Bloemfonteinse dokter verkrag glo pasiënte

stet‘n Bloemfonteinse dokter wat na bewering twee pasiënte verkrag het, het in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

Dr Spirros Thaecharous was uit op borgtog van R2 000 toe hy op nog ‘n aanklag in hegtenis geneem is.

Albei die klaagsters is na bewering in sy spreekamer aangerand. Borgtog van R5 000 is nou aan hom toegestaan.

Die polisie het ‘n beroep gedoen op vroue wat soortgelyke probleme ondervind het, om na vore te kom. Die saak is tot 25 November uitgestel. – RSG