Duitsland het sy bevolking aangemoedig om kos en water te berg ter voorbereiding vir moontlike terroriste- of kuberaanvalle, in die eerste burgerlike verdedigingstrategie sedert die einde van die Koue Oorlog. Die plan is die eerste breë opdatering sedert 1995, toe ‘n aftakeling van die federale burgerlike verdedigingstrukture bepleit is in die nasleep van Duitse hereniging.
Onluste oor gratis universiteite by vier kampusse in Oos-Kaap
Onluste oor eise vir gratis onderwys vir arm swart studente veroorsaak ontwrigting by vier universiteitskampusse in die Oos-Kaap. Die bestuur van die Walter Sisulu Universiteit het ‘n hofinterdik aangevra om orde te probeer handhaaf tydens lesings, te verhoed dat eiendom beskadig word of personeel geïntimideer en aangerand word, het die Daily Dispatch berig. Studente van
Lees verder: Onluste oor gratis universiteite by vier kampusse in Oos-Kaap
Rand daal na Valke op Gordhan neerswiep
Die DA het sy kommer uitgespreek oor berigte dat die minister van Finansies, Pravin Gordhan (foto), versoek is om môre by die Valke aan te meld en sê die stryd word nou op ‘n hoër vlak gevoer. Volgens die brief wat Gordhan ontvang het, het die Valke hul ondersoek van vroeër vanjaar voltooi. Dit hou
EU open nuwe strategiese front teen NAVO
“Dus gaan ons ‘n EU-weermag saamstel…” Dit was die woorde van die Italiaanse premier Renzi, tydens die ontmoeting met sy ewekniëe in Italië. Italië se premier, die Duitse kanselier, Angela Merkel en Frankryk se pres. Francois Hollande het Maandag op die vliegdekskip, die Guiseppe Garibaldi, byeengekom om dié aankondiging te maak. Renzi sê dit moet
Karel Combrinck: Te veel geweet
Op 22 November 1963 is pres John F Kennedy van die VSA in Dallas, Texas, gedood deur die koeëls van ‘n sluipskutter. Die vermeende moordenaar, Lee Harvey Oswald is twee dae later, dws op 24 November, op sy beurt deur ‘n nagklubeienaar, Jacob Leon Rubinstein (Jack Ruby) doodgeskiet. Het Oswald te veel geweet? Hoeveel mense
Drie EU-leiers sê Brexit sal nie Europa breek nie
Die leiers van Italië, Frankryk en Duitsland het dié week volgehou dat Brittanje se skokbesluit om die Europese Unie te verlaat, nie die einde van die ekonomiese magsblok sal beteken nie. Italië se eerste minister, Matteo Renzi, die Duitse kanselier, Angela Merkel en Frankryk se pres. Francois Hollande het Maandag op die vliegdekskip, die Guiseppe
Lees verder: Drie EU-leiers sê Brexit sal nie Europa breek nie
Hillary lyk gedaan, sukkel met bottel agurkies
Gerugte dat Hillary Clinton nie fisies geskik is vir die Withuis nie, wil nie gaan lê nie. Maar die Demokratiese presidentskandidaat sê hierdie uitsprake kom van van die Republikeinse kandidaat, Donald Trump, en is deel van sy “mal strategie” en ‘n “alternatiewe realiteit”. Clinton wil waarskynlik graag die aandag aflei van die nuus wat aanhoudend
Tobruk stem teen Libië se VN-regering
Opponente van Libië se eenheidsregering, wat die ondersteuning van die Verenigde Nasies geniet, het Maandag teen ’n mosie van vertroue in die Tripoli-bewind gestem in ’n rare sessie van die parlement wat in die ooste van die land gevestig is. Die stemmery is ’n vars terugslag vir die regering van nasionale eenheid, wat vir maande
Dan Roodt as rubriekskrywer vir ‘altregse’ blad in VSA aangestel
Dr. Dan Roodt van PRAAG is gister as tweeweeklikse rubriekskrywer vir die “altregse” Amerikaanse webblad, AmRen.com, aangestel. American Renaissance, soos dit bekendstaan, het onlangs die nuus gehaal in die Washington Post, New York Times en ander hoofstroom- Amerikaanse media weens die vermeende invloed daarvan op die veldtog van mnr. Donald Trump, die Republikeinse presidensiële kandidaat.
Lees verder: Dan Roodt as rubriekskrywer vir ‘altregse’ blad in VSA aangestel
SA maatskappye wil uit Nigerië kom
Die hotel- en ontspanningskonglomeraat Sun International het aangekondig dat hy Nigerië sal verlaat. Sun International het gesê sy hotel- en casino-kompleks Federal Palace (foto bo) gaan voort in ‘n moeilike ekonomiese omgewing met Nigerië wat ‘n aantal krisisse, insluitend die lae olieprys, Boko Haram en ‘n verswakking naira in die gesig staar. Die land het
