JM Coetzee
Nobelprysouteur J.M. Coetzee, wat tans in Australië woon maar in Suid-Afrika gebore is, is weer genomineer vir die Man Booker-prys, Brittanje se voorste letterkundeprys. Hy kan die eerste skrywer word wat die prys drie keer wen.
Die prys is in 1983 vir Life and times of Michael K en weer in 1999 vir Disgrace aan hom toegeken. Hy het die Nobelprys vir letterkunde in 2003 verower.
Coetzee is Dinsdag vir die vierde keer vir die prys benoem.
Coetzee is op die langlys uit 130 romans vir Summertime, die derde boek van sy outobiografiese drieluik. Die ander twee is Boyhood (1997) en Youth (2002).
Die kortlys word op 8 September aangekondig en die wenner op 6 Oktober.
