Armes sien nie Loterygeld nie

Die Vryheidsfront Plus is wesenlik gekant teen ‘n nasionale lotery aangesien dit juis gevoed word deur die finansiële bydraes van armes en dit sodoende eerder bedra tot maatskaplike probleme. In Suid-Afrika is die lotery egter ‘n gegewe wat nie weggewens kan word nie en daarom moet toegesien word dat dit wetlik reg bedryf word, sê

Lees verder: Armes sien nie Loterygeld nie

Bloemfonteinse dokter verkrag glo pasiënte

‘n Bloemfonteinse dokter wat na bewering twee pasiënte verkrag het, het in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Dr Spirros Thaecharous was uit op borgtog van R2 000 toe hy op nog ‘n aanklag in hegtenis geneem is. Albei die klaagsters is na bewering in sy spreekamer aangerand. Borgtog van R5 000 is nou aan hom toegestaan.

Lees verder: Bloemfonteinse dokter verkrag glo pasiënte

Swart polisieman wat glo sy dogter verkrag vas

‘n Polisiebeampte van KwaMashu, wat daarvan beskuldig word dat hy een van sy dogters verkrag en die ander een seksueel aangerand het, sal Woensdag in die Ntuzuma-landdroshof om borgtog aansoek doen. Die polisiebeampte het hom verlede Dinsdag aan die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) oorgegee. Ncumiza Fandesi, woordvoerder van die departement van maatskaplike ontwikkeling, het die 15-

Lees verder: Swart polisieman wat glo sy dogter verkrag vas

Burry Stander-saak wéér uitgestel

Die saak van die taxibestuurder wat daarvan beskuldig word dat hy die internasionale bergfietskampioen Burry Stander doodgery het, is in die Port Shepstone-landdroshof uitgestel. “Die saak is tot 28 en 29 November uitgestel sodat nog bewyse ingesamel kan word,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê. Njabulo Nyawose het die 25-jarige Stander na

Lees verder: Burry Stander-saak wéér uitgestel

Saak teen Lonminmyners uitgestel

Die saak teen die 270 Lonmin-mynwerkers en lede van die publiek wat aangekla word van openbare geweld, ‘n onwettige byeenkoms en besit van gevaarlike wapens is in die Garankuwa landdroshof tot 20 Maart volgende jaar uitgestel. Die regsverteenwoordiger vir die mynwerkers, advokaat Dali Mpofu sê ‘n aansoek gaan voor die hof gebring word om die

Lees verder: Saak teen Lonminmyners uitgestel

Diamante sal aan SA blink toekoms verseker

Die land se mynbedryf is gereed vir groei, het president Jacob Zuma Dinsdag gesê. “Die R20 miljard belegging in die diamantbedryf, die grootste enkele belegging in die diamantbedryf in dekades, stuur seine wat inderdaad wys ons mynbousektor is gereed vir groei, en dat dit ‘n blink toekoms het,” het hy gesê in ‘n voorbereide toespraak.

Lees verder: Diamante sal aan SA blink toekoms verseker

Geen begrotingsverrassings nie, sê ekonoom

Ekonome verwag nie verrassings tydens die Minister van Finansies se medium termyn begrotingsrede vandag nie. Die mediumtermyn-begroting word gesien as ‘n vooruitskouing van staatsbesteding oor die volgende drie jaar. Ekonoom Dawie Roodt sê dit is algemeen bekend dat die ekonomie swakker gevaar het as wat aan die begin van die jaar in die vooruitsig gestel

Lees verder: Geen begrotingsverrassings nie, sê ekonoom

Popela kry grond na eis slaag

Die Popela-gemeenskap buite Modjadjiskloof in Limpopo gaan uiteindelik hulle grond terugkry, sewe jaar nadat die Grondwethof beslis het dat swart individue die regmatige eienaars is. Die streek se grondkommissaris, Tele Maphoto het bevestig dat die eis binnekort afgehandel sal wees, nadat ‘n ooreenkoms tussen die huidige eienaars en die Kommissie vir Grondeise bereik is. Die

Lees verder: Popela kry grond na eis slaag

Indringende vrae aan Kaapstad oor tenderkonkelary, MyCiti-busprojek

‘n Konstruksiemaatskappy wat by die multimiljoenrand gekonkel met tenders voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi betrokke was, het ook die tender vir die ontwikkeling van die peperduur MyCiti-busprojek van die Stad Kaapstad ontvang. Mnr. André Fourie, raadslid van die Vryheidsfront Plus vir Kaapstad, het sy ernstige kommer hieroor uitgespreek in ‘n lys indringende vrae wat op die volgende

Lees verder: Indringende vrae aan Kaapstad oor tenderkonkelary, MyCiti-busprojek

Ondersoek na vakansieklubongerymdhede byna voltooi

‘n Ondersoek na ongeoorloofde- en onbillike praktyke in die vakansieklub-industrie  wat ‘n spesiale ondersoekspan van die verbruikerskommissie die laaste paar maande op aandrang van die Vryheidsfront Plus gedoen het, is feitlik voltooi. Volgens adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid, het mev. Prudence Moilwa, hoof van die ondersoekeenheid, hom

Lees verder: Ondersoek na vakansieklubongerymdhede byna voltooi