Sirkusolifant trap bejaarde dood

‘n 84-jarige man het naby Parys, Frankryk gesterf toe ‘n olifant wat aan ‘n plaaslike sirkus behoort, uit sy kampie ontsnap het en die niksvemoedende petanque-speler met die slurp geslaan het, het die polisie Maandag gesê. Die olifant, Tanya, het Sondagmiddag soos gewoonlik in Lizy-sur-Ourcq, sowat 50 km van Parys, opgetree en is ná die

Lees verder: Sirkusolifant trap bejaarde dood

Koplose lyk gevind

Die koplose lyk van ‘n man is in ‘n veld in Klerksdorp gevind, het die polisie in die Noordwes Maandag gesê. Kapt. Pelonomi Makau, polisiewoordvoerder, het gesê die lyk, wat tekens van ontbinding getoon het, is Sondag deur ‘n verbyganger in die Oudorp-township gevind. Die polisie ondersoek die saak. – Sapa

Lees verder: Koplose lyk gevind

Skoolhoof tronk toe na moord op tuinier

‘n Laerskoolhoof van Mpumalanga is Maandag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis nadat sy haar voormalige tuinier laat vermoor het. Pinky Magalefa (56) is in die Mmabatho-hooggeregshof skuldig bevind op aanklag van die ontvoering en moord op Johannes Moseta in 2010. Moseta was ook haar buurman. Magalefa was die skoolhoof van die Nkotolane-laerskool in Mmametlhake naby

Lees verder: Skoolhoof tronk toe na moord op tuinier

DA herloods tweede deel van omstrede veldtog

Die Demokratiese Alliansie (DA) het begin met die tweede fase van die party se “Ken Jou DA“-veldtog in Johannesburg. Die eerste fase het erge omstredenheid veroorsaak omdat die party die verhaal van hoe hulle eintlik in die stryd teen apartheid gevoer het, probeer monopoliseer het. Dit sluit ook die vrystelling van ‘n pamflet in waar

Lees verder: DA herloods tweede deel van omstrede veldtog

Duitsland onthuts dat SA handelsooreekoms verwaarloos

Duitsland het nou hard en duidelik sy stem gevoeg by die Europese Unie (EU) se handelskommissaris, mnr. Karel de Gucht, wat onlangs skerp kritiek uitgespreek het teen die ANC-regering se beleid rakende bilaterale beleggingsooreenkomste met lidlande van die EU. Adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid, sê dit blyk

Lees verder: Duitsland onthuts dat SA handelsooreekoms verwaarloos

Konserwatief en gelowig, altyd aan die verkeerde kant

Deur Joseph Secrève Ek het tot dusver al gaande die menings van verskeie hofnarre gevolg wat een of ander kinderlike vreugde beleef om hul eie volk voortdurend te beswadder en verkleineer. Hiermee is ons geneig om te dink dat ons te make het met ‘n fenomeen van hierdie tyd, maar eintlik is hierdie iets wat

Lees verder: Konserwatief en gelowig, altyd aan die verkeerde kant

Keniane vrees etniese geweld as leiers by Strafhof in Den Haag verskyn

Kenia se president en sy adjunk is onderweg na Den Haag terwyl kommer toeneem dat wrywing weer sal opvlam in gemeenskappe wat uitmekaar geskeur is deur ‘n post-verkiesingsbloedbad meer as vyf jaar gelede. Adjunkpresident William Ruto gaan die beskuldigdebank by die Internasionale Strafhof staan vir misdade teen die mensdom, gevolg deur President Uhuru Kenyatta in

Lees verder: Keniane vrees etniese geweld as leiers by Strafhof in Den Haag verskyn

Guptas betaal glo nie hul rekeninge nie

Die Gupta-familie het weer onder skoot gekom, hierdie keer van kontrakteurs wat beweer dat hulle nie betaling vir hul dienste ontvang nie. Die swierige, superryk familie skuld na bewering geld vir dienste aan hul myne, berig die Sunday Times. Volgens Marius Nel, wat ‘n drie–jaar kontrak met Shiva Uranium, ‘n myn in Gupta-besit gehad het,

Lees verder: Guptas betaal glo nie hul rekeninge nie

Sasolburgse gemeenskapradiostasie afgebrand

Sasolburg se gemeenskapsradiostasie Karabo FM is afgebrand in ‘n oënskynlike brandstigtingsaanval, het direksievoorsitter, Sam Mkhwanazi gesê. “Twee gewapende mans wat hul gesigte verberg het, het in die ateljee ingekom met 25 liter petrol. Hulle het dit Saterdagnagoral uitgegooi en daarna die plek aan die brand gesteek,” het hy gesê. Hy het gesê die twee het

Lees verder: Sasolburgse gemeenskapradiostasie afgebrand

Misdaadintelligensiehoof steeds in sy pos

Waarnemende hoof van misdaadintelligensie Chris Ngcobo het nie sy pos verlaat nie, het die SAPD gesê. “Hy is nog steeds in sy pos, hy het nie uit die posisie getree nie,” het ‘n woordvoerder lt.genl Solomon Makgale gesê. City Press het berig dat Ncgobo uit sy posisie getree het as ‘n gevolg van ondermyning deur

Lees verder: Misdaadintelligensiehoof steeds in sy pos