Die Vryheidsfront Plus is wesenlik gekant teen ‘n nasionale lotery aangesien dit juis gevoed word deur die finansiële bydraes van armes en dit sodoende eerder bedra tot maatskaplike probleme.
In Suid-Afrika is die lotery egter ‘n gegewe wat nie weggewens kan word nie en daarom moet toegesien word dat dit wetlik reg bedryf word, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor sosiale ontwikkeling.
Adv. Albert het vandag met die Tweede Lesingsdebat van die Wysigingswetsontwerp op Loterye gesê ‘n nasionale lotery is nie werklik nodig nie en die inkomste wat uit belasting gegenereer word sou voldoende wees indien dit sinvol aangewend word en die ekonomie beter bestuur word.
“Indien die jaarlikse vermorsing van staatsinkomste deur middel van vrugtelose uitgawes, wanadministrasie en korrupsie net gedeeltelik gekeer kan word, sal daar genoeg inkomste wees sodat die staat sy maatskaplike verantwoordelikhede kan uitvoer.
“Die Nasionale Lotery is egter ‘n gegewe. Daarom is dit belangrik om toe te sien dit word wetlik reg bedryf in lyn met die Grondwet en die Wet op Nasionale Loterye,” sê adv. Alberts.
Hy sê dit is ook belangrik om toe te sien dat die wet volledig uitvoering gee aan die oorspronklike oogmerke daarvan en dat dit nie eindelik tot nadeel strek van die belastingbetalers en diegene wat daardeur bevoordeel moes word nie.
“Dit is ongelukkig wel die geval met die betrokke wet. Ek het self ondervind hoe inrigtings in Pretoria wat pasgebore babas versorg, vergeefs probeer het om geldelike hulp van die Nasionale Raad op Loterye te kry.
“Dit nieteenstaande die feit dat die meeste van die babas wat versorg word, swart is. In baie gevalle is die inrigtings nie eens geantwoord nadat aansoek gedoen is om hulp nie.
“Daarom is die veranderinge wat beoog word in die Lotery Wysigingswetsontwerp welkom. Veral die daarstelling van ‘n interne hersieningsliggaam om besluite van die Raad en verspreidingsagentskappe te hersien, is van groot belang.
“Ten minste het klein en onder-befondsde organisasies, wat nie geld het om regslui aan te stel nie, nou wel ‘n remedie indien hulle meen hul aansoeke is ongeregverdig afgekeur.
“Dit is ongelukkig so, en daar is ook ‘n sterk persepsie onder die publiek, dat die fondse nie uitkom waar dit die nodigste is nie. So byvoorbeeld het ‘n ryk skool steun ontvang vir kulturele aktiwiteite, terwyl babas nie kos het om te eet nie.
Daar is ook luukse wildplase wat ruim steun ontvang vir “bewaring” terwyl die ontvangers oor geen opleiding of kwalifikasie beskik as bewaringskenners nie. Die geld word eerder aangewend om ‘n ultra-luukse lewenstyl te onderhou.
“Indien die wanaanwending van loterygeld in die proses verhinder kan word en mense gehelp kan word waar dit regtig nodig is, is daar meriete aan die beoogde wysigings aan die wet. Die regering se pogings om self die lotery te beheer, kan egter nie toegelaat word nie.
“Die oogmerke van die wet sal net realiseer indien die stelsels, en die mense in beheer daarvan, effektief, onbevooroordeeld en met sterk morele oortuigings optree. Die voortdurende waaksaamheid van alle parlementslede is hiervoor nodig,” sê adv. Alberts.

“Belasting gegenereer word sou voldoende wees indien dit sinvol aangewend word en die ekonomie beter bestuur word”!
Adv. Alberts, jy is in Afrika en vryheidsvegters is aan die stuur van sake.
adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor sosiale ontwikkeling
adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomie
adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid
A man of many hats.
Wat sê adv. van plaas moorde en misdaad gepleeg deur die polisie ?
Wat sê adv. van wit plakker kampe sonder riool en water ?
Wat sê adv. – as regsgeleerde – van die vertrapping van wit mense se reg tydens onwettige aanhouding ? Miskien kan hy vir ons van sy korrespondensie aan die regering wys i.v.m. wit mense wie verkrag is in aanhouding selle … ?
Ek skat hierdie sakies is nie so krities soos die lotto nie.
Is daar van die broers hier – wie die VF evangelie so passievol verkondig – wat net vlugtig weer vir my kan opsom wat presies dit is wat die VF nou weer doen vir Afrikaner … ummmmm ….wat’s daai woord nou weer ? Of is ek agter die tyd ?
Hou hierdie gesindheid reg deur die dag dan is jy ‘n mens so reg na my hart!
My woorde is soos asyn in `n oop wond – dit bring pyn.
My vrae is soos `n toom in `n ou esel se bek – dit walg hom maar dit keer hom.
My sarkasme, bitter, swart en uiters droog, is meer verontrustend as `n opstroppelis skool kind se naels wat oor `n tjork bord trek.
En in als is ek so vas soos die rots van Gibraltar. Met vlammende oë kyk ek hierdie Afrikaner rennesaans stip aan. Kom skud saam met my hierdie boom van wysheid en kyk hoe die filosowe soos blou gat apies na benede stort.
Shannon, die digter? Wie het hierdie gedig geskryf?
Mmmm ek staan nou soos ‘n klonkie in die veld, tuur vêr oor die vlaktes wat hout soek.
‘n Nog groter Afrikaner box.
Jip jy het die Dunning/Kruger siekte verseker.
Shnnon jy is ‘n regte ou Afrikaanse box.
Vermoedelik doen die VF+ iets meer as jou klomp Afrikaner haters en verloopte rooinekke.
o, en??? verbaas? neee!
Adv. Anton Alberts, mooi so. Grou al hulle gekonkelry en gestelery uit. Hoop om spoedig meer van hierdie berigte te lees.
Om vrae te stel oor die wyse waarop loterygeld verdeel en uitgedeel word, is uiters nodig en lofwaardig. Daar is baie duidelik alweer ‘n groot gekonkel en waarskynlik aansienlike aftappery na sekere mense se sakke aan die gang.
Maar om hierdie vrae en kwessies te opper deur te se^ dat jy eintlik in bgeinsel teen lotery gekant is, is dom – en verkramp!
Dis tyd dat die VF+ sy ou, uitgediende en bekrompe sieninge uitgooi en bykom by die hedendaagse Afrikaner – miskien sal hulle dan ‘n bietjie meer stemme kry.
Maar hou aan hamer en vra vir ‘n ondersoek na presies hoe die loetry bedryf word.
A nee a Thys, het jy nou ook kopdoek Piet en windvaan Pakendorf se se siekte onder lede? Maak dit jou nou byderwets as jy ten gunste van ‘n korrupte lotery is?
Lotto gee geld vir sport maar min vir liefdadigheid wat dit werklik nodig het – Stop dit maar in my opinie.
Hierdie sal nooit stop nie. Dit, saam met belasting, stook die soustrein. En kommie sokker.
1.This symposium not only presents an expose on Christianity whose time has come, but it is a significant case study which provides an important glimpse into how the ruling classes have kept their power for millennium. Time and again the common people are deceived into war, poverty, and obedience because their ability to reason has been crippled by false ideas, false histories, and false gods circulated by the power elite.
2. The Internet Age makes events like this possible and presents us with an opportunity for a different future. Now that the average person has an unprecedented ability to access and share information instantly with like-minded people around the globe it’s time for us to create a new open-source intelligence, help each other get educated, and break the spell of dogma and propaganda together.
3. We hope you can join us for what is sure to be a special even
Hierdie lotto is bloot net nog ‘n blatante en ondeursigtige ANC-SAKP bedrogspul.