Verhoging in repokoers ondeurdag sê ekonoom

Die Monetêre Beleidskomitee se besluit om die repokoers met ’n verdere 25 basispunte te verhoog was ondeurdag. Dit is volgens ekonomiese ontleder en akademikus, André Mellet. Mellet meen die aanpassing is vreemd in die lig daarvan dat die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, vroeër vanjaar aangedui het dat groei vooruitskattings afwaarts aangepas sal word.

Lees verder: Verhoging in repokoers ondeurdag sê ekonoom

Afrika maak reg vir Pous

Afrondingswerk is aan die gang vir die Pous se besoek aan Afrika. Honderde geraamde portrette van pous Franciskus is in Nairobi gereed vir wanneer die geestelike sy verskyning daar maak. Die pous besoek Kenia, Uganda en die Sentraal Afrikaanse Republiek vanaf 25 tot 30 November. Kenia gaan tot 10 000 polisiebeamptes ontplooi. Die land verwag

Lees verder: Afrika maak reg vir Pous

Knewel van ‘n diamant gevind

’n Klein Kanadese mynmaatskappy sê dit het die Cullinan-diamant se boetie in sy Botswana-myn gevind. Volgens Lucara­ Dia­mond Corp is die steen van 1 111 karaat in sy Karowe-myn gevind en is dit die wêreld se naasgrootste edelgehalte-diamant. Die diamant is 65 mm x 56 mm x 40 mm in omtrek, berig Nampa/Reuters. Die grootste

Lees verder: Knewel van ‘n diamant gevind

Die Scheisstika, simbool van universiteitsoproer?

Iets stink by die Universiteit van Missouri. Na wat berig word het ‘n voorval van vandalisme by Mizzou, soos die Amerikaanse universiteit bekendstaan, gelei tot universiteitswye protes, ‘n boikot deur die instelling se swart voetbalspan, en uiteindelik die summiere bedanking van die president en kanselier van die universiteit. Die rassespanning het intussen selfs na ander

Lees verder: Die Scheisstika, simbool van universiteitsoproer?

Verengelsing is verdomming

Met die terreuraanslae in Europa, die brandende motorbande in Suid-Afrika, die histeriese proteste op kampusse in die Verenigde State, en die verhoogde aantal aanslae op Sirië (met nog hordes vlugtelinge as resultaat) is alles eintlik al gesê: Die Westerse beskawing se donker nag van die siel het aangebreek. Oor die afgelope paar jaar is allerlei

Lees verder: Verengelsing is verdomming

Eksamens by TUT-kampus afgestel weens geweld

Eksamens is vir die res van die week by die Tshwane Universiteit van Tegnologie se Soshanguave-kampus afgestel na gewelddadige studente oproer. Polisie het 16 oproeriges weens die geweld Dinsdag in hegtenis geneem. Universiteitsbestuur sê die skade aan eiendom is aansienlik na ‘n paar geboue aan die brand gesteek is en ander gevandaliseer is Dinsdagnag. ‘n

Lees verder: Eksamens by TUT-kampus afgestel weens geweld

Swart UK-betoger verkrag glo mede-betoger

‘n Vier-en-twintigjarige swarte verskyn vandag in die Wynbergse landdroshof in verband met die verkragting van ‘n student van die Universiteit van Kaapstad. Die voorval het verlede week by een van die universiteit se geboue plaasgevind. Die swart verdagte is na bewering ‘n lid van die #FeesMustFall-veldtog en is Dinsdag in hegtenis geneem. Intussen is swart

Lees verder: Swart UK-betoger verkrag glo mede-betoger

SAA verwerp bewerings van ongerymdhede

Die adjunkminister van finansies, Mcebisi Jonas het enige sprake van ongrymdhede verwerp met SAA se beplande Airbus-ruiltransaksie van sowat ses miljard rand, het RSG berig. Hy het gepraat nadat die Suid-Afrikaanse Lugdiens bekend gemaak het dat hy nie uit die transaksie onttrek nie, maar slegs die oorsese verhuringsmaatskappy met ‘n plaaslike een gaan vervang. Dit

Lees verder: SAA verwerp bewerings van ongerymdhede

‘Bedrog keer dat Boko Haram verslaan word’

Wapens is nie aan Nigeriese soldate voorsien om teen Boko Haram te veg nie en duisende mense het gesterf weens wydverspreide bedrog in die proses van militêre aankope, sê president Muhammadu Buhari. Buhari het gelas dat almal ­betrokke by die korrupsie aan die pen moet ry. Dit volg nadat die staatshoof ’n verslag van ’n

Lees verder: ‘Bedrog keer dat Boko Haram verslaan word’

SA stuur nog troepe na DRK na 50 dros

Sowat 500 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag vertrek eersdaags vir twaalf maande na die ontstuimige Republiek van die Kongo. Die soldate sal na hul bestemming vlieg met VN-huurvlugte. Selepe het gesê die gebruik van VN-huurvlugte is nie as gevolg van ‘n gebrek aan kapasiteit in die SANW nie. “Dit is ‘n verantwoordelikheid van die

Lees verder: SA stuur nog troepe na DRK na 50 dros