Oproeriges het Maandagoggend buitebande op die kampus van die Universiteit van Kaapstad gebrand en ingange probeer versper. Die polisie is inderhaas ontplooi om die situasie onder beheer te hou. Die woordvoerder van die universiteit, Pat Lucas, sê ingange is weer oopgestel en studente kan eksamen gaan skryf. Lucas sê eksamens sal voortgaan ten spyte van
VSA, Brittanje sê bom het tot Russiese ramp gelei
Amerikaanse en Britse owerhede meen ‘n bom aan boord van ‘n Russiese passasiersvliegtuig het tot die lugramp oor Egipte gelei. Die Airbus 321 het in die lug verbrokkel en wrakstukke is oor kilometers heen versprei. Die Islamitiese Staat (ISIS) kon glo daarvoor verantwoordelik gewees het, maar wou geen finale gevolgtrekkings oor die ongeluk gemaak nie.
Lees verder: VSA, Brittanje sê bom het tot Russiese ramp gelei
Minister verswyg koste van privaat-ambulansdiens
Gesondheidsminister Aaron Motsoaledi wil klaarblyklik nie die totale koste van die omstrede kontrak tussen die Vrystaatse gesondheidsdepartement en die private maatskappy, Buthelezi-ambulansdienste openbaar maak nie. Hy het reageer op ‘n perlementêre vraag oor watter provinsies derdeparty-kontrakte vir die verskaffing van ambulansdienste gesluit het, die duur van die kontrakte en die koste daarvan. Motsoaledi het aangedui
Lees verder: Minister verswyg koste van privaat-ambulansdiens
Mandela-kleinseun terug in hof oor verkragting
Die kleinseun van die ontslape Nelson Mandela sal na verwagting Maandag in die die Johannesburgse landdroshof hof verskyn nadat hy beskuldig is van die verkragting van ‘n 15-jarige meisie. Die 24-jarige pa van drie is voorheen op R7 000 borg vrygelaat in Augustus nadat hy ‘n week in die tronk deurgebring het. In haar verklaring,
Sydney Gregan: ‘n Negatiewe toekomsverwagting?
Terwyl die tweede fase van die kommunistiese revolusie begin stoom kry en die land se wiele duidelik besig is om af te val, is die vraag: Wat nou gemaak in hierdie omstandighede? Dis reeds baie duidelik dat die studente-onrus oor baie meer gaan as blote studiegelde. Dit gaan daaroor om die laaste vestings van die
Gustav Venter gister getroud
Die Afrikaanse romansier, draaiboekskrywer en joernalis, Gustav Venter, is gister op die plaas Braamhof in die Oos-Vrystaat met Erma Carsten getroud. Die bruilof is deur byna 300 mense bygewoon en die bruid het in ‘n veteraan- Volkswagen Kombi opgedaag. Gustav se broer, dr. Philip Venter, het al die pad van Louis Trichardt af gekom om
Leon Lemmer: Standaardtaal en Standaardafrikaans
‘n Standaardtaal is, soos die term aandui, ‘n taal wat gestandaardiseer is, dus in ‘n groot mate ‘n vaste vorm het. Daardie vastigheid sluit nie evolusionêre ontwikkeling uit nie. “Vaste vorm” dui op ‘n gestandaardiseerde spelling, woordeskat en grammatika. ‘n Redelike mate van vastigheid sal kwalik in ‘n taal wat net in gesproke vorm bestaan,
Lees verder: Leon Lemmer: Standaardtaal en Standaardafrikaans
Russiese verkenningsvliegtuig draai ‘n seemyl van Amerikaanse vliegdekskip
Op 27 Oktober 2015, het ‘n Tupolef 142 herhaaldelik nadervlugte aan die vliegdekskip die USS Ronald Reagan uitgevoer. Dié vliegdekskip is deel van die Sewende Vloot en die Suid-Koreaanse vloot se maneuvers in die ooste van die skiereiland. Sedert April 2014, het die Russiese vliegtuie sorties onderneem om sy eie kommunikasiestoringstelsel en die bevelstruktuur van
Lees verder: Russiese verkenningsvliegtuig draai ‘n seemyl van Amerikaanse vliegdekskip
Springbokke moet vinniger verswart sê minister
Die minister van sport en ontspanning, Fikile Mbalula het op ‘n nuuskonferensie gesê SARU sal later vandeesmaand vergader om die vertoning van die Springbokke tydens die Wêreldrugbytoernooi te bespreek. Hy het gewaarsku dat as ‘n transformasieteiken van 50 persent vir die Springbokke nie bereik kan word nie, sy departement stappe teen SARU sal doen. Mbalulu
Byna 300 sake van wangedrag in Vrystaat
‘n Totaal van 299 sake van wangedrag is tydens die vorige boekjaar in departemente en openbare entiteite in die Vrystaat aangemeld. Dit is volgens die LUR vir finansies, Elzabe Rockman. Sy het tydens die amptelike aankondiging van die internasionale anti-korrupsie- en bedrogbewusmakingsveldtog in Bloemfontein gesê dat 161 amptenare in dié sake skuldig bevind is. Rockman
