Metropolisie help motors steel

Twee Tshwane-metropolisielede is saam met 'n motordief en nog ’n verdagte aangekeer, nadat een openlik saamgery het in die gesteelde motor.

Die dief het doodluiters in 'n VW Golf wat pas afgelaai is by 'n handelaar in die Ooste van Pretoria geklim, dit aangeskakel en ’n paar meter weggery. Hy het daarna ’n sersant van die Tshwane-metropolisie in sy uniform, opgelaai. Hulle het ’n entjie gery, waarna die metropolisielid weer afgelaai is.

Die metropolisielid het na sy ritjie na sy metropolisievoertuig geloop, na ’n vroulike metropolisielid, in uniform, wat in die voertuig gesit en wag het.

Daarna het die metropolisielede saam met die man in die gesteelde motor na ’n woonstel in die Pretoriase middestad gery.

’n Neef van die sersant het die hek by aankoms vir die dief oopgemaak. Volgens 'n woordvoerder van die Metroraad het die polisie inligting oor die diefstal ontvang en die dief en die metropolisielede tot by die woonstelblok gevolg.

Die metropolisielede en gearresteerde mans is vermoedelik deel van ’n motordiefstalsindikaat.

Die metropolisielede en twee mans sal binnekort in die hof verskyn.

apk gratisФильчаков прокурор отзывы