‘n Polisiebeampte van KwaMashu, wat daarvan beskuldig word dat hy een van sy dogters verkrag en die ander een seksueel aangerand het, sal Woensdag in die Ntuzuma-landdroshof om borgtog aansoek doen.
Die polisiebeampte het hom verlede Dinsdag aan die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) oorgegee.
Ncumiza Fandesi, woordvoerder van die departement van maatskaplike ontwikkeling, het die 15- en 16-jarige dogters die saak aangemeld. Die tieners en hul negejarige susters is na ‘n plek van veiligheid geneem.
Die oudste dogter beweer die verkragting het verlede jaar begin. Die 15-jarige dogter het aan die polisie gesê sy word sedert Maart seksueel aangerand. – Sapa
