Panyaza Lesufi vat Gauteng-skole se tablette weer terug

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, wat laas nog gedreig het om die Curro-skool Roodeplaat “toe te maak” omdat swart en wit graadnulleerlinge “apart” van ‘n bus afgeklim het, het so pas tabletrekenaars wat sy departement aan skole uitgedeel het, teruggeëis. Volgens die departement bevat sommige tablette nie “veiligheidsprogrammatuur” nie en word almal vir herinstallering herroep.

‘n Amptenaar van die departement het egter aan ‘n skoolhoof aan die Oos-Rand gesê: “Julle gaan nie jul tablette terugkry nie. Dit word aan die matrieks in die provinsie gestuur.”

Die dagblad Beeld het vroeër berig dat daar “meer as 60 000 tabletrekenaars in die afgelope week aan Gautengse skole uitgedeel is”, maar blykbaar net aan oorwegend swart skole. In Lesufi se Gauteng mag wit kleuters nie sonder swartes uit die bus klim nie, maar jy mag maar diskrimineer as dit by tabletrekenaars kom.

Volgens Phumla Sekonyane sal skole weer hul tabletrekenaars terugkry, maar is nie seker wanneer dit sal gebeur nie.

“Ons is vasbeslote dat alle skole in Gauteng aan die papierlose klaskamer-projek sal deelneem,” sê sy.

 

 

11 thoughts on “Panyaza Lesufi vat Gauteng-skole se tablette weer terug”

  1. Iemand het nou weer nie gedink nie. Nou moet die goed herroep word. As hulle dit behoorlik gedoen het sou die tablette opdateerbaar gewees het sonder ‘n herroepping. Hierdie maak dit nou ook vir die departement en die regering om die werk van skoliere dop te hou. So enige blanke leerling wat dalk iets op sosiale media via een van hierdie toestelle kwytraak wat nou nie met die regering se sienings strook nie kan nou ook nog makliker geteiken word.
    Een ander probleem is dat mense nou nie meer sal kan skryf nie (ek sukkel self om te skryf omdat ek te gewoond is aan tik). Nie eers in eerstewêreldlande word onderwys volledig elektronies gedoen nie. Hoekom wil hulle dit nou hier in donker afrika doen?

    1. Volgende jaar is dit weer verkiesing…Dis stemwerwing as jy my vra. Watter huidige (swart) matrikulant sal nou nie vir die ANC stem nie? ‘n Tablet-rekenaar is immers beter as ‘n KFC burger en ‘n T-hemp waarmee hulle die res van die gepeupel omkoop vir stemme!

  2. Was die tablette nie terug geneem oor dit so gesteel is nie?

    Hoe dit ookal sy, tablette uitdeel is maar net omdat dit
    hulle belangrik laat voel. Tablette en is nie die faktor nie – die faktor is IK
    en PK, en ongelukkig kan dit nie uitgedeel word nie.

  3. ok, wie het n “backhand” gekry vir die tablette?
    Laat ek raai, die helfte is al gesteel en gebreek, tipex werk nie op daai skerm nie Lesoefie. n UItveer is ook nie nodig nie.
    Vra die wittes hulle sal jou help en dit terwyl hulle van die bus afklim.

  4. Die witbord is nou uit die klaskamer – hoeveel van ons voorsate het nie met kryt op leie onder bome geleer lees en skryf nie. Baie van hierdie mense het groot dinge gedoen en bereik. Of jy nou op ‘n stukkie klip skryf of op ‘n rekenaar tablet, maak nie saak nie – inteendeel op die tablet is daar meer wat jou aandag kan aftrek. Dit gaan nie ‘n snars aan die uitslae verskil maak nie.

Maak 'n opvolg-bydrae