Ses aangehou na vergeldingsaanvalle op saluut

Ses mense is die week in Lyon, Frankryk in hegtenis geneem na twee strafekspedisies teen mense wat hulle beskuldig van die “quenelles” op die Internet, het ‘n geregtelike bron gesê. Twee mense is reeds aangekla het die Lyon-dagblad, Le Progrès, berig. Die “quenelle” is ‘n oneerbiedige saluut wat deur die Franse skrywer Alain Soral en

Lees verder: Ses aangehou na vergeldingsaanvalle op saluut

Tuinroetestrande onder skuimkombers

Ruwe seetoestande en sterk winde in die diepsee het groot hoeveelhede skuim na die kus aangedryf, het die George Herald berig. Sedert die naweek was die meeste Tuinroete-strande onder ‘n skuimkombers bedek wat heerlike speelplek vir die kinders gebied het. Hooggety was ook besonder hoog en het die meeste sandstrande onder water en skuim bedek.

Lees verder: Tuinroetestrande onder skuimkombers

Jaap Steyn: ANC benadeel Afrikaans, dog NP-bewind het wel Afrikatale bevorder

Verskeie kommentators meen dat die veldtog teen Afrikaans eintlik oor politiek gaan. Dit aanvaar ek. Daarby dink ek egter dat die politiek van vergelding ook ’n rol speel. Maar dis die moeite werd om te kyk na ander gewilde argumente. Klasse moet toeganklik wees vir alle studente – en nie-Afrikaanse studente kan nie Afrikaanse lesings

Lees verder: Jaap Steyn: ANC benadeel Afrikaans, dog NP-bewind het wel Afrikatale bevorder

Karel Combrinck: Hubert Zafke in die Duitse boendoehof

In die stad Neubrandenburg in Duitsland is tans regsverrigtinge aan die gang teen ene Hubert Zafke wat gedurende die tweede WO ‘n verpleër in die gevangenekamp Auschwitz was. Zafke word daarvan beskuldig dat hy aandadig was aan die gasdood van 3 681 Jode gedurende die tydperk Augustus tot September 1944. ‘n Duitse hof het reeds

Lees verder: Karel Combrinck: Hubert Zafke in die Duitse boendoehof

PRAAG rig brief aan Persraad oor golf van Boerehaat en Afrikaanshaat in media

In die lig van die opwelling van anti-Afrikaanse veldtogte en haatspraak jeens Afrikaners op verskeie kampusse en in die Engelstalige media, het dr. Dan Roodt van PRAAG gister ‘n brief aan die Persraad van Suid-Afrika gerig. Daarin bring hy die oortredings van die grondwet en van internasionale verdrae deur die hoofstroommedia in die land onder

Lees verder: PRAAG rig brief aan Persraad oor golf van Boerehaat en Afrikaanshaat in media

Openbare geweld in Johannesburg, Polokwane

Minstens 38 oproeriges is in hegtenis geneem weens openbare geweld by die George Goch- en Denver-hostelle, suid van Johannesburg. Die hostelbewoners het nabygeleë paaie en hoofroetes versper en twee voertuie aan die brand gesteek. Die hostelbewoners is ontevrede oor die herafbakeningsproses wat beteken dat die hostelle in Wyk 65 van die IVP val, asook in

Lees verder: Openbare geweld in Johannesburg, Polokwane

Gaboen se oliedinastie klou vir ‘n vale

Pres. Ali Bongo Ondimba van Gaboen het aangekondig dat hy vir ‘n tweede termyn verkiesbaar is. Verkiesings vind later vanjaar plaas en Ondimba het beloof om “ongeregverdigde bevoordeeldes” in die klein Afrikaland te aan te vat. Indien hy verkies word, sal hy hom glo beywer vir ‘n beter lewe vir Gaboen se 1,6 miljoen mense,

Lees verder: Gaboen se oliedinastie klou vir ‘n vale

Turke wil Wes-Afrika teen ‘terreur’ help

Turkye se president, Recep Tayyip Erdogan, het die week ‘n militêre erewag saam met Ivoorkus se pres. Alassane Ouattara by die presidentspaleis in Abidjan geïnspekteer. Erdogan het Sondag met ‘n weeklange besoek aan Wes-Afrika begin. Hy het ook Ghana, Nigerië en Guinee besoek. Die diplomatieke reis is daarop gemik om “strategiese vennootskappe” tussen Turkye en

Lees verder: Turke wil Wes-Afrika teen ‘terreur’ help

Moskou vrees terreuraanval na makabere kop-episode

Gjultsjhekhra Bobokulowa, ’n kinderoppasser wat verdink word van moord op die kind in haar sorg, het in ‘n hof in Moskou, Rusland verskyn. Russiese polisie het die vrou in ’n hijab, wat die onthoofde kop van ’n kind Maandag buite ’n metro-stasie in Moskou rondgeswaai het, grond toe gedwing en haar van moord aangekla. Die

Lees verder: Moskou vrees terreuraanval na makabere kop-episode

Opposisie se verkiesingsfoefies lei tot niks

Die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma wat deur Mmusi Maimane, DA-leier, ingedien is, het min kans op sukses gehad. Die ANC in die Nasionale Vergadering het Dinsdag bankvas agter hul leier gestaan, al was hy nie teenwoordig nie. Die mosie is met 225 teen 99 stemme verwerp, met 22 parlementslede wat buite stemming

Lees verder: Opposisie se verkiesingsfoefies lei tot niks