Metropolisie help motors steel

Twee Tshwane-metropolisielede is saam met 'n motordief en nog ’n verdagte aangekeer, nadat een openlik saamgery het in die gesteelde motor.

Die dief het doodluiters in 'n VW Golf wat pas afgelaai is by 'n handelaar in die Ooste van Pretoria geklim, dit aangeskakel en ’n paar meter weggery. Hy het daarna ’n sersant van die Tshwane-metropolisie in sy uniform, opgelaai. Hulle het ’n entjie gery, waarna die metropolisielid weer afgelaai is.

Die metropolisielid het na sy ritjie na sy metropolisievoertuig geloop, na ’n vroulike metropolisielid, in uniform, wat in die voertuig gesit en wag het.

Daarna het die metropolisielede saam met die man in die gesteelde motor na ’n woonstel in die Pretoriase middestad gery.

’n Neef van die sersant het die hek by aankoms vir die dief oopgemaak. Volgens 'n woordvoerder van die Metroraad het die polisie inligting oor die diefstal ontvang en die dief en die metropolisielede tot by die woonstelblok gevolg.

Die metropolisielede en gearresteerde mans is vermoedelik deel van ’n motordiefstalsindikaat.

Die metropolisielede en twee mans sal binnekort in die hof verskyn.

apk gratisФильчаков прокурор отзывы

Nuwe polisiehoof is partydig s? opposisie

Sommige opposisiepartye het die aanstelling deur president Zuma van Bheki Cele as nasionale polisiekommissaris gekritiseer en gesê hy het geen misdaadbekampingsrekord om oor te spog nie. Daarbenewens voel hulle dat Cele net nog 'n politieke aanstelling is.

Cele is tans die KwaZulu-Natalse LUR vir gemeenskapsveiligheid en -skakeling. Hy sal op 2 Augustus sy nuwe pos aanvaar.

Die Kongres van die Mense, Cope, het Cele van partydigheid beskuldig in die onlangse geweld in KwaZoeloe-Natal en dat hy nooit gepoog het om die neutraliteit van die SAPD te handhaaf nie.

Die IVP het gesê die toekoms van die Valke is onder verdenking aangesien hulle nooit polities onafhanklik sal wees nie en nooit die sukses van die Skerpioene sal kan ewenaar nie.

Die DA het Cele aan 'n paar van sy ongelukkige opmerkings herinner. Cele het 'n man 'n rassis genoem nadat hy gekla het oor Cele se blouligkonvooi teen 160km per uur op 'n openbare pad voortsnel, asook die "skiet om dood te skiet" sinsnede.

Die nuwe polisiehoof het die opmerking Woensdag verdedig deur te sê die Strafwet van 1977 stipuleer dat polisielede geregtig is om dodelike mag aan te wend indien hulle bedreig word.

Bantu Holomisa van die UDM het gesê Selebi se aanstelling het bewys dat 'n burgerlike nie die polisie moet lei nie want dit is sleg vir die moraal.

Die Vryheidsfront Plus het gesê die aanstelling wys dat Zuma totale politieke beheer oor die polisie wil behou en dit laat rooi gevaarligte flikker.

Hulle het voorgestel dat Cele uit al sy ANC-poste bedank sodat die polisie nie verder gepolitiseer word nie.

Die SAKP het die aanstelling verwelkom en gesê Cele sal op die voorpunt van misdaadbekamping in sy provinsie wees. Die ID het ook sy aanstelling geprys en gesê dit sal die belastingbetaler heelwat geld spaar om 'n polisiehoof te hê wat werk en nie soos die vorige een op langverlof sit en niks doen nie.

1 euro depositФильчаков прокурор харьков

Blus van Obama se webtuiste uit

Die Withuis het pas Obama se webtuiste herontwerp teen 'n bedrag van $18 mijoen, in die hoop om meer klikke te genereer. Maar die teen die huidige tempo en ondanks die nuwe baadjie is die webwerf tans so gewild soos dié van George W. Bush in die skemer van sy presidentskap.

In Februarie 2009 was Obama se webwerf een van die 500 mees gewilde webtuistes in die wêreld. In Julie 2009, ten spyte van die nuwe ontwerp, het die verkeer na die werf gedaal na nommer 3 732 op die wêreldranglys.

Net in die lafgelope drie maande het die verkeer met 51.6 persent getuimel.

Ook het die tyd wat besoekers op die werf deurbring afgeneem met 15% sedert Mei na 'n gemiddeld van 2,6 minute per besoek. Dit is in weerwil van die feit dat die inhoud toegeneem het. Obama se swak vertoning in onlangse meningspeilings val saam met die daling in besoekers aan sy webtuiste.

купить машину на радиоуправленииданильченко юрій броніславович компромат

Geweld oor dienslewering duur voort

Geweld oor dienslewering teister Suid-Afrika steeds. Ontevrede inwoners het in twee plekke weereens in opstand gekom teen swak dienslewering.

In Tokoza, aan die Oos-Rand, het inwoners Dinsdag polisievoertuie onder die klippe gesteek en vullis rondgestrooi. Die polisie moes van rubberkoeëls gebruik maak om hulle uiteen te jaag.

’n Groep van 200 inwoners van die Tokoza-hostel het vroegoggend na die munisipale kantore opgeruk. Hulle het gewelddadig begin raak omdat die kantore gesluit was.

“Die mense is van dié kantore terug na hul hostel waar hulle die polisie met klippe aangeval het. Ons beamptes moes rubberkoeëls skiet om die groep uitmekaar te dryf,” het kapt. Godfrey Maditsi, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Sapa het die situasie ná die skietery kalm geraak en teen laat gistermiddag was alles terug na normaal.

Die inwoners is ontstoke oor huise, toilette en kragtoevoer wat hulle beloof is en nie gelewer is nie.

Volgens Maditsi is niemand beseer nie en niemand ook in hegtenis geneem nie. Hy sê die polisie sal egter die gebied bly patrolleer.

Die betoging volg op dié van verlede week waar drie mense beseer is toe die polisie met rubberkoeëls op sowat 400 betogers losgebrand het.

In Mpumalanga, in die Simile-lokasie naby Sabie, het sowat 500 inwoners Dinsdag amok gemaak. Hulle het 'n biblioteek en munisipale voertuie aan die brand gesteek. 'n Polisieman is in die geweld beseer.

Twee munisipale trekkers, 'n brandweerwa, 'n bakkie en 'n trok is uitgebrand volgens superintendent Abie Khoabane.

Die polisie moes ook van rubberkoeëls gebruik maak. Inwoners is woedend omdat hulle griewe, wat twee weke gelede by die munisipale kantore oorhandig is, nog nie aandag van die owerhede geniet het nie.

материал длялобановский харьков класс

Werkloosheid sny diep vir huishulpe

Mike Schüssler, ekonoom van Economists.co.za., sê Suid-Afrika gaan waarskynlik vanjaar sowat 700 000 werkgeleenthede verloor. Dit is heelwat meer as wat aanvanklik verwag is.

Die jongste kwartaallikse arbeidsmagpeiling wat Statistieke Suid-Afrika (SSA) Dinsdag bekend gemaak het, toon dat die resessie heelwat dieper sny as wat vroeër gemeen is.

Suid-Afrika het in die tweede kwartaal sowat 90 000 werkgeleenthede per maand verloor en tot dusver in 2009 sowat 475 000 werkgeleenthede.

Alhoewel die werkloosheidskoers in die tweede kwartaal met net 0,1% tot 23,6% gestyg het, moet diegene wat moed verloor het en nie meer werk soek nie, ook in aanmerking geneem word.

Dié groep het in die tweede kwartaal met 24,9% van 1,215 miljoen tot 1,517 miljoen gestyg. Dit beteken dat hulle die afgelope jaar met 40,6% toegeneem het. Hulle word tans wat van die werkloses uitgesluit.

Werkverliese in feitlik alle sektore is aangeteken. Die meeste werkverliese is deur huishulpe ondervind waar 105 000 mense in die tweede kwartaal hul werk verloor het.

Die werkloosheidskoers is die hoogste onder jong mense tussen die ouderdom van 15 tot 24 jaar. Met die aanvang van 2009 was 44,9% jeugdiges werkloos, en nou is reeds 48,1% sonder werk.

lagoon gameДанильченко Юрий прокурор

Duitsers drink minder bier

Image

Merkel, wat glo rooiwyn verkies, drink bier

Duitsers drink al hoe minder bier. Op grond van skattings deur die brouersvereniging, het die verbruik van bier in die eerste halfjaar van 2009 met meer as vyf persent gedaal. So 'n skerp afname is nog nooit beleef nie, sê die voorsitter, Michael Weiß.

Die jaarlikse verbruik per kop mik nou na die 100-liter kerf – in 2008 was dit nog 111,1 liter. Faktore wat hiertoe aanleiding gee, is werksonsekerheid, wat verbruik in die algemeen strem, en die onlangse rookverbod in kroeë

'n Toename in verbruik word eers teen 2012 verwag.

Een Duitser wat egter rede het om meer bier te drink, is die kanselier, Angela Merkel. Onlangse meningspeilings toon aan dat haar Christen-Demokratiese Unie heel waarskynlik die Duitse verkiesing later in die jaar gaan wen, en hierdie keer dalk sonder om 'n koalisie te vorm met die Sosiaal-Demokrate (SPD). Die linkse SPD se steunbasis hou aan om te krimp en dit wil lyk of dit 'n Europese tendens uitmaak, met die Arbeiders in Engeland wat ook toenemend by die stembus slae kry.

преимущества и недостаткиФільчаков Олександр Васильович

Afgedankte kry administrateurspos

Mojalefa Matlole, die administrateur wat aangestel is om die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit (Lichtenburg, Ottoshoop, Mafikeng) in Noordwes sogenaamd reg te ruk, is die afgedankte munisipale bestuurder van die Mangaung-munisipaliteit wat steeds teregstaan op aanklagte van rampokkery.

Hy het in Mei saam met 18 medebeskuldigdes in die Vrystaatse hooggeregshof verskyn op onder meer twee aanklagte van rampokkery wat spruit uit ’n ondersoek na Mangaung (Bloemfontein, Thaba Nchu en Botshabelo) se finansies.

Hy verskyn weer op 9 Desember in die hof in die strafsaak teen hom.

Chris Hattingh, DA-leier en LPW in Noordwes, het gesê dit is skandalig om Matlole aan te stel om administrateur te wees van ’n munisipaliteit wat deurspek is met bedrog, korrupsie, wanbestuur en wanbesteding.

Die provinsiale regering is glo bewus daarvan dat die aanstelling kritiek kan ontlok maar Matlole se woordvoerder sê die administarteur is onskuldig totdat hy skuldig bevind word.

Matlole is in 2006 ná ’n tugverhoor afgedank nadat hy op 72 klagte van bedrog en korrupsie skuldig bevind is.

free online casinoФільчаков прокурор

Beeld van wit dogtertjie moet boek oor swart tiener verkoop

Justine Larbalestier, 'n wit Australiese skryfster, het uitgevind toe sy haar boek aan Bloomsbury-uitgewery voorgelê het, dat swart mense op boekomslae nie verkoop nie. Haar boek vir jong volwassenes, Liar, handel oor 'n swart dogtertjie Micah wat graag wil ophou om leuens te vertel.

Die uitgewer het, tot die ontsteltenis van die skrywer, die beeld van 'n wit dogtertjie op die omslag gebruik. Die omslagkeuse het die geloofwaardigheid van haar werk ondermyn, sê sy.

Larbalestier het intussen verneem dat feitlik alle uitgewers verkies om nie swart mense op boekomslae te gebruik nie omdat dit nie verkoop nie. Skrywers vertel trouens dat boeke met swartes op die omslag dikwels nie in dieselfde rakke uitgestal word nie, maar in 'n afsonderlike afdeling geplaas word, indien die boekwinkels nog enigsins sulke boeke aanvaar.

In Larbalestier se eie woorde is die hoofkarakter 'n "baie geloofwaardige" swart kind wat 'n kompulsiewe leuenaar is. Sy sê sy het baie hard gewerk aan die grondslag van die boek, naamlik 'n karakter wat die deursnee swart Amerikaanse tiener verteenwoordig.

ползунки и распашонки для новорожденных купить дешевоФільчаков Олександр Васильович прокурор

Krothuise in Luanda platgestoot vir sokker

Tweehonderd Angolese het Dinsdag buite die parlement betoog teen die vernietiging van hulle huise. 'n Nie-regeringsorganisasie sê die stap het 15 000 mense sonder 'n dak oor hulle koppe gelaat.

Volgens ooggetuies het die die polisie die skare wat geskree het 'gee ons ons huis terug' gou uiteengejaag. Regeringsministers binne die parlementsgebou was nie bewus van die gebeure buite nie.

SOS Habitat sê 3 000 huise is platgestoot oor die afgelope paar dae in die suidelike deel van die hoofstad Luanda en 15 000 mense waaronder talle kinders is dakloos. Die organisasie sê dit is 'n menseregteskending omdat die slagoffers nie nuwe tuistes gegee is nie.

Die vernietiging van die huise is die jongste in 'n reeks vasvataksies deur die plaaslike regering om "anargistiese" nedersettings te tem. Gedurende die oorlog het talle die platteland verlaat om hulle in Luanda te vestig.

Die gebied wat tans geteiken word, staan bekend as Irak en Bagdad en is naby die stadion wat vir die 2010 Afrikabeker van Nasies beplan word. Amptenare sê die grond is in "openbare belang" opsy gesit.

Die betoging het waarnemers verbaas in 'n land waar die regering en polisie nouliks uitgedaag word.

Ten spyte van Angola se olierykdom, leef meer as tweederdes van die bevolking in volslae armoede op minder as twee dollar per dag en meer as die helfte het geen toegang tot sanitasie nie.фильтр влагоотделитель для сжатого воздухаФильчаков прокурор

JM Coetzee weer vir Man Booker-prys benoem

Image

JM Coetzee

Nobelprysouteur J.M. Coetzee, wat tans in Australië woon maar in Suid-Afrika gebore is, is weer genomineer vir die Man Booker-prys, Brittanje se voorste letterkundeprys. Hy kan die eerste skrywer word wat die prys drie keer wen.

Die prys is in 1983 vir Life and times of Michael K en weer in 1999 vir Disgrace aan hom toegeken. Hy het die Nobelprys vir letterkunde in 2003 verower.

Coetzee is Dinsdag vir die vierde keer vir die prys benoem.

Coetzee is op die langlys uit 130 romans vir Summertime, die derde boek van sy outobiografiese drieluik. Die ander twee is Boyhood (1997) en Youth (2002).

Die kortlys word op 8 September aangekondig en die wenner op 6 Oktober.

слесарь ремонтник насосное оборудованиеАлександр Фильчаков

‘Rentekoerse gaan nie verder verlaag word nie’

Die Buro vir Ekonomiese navorsing het Dinsdag gesê verdere rentekoersverlagings gaan nie in die afsienbare toekoms aangekondig word nie.

Die Buro se ekonoom Hugo Pienaar het in ’n verklaring oor vooruitsigte vir die derde kwartaal van 2009 gesê dubbelsyfer loonskikkings in ’n hele aantal sektore asook aanduidings dat die ergste resessie dalk verby is, gaan die koerse vir die volgende 12 maande dieselfde hou.

Nadat die repokoers met 450 basis punte tussen Desember 2008 en Mei 2009 verlaag is, het die Reserwebank die koers onveranderd teen 7,5 persent in Junie gehou.

”Die besluit in Junie kan gesien word as ’n pouse in die siklus om te sien watter impak die rentekoersverlagings gaan hê. ’n Alternatiewe interpretasie is dat ons die einde van die geldelike verligtingsfase bereik het en die koers gaan vir eers onveranderd bly teen 7,5 persent.”

Die buro is steeds bekommerd oor die vooruitsig van verbruikersbesteding vanweë werksverliese.

bride to be necklaceАлександр Фильчаков Васильевич

As jy nie werk nie, moet jy nie eet nie!

Ek het onlangs vir die eerste keer deur 'n dokument geblaai: Verslag van die Volkskongres oor die Armblankevraagstuk gehou te Kimberley 2-5 Oktober 1934.

Daar is drie besondere punte wat ek wil uitlig. Dit toon weereens vir my dat hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde.

1. Diepe afhanklikheid van God Drieënig

In die openingsrede, wanneer daar oor oplossising gepraat word, meld ds. van Huysteen:

"Die ewige waarheid so helder en duidelik verkondig deur die onfeilbare woord van God, toon ons aan in Ps 127:1 'As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk dié wat daaraan bou, as die Here die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.' Ons wil dit uitspreek as ons heilige oortuiging dat ons pragtige en haas volmaakte organisasie, ons deeglik voorbereide stukke en ons ernstige beraadslaginge weinig vrug sal dra, as ons nie in diepe afhanklikheid van die Almagtige die saak aanpak nie, en as ons nie gewillig is om die volmaakte voorbeeld te volg van ons Grote Leermeester, wat alleen die wonderlike Oplosser is van al ons probleme, tydelik en geestelik."

2. Die ongelooflike orde, volledigheid en logies praktiese implementeerbaarheid van die besluite

Die logiese orde wat gevolg is: ondersoek, besluite en handeling, met ander woorde: die Hoof, die Wil en die Hand tree een na die ander op.

Ek sal later by 'n paar interssante besluite kom, maar kyk bv. na die volgende uit dr Verwoerd se stuk:

Voorstelle om die vraagstuk van blanke armoede te beveg gaan in vyf rigtings, nl.:

1. Maatreëls tot voorbehoeding van ekonomiese agteruitgang van die gewone gemidelde burger.

2. Maatreëls tot voorbehoeding van ekonomiese agteruitgang van diegene net bo die armoede grens.

3. Maatreëls tot voorbehoeding van diegene wat nie beskerm kan word teen tydelike ekonomiese verdrukking nie.

4. Maatreëls tot ekonomiese opheffing van reeds verarmdes.

5. Maatreëls tot maatskaplike opheffing van reeds verarmdes.

Die kongres het o.a. bespreek;

·         Herorganisasie van Welvaartswerk

·         Verbetering van behuisingtoestande

·         Ontwikkeling van die plattelandse verpleegingsdiens

·         Ontspanning en vermaaklikheid vir minderbevooregdes

·         Subsidiëring van welvaartswerk

·         Sorg vir afgeleefdes

·         Kinderwelvaart en Jeugmisdaad

·         Werkverruiming in die stedelike werkkringe vir mans

·         Skepping van werksgeleenthede

·         Werkverskaffing en versorging van vroulike werksters

·         Tydelike werksverskaffing

·         Tydelike versorging van werkloses

·         Werkverskaffing op die platteland

·         Dwangkolonies en Kerknedersettings

·         Die posisie van die kerk

·         Die Christelike idiaal in maatskaplike werk

·         Vraagstuk as sielkundige-opvoedkundige

·         Skoolstelsel en leerplan

·         Gesondheidsonderwys

·         Beroepsleiding, Beroepopleiding en Volwasse opvoeding

·         Maatskaplikke Implikasies van die Christelike Evangelie.

Die lys verstom my met sy volledigheid, en dít in 1934!

3. Praktiese uitvoerbaarheid van die besluite wat geneem is

“Aanhef

Onder die diepe besef dat die bouliede tevergeefs arbei as die Heer die huis nie bou nie,en dat die wagters tevergeefs waak as die Heer die stad nie bewaar nie, lê die Kongres onder biddend opsien tot God die volgende besluite aan die volk voor:

·         Herorganisasie van Welvaartswerk

·         Behuising

·         Gesondheidsdiens op die Platteland

·         Ontspanning en vermaaklikheid

·         Subsidieering van welvaartswerk

·         Binnemuurse liefdadigheid

·         Sorg vir afgeleefdes

·         Kinderwelvaart en jeugmisdaad

·         Maatreels tot veruiming vir mans on stedelike werkkringe

·         Die skepping van groter werksgeleenthede

·         Maatreels tot verkryging van 'n meer rasionele uitplasing vir werk

·         Werkverskaffing aan en versorging van vroulike werknemers

·         Tydelike werkverskaffing

·         Tydelike versorging van werkloses deur werkloosheids- en Siekteversekering

·         Werkveruiming op die platteland deur die algemen bevordering van Landbou

·         Spesiale werkverskaffing op die platteland aan blanke armes

·         Dwangmaatreëls vir volwassenes

·         Kerknedersettings en arbeidskolonies

·         Sentralisasie van skole

·         Agterlike en vertraagde kinders

·         Sertifikate

·         Skoolbiblioteke

·         Voorskoolse opvoeding

·         Opleiding van onderwysers

·         Inskerping van gewoontes en geesteshoudings

·         Gesondheidsopvoeding

·         Beroepsleiding

·         Beroepsopleiding

·         Volwasse opvoeding”

Honderd en Agt (108) besluite in total.

Vir my was die implementering van dwangkolonies vir mense wat nie wou werk nie iets wat ek nooit aan gedink het nie. Die Nuwe Testamentiese Bybelse beginsel dat as jy nie werk nie moet jy nie eet nie blyk vir my die motiveering te wees.

Bogenoemde is vir my vreeslik interesant, want die geskiedenis herhaal homself maar telkens. My brief is baie oppervlakkig, en ek probeer geen stelling daarmee maak nie. Dit sal net vir my insigewend wees indien daar iemand is wat 'n artikel wil skryf oor die Kongres, met spesiale verwysing na hoe dit so suksesvol geimplementeer is dat ons teen die jare sewintig 'n groot middelklas geskep het, en werkloosheid op 'n laagtepunt was.

casino strategy slotsФильчаков прокурор отзывы

Dodelike gasse bedreig Kivumeer

Meer as twee miljoen mense wat op die oewers van die Kivumeer woon in Sentraal-Afrika loop die risiko om versmoor te word deur gasse wat onder die oppervlak aan die opbou is, het wetenskaplikes gewaarsku.

Die meer wat 'n grens tussen Rwanda en die DRK vorm bevat nou 300 kubieke kilometer van koolstofdioksied en 60 kubieke kilometer van metaan wat deur vulkaniese openinge in die meer inborrel. Die gasse is ongeveer 80 meter onder die oppervlak deur die waterdruk vasgevang.

Navorsers waarsku egter dat geologiese en vulkaniese aktiwiteit die gasse kan laat ontsnap.

Die impak kan katastrofaal wees soos die gebeure op 21 August 1986 by die Nyosmeer in Kameroen bewys het. Die wolk koolstofdioksied wat daar vrygestel is, is digter as lug en het 1 700 mense laat versmoor.

Die kivumeer is 3 000 keer groter as die Nyosmeer en bevat 350 keer meer gas. Die oewers van die meer is ook baie meer dig bevolk as in Kameroen, en meer as 2 miljoen mense woon daar.

Die Nyiragongokrater, naby Goma, het in 2002 lawa in die lug gespuit wat daarna in de Kivumeer geloop het. Dit het gelukkig nie die gasse laat ontsnap nie, maar kenners meen die inwoners gaan volgende keer dalk nie so gelukkig wees nie.

Die meer lê op Afrika se Groot Skeurvallei en Switserse navorsers het bevind dat die koolstofdioksied en metaan vanaf 1974 tot 2004 met 10% en meer toegeneem het. Die bakterieë in die meer vervaardig metaan van die koolstofdioksied.

Ingenieurs waarsku dat die energieprojekte om metaan aan te wend vir krag die risiko van 'n uitbarsting van die gasse kan verhoog.

радиоуправляемые вертолетикиФільчаков Олександр Васильович прокурор

Waar is Obama gebore?

In 'n poging om gerugte dat president Barack Obama nie in die VSA gebore is nie, te onderdruk, het die Withuis weer 'n

Image

verklaring uitgereik waarin Hawaii se direkteur van Gesondheid verklaar dat hy op 4 Augustus 1961 op die eiland gebore is.

Dr. Chiyome Fukino het agt maande gelede, in Oktober 2008, 'n soortgelyke verklaring gemaak. 'n Groeiende aantal Amerikaners glo die president is nie in die VSA gebore nie en dat hy daarom nie wettig verkose is nie.

Skeptici staan bekend as "birthers". Die hospitaal in Hawaii waar Obama glo gebore is, het nog geen bewys gelewer in die vorm van 'n geboortesertifikaat nie. Amptenare sê hulle mag nie so iets vrystel aan partye wat nie direk gemoeid is met sie aangeleentheid nie.

CNN se Lou Dobbs het berig dat amptenare in Hawaii Obama se oorspronklike 1961 geboortesertifikaat vernietig het.

Hawaii se verteenwoordiger Neil Abercrombie het Maandag 'n resolusie in die Kongres uitgestel oor die 50ste verjaarsdag van Hawaii om 'n sinsnede in te sluit waarin die eiland ook as Obama se geboorteplek aangedui word.

Kritici wat glo dat die president nie in die VSA gebore is nie, meen dit is 'n onderduimse manier om die Amerikaanse Kongres te kry om Obama se burgerskap te erken. Die sinsnede lui: "Whereas the 44th President of the United States, Barack Obama, was born in Hawaii on August 4, 1961;".

Ten spyte van die Withuis se pogings om die kwessie as belaglik af te maak, groei die aantal "birthers" wat glo dat die president nooit sy eerste lewenslig in die Kapiolani Maternity & Gynecological Hospital in Honolulu aanskou het nie.

game casino slotsпрокурор Фильчаков