SA reg vir nuwe kernbouprogram sê Necsa

Suid-Afrika sal sy kernbouprogram, wat groot kapitaalbeleggings in kernkragsentrales beteken, met behulp van sy bestaande vermoëns uitbrei. Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie (Necsa), sê hulle is gereed om die nuwe kernbouprogram vir Suid-Afrika te steun. Die adjunk-direkteur-generaal van die Departement van Energie belas met kernkrag, Zizamele Mbambo, het dit bevestig tydens ‘n besoek saam met die portefeuljekomitee

Lees verder: SA reg vir nuwe kernbouprogram sê Necsa

PRASA-hoof lê klag van sameswering tot moord

‘n Klag van sameswering tot moord is by die Gautengse polisie gelê deur die voorsitter van die Passasierspooragentskap, Popo Molefe. Die Gautengse polisie het bevestig dat die klag in Sandton gelê is. Molefe is verantwoordelik vir die afdanking van PRASA se bestuurshoof, Lucky Montana en die skorsing van die hoofingenieur, Lucky Mthimkulu verlede week. Die

Lees verder: PRASA-hoof lê klag van sameswering tot moord

Aanranding van plaasbestuurder by Winburg ondersoek

Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n klag van gewone aanranding nadat ‘n plaasbestuurder gisteraand na bewering deur twee swart mans buite sy huis op ‘n plaas tussen Winburg en Virginia oorval en aangerand is. Polisiewoordvoerder, Ian Gaobepe, sê Josef Mathetau se hande is glo vasgebind. Volgens Gaobepe word niks van die toneel vermis nie.

Lees verder: Aanranding van plaasbestuurder by Winburg ondersoek

Gelukwensinge stroom in vir Afrikanervrou wat swart huisrower doodskiet

Nadat Beeld ‘n berig geplaas het oor ‘n vrou wat ‘n swart huisrower naby Mooinooi in Noordwes doodgeskiet het, stroom gelukwensinge steeds van lesers in. Tina du Toit het in ‘n hangkas weggekruip, maar kans gehad om haar rewolwer vanuit die kluis te gaan haal terwyl rowers die res van haar gesin, waaronder haar “hoogswanger”

Lees verder: Gelukwensinge stroom in vir Afrikanervrou wat swart huisrower doodskiet

Wangedrag in parlement sal tot skorsing lei

Parlementslede wat hulle aan swak gedrag skuldig maak en weier om die Nasionale Vergadering te verlaat, kan ‘n onmiddellike skorsing te wagte wees, het RSG berig. Dit is een van die voorstelle wat aanvaar is deur die sub-komitee wat die reëls in die Nasionale Vergadering hersien het. Die subkomitee het egter nie so ver gegaan

Lees verder: Wangedrag in parlement sal tot skorsing lei

Trump losvoor ten spyte van McCain-opmerkings

Die miljardêr Donald Trump, wat hom as presidentskandidaat vir die Republikeinse party in die 2016 Amerikaanse presidentsverkiesing beskikbaar gestel het, het byna twee keer die ondersteuning van sy naaste teenstander. Alhoewel sy onlangse uitlatings hom die argwaan van baie van sy partygenote op die hals gehaal het, was Trump se kritiek teen John McCain baie

Lees verder: Trump losvoor ten spyte van McCain-opmerkings

Koreaan met houtswaard teen swart aanvallers

Dit was ’n swart bende met ’n hand­wapen teen ’n Koreaan met ’n Oosterse houtswaard toe geweld Sondagaand net voor elfuur in ’n dubbelverdiepinghuis teenaan die Walvisbaaise strandmeer losgebars het. Die Oosterse swaard het een barshou ingekry en die Koreaan was ook aan die ontvangkant toe ’n koeël van die aanvallers hom net bokant sy

Lees verder: Koreaan met houtswaard teen swart aanvallers

Fossielversameling open na omstrede oproep deur premier

Die grootste fossielversameling op die Afrika-vasteland is in Johannesburg geopen. Die voormalige minister van Wetenskap en Tegnologie en huidige minister van Toerisme, Derek Hanekom het die opening waargeneem. Fossiele soos die Taung-kind sal in die Phillip Tobias Primaat- en Homonied-fossiellaboratorium by die Universiteit van die Witwatersrand se Instituut van Evolusionêre Studies gehuisves word. Die Taung-skedel

Lees verder: Fossielversameling open na omstrede oproep deur premier

Panyaza Lesufi vat Gauteng-skole se tablette weer terug

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, wat laas nog gedreig het om die Curro-skool Roodeplaat “toe te maak” omdat swart en wit graadnulleerlinge “apart” van ‘n bus afgeklim het, het so pas tabletrekenaars wat sy departement aan skole uitgedeel het, teruggeëis. Volgens die departement bevat sommige tablette nie “veiligheidsprogrammatuur” nie en word almal

Lees verder: Panyaza Lesufi vat Gauteng-skole se tablette weer terug

BRICS-ontwikkelingsbank open sy deure

Die BRICS Nuwe Ontwikkelingsbank (BNO) het sy deure in Shanghai geopen, en sal poog om die aanvanklike kapitaal vir infrastruktuur en volhoubare ontwikkeling beskikbaar te stel. Chinese minister van finansies, Lou Jiwei, Sjanghai burgemeester Yang Xiong en BNO-hoof Kundapur Vaman Kamath het die seremonie bygewoon. By die inhuldigingseremonie was Jiwei vinnig om daarop te wys

Lees verder: BRICS-ontwikkelingsbank open sy deure