor geslagte heen geveg is en wat deur verskeie regerings ingestel is.”

laaaang gaaaaaaap die libs het altyd rede om te ak en kerm.
Lyk vir my meer of Zackie en Denis ander goed uitdruk, bietjie opgeblaas, die klomp verouderde kommuniste.
Julle gatte gaan klap wanneer hulle sharia wet uitroep, dan moet julle bek hou of die kop waai.
Breyten, die ruggraat lose digter, nes Ana Verknog, jy het landuit gehol toe jy met jou tjing wou trou en buite gesit en jou bek gerek oor alles. Gaan was die kwien se stink pote, kry jou gewete skoon.
Apaaarrrthaaaidd….is al wat ek hoor.
Hoe slaan so ‘n blinde sambok darem nou!
Is dit nie eienaardig dat Breytenbach en sy spannetjie mede-kommuniste ‘n baie Britse knieval voor ‘n Tory-premier maak nie? Hulle hoort mos nie eens in dieselfde politieke heelal nie? Wie klim uit die kas? Cameron? Of die klomp botkop kommuniste? Swaai die stert die hond? Of swaai die hond die stert? Of is die Britse Konserwatiewe Party en wêreldkommunisme eintlik maar dieselfde erdwurm, as daar ‘n geswaai is kan dit die kop en/of die stert wees, daar is geen verskil nie ? (kan gevra word na aanleiding van onder andere ‘n samesweringsteorie geweef om die “Club of Isles”.)
Daai erdwurm het ‘n flitsende reklamebord waarop staan “dieselfde ding” smaak my.
Ja nee, en nie een van hulle se enigsins iets oor die skending van wittes se mense regte in Suid Afrika. Hulle moet maar weer soos ouds daar voor Suid Afrika huis gann plak.
Ou Breyton moet pasop netnou pos hulle hom terug na suid afrika toe,dan kan hy kom saamleef in ons wonderlike nuwe suid afrika en beleef wat dit beteken om in ‘n demokrasie (afrika styl) te lewe.
Ek sien die die ou verdagtes wat beswaar maak: swartes, jode, Indiers en wit libtarts.