Duitsland het sy bevolking aangemoedig om kos en water te berg ter voorbereiding vir moontlike terroriste- of kuberaanvalle, in die eerste burgerlike verdedigingstrategie sedert die einde van die Koue Oorlog.
Die plan is die eerste breë opdatering sedert 1995, toe ‘n aftakeling van die federale burgerlike verdedigingstrukture bepleit is in die nasleep van Duitse hereniging.
Die 69-bladsy dokument waarsku dat “die veiligheidsbeleidomgewing weer verander het”, en sê dat Duitsland gereed moet wees in geval van ‘n “bestaansbedreigende ontwikkeling”.
Kritici beskuldig egter kanselier Angela Merkel se koalisie van panieksaaiery voor belangrike deelstaatverkiesings in September.
En die bevolking het op sosiale media oor die strategie gespot, met die hutsteken #hamsterkaeufe (eekhoringspens) en foto’s van die harige knaagdier wyd sirkuleer op Twitter.
Die minister van Binnelandse Sake Thomas de Maiziere verwerp die kritiek. Hy het gesê “terwyl ons almal hoop dat ons gespaar sal word van ‘n groot krisis, moet ons voorbereid wees op ‘n ramp.
“Dit is net verantwoordelik, sinvol en paslik koelkop om voorbereidings vir ‘n rampscenario te tref,” het hy gesê, want “elke land in die wêreld doen dit”.
Hy erken egter “‘n aanval op Duitse grondgebied wat konvensionele verdediging noodsaak, is onwaarskynlik,” maar Europa se grootste ekonomie moet “voldoende voorberei in die geval van ‘n bestaansbedreigende ontwikkeling in die toekoms wat nie uitgesluit kan word nie”, hetbdie strategie dokument gesê.
“Die verspreiding van wapens van massavernietiging en hul afleweringstelsels, kan konflik dryf deur terreurmiddele en kuberaanvalle kan ‘n direkte bedreiging vir Duitsland en sy bondgenote wees,” het hy gesê.
Die afhanklikheid aan beide die krag en IT-netwerke, het de Maiziere gesê die regering se strategie vir noodplanne rig om sleutel energie- en waterinfrastruktuur te beskerm.
Hulle moedig mense aan om genoeg kos te berg vir 10 dae, en water vir ten minste vyf.
