‘Rentekoerse gaan nie verder verlaag word nie’

Die Buro vir Ekonomiese navorsing het Dinsdag gesê verdere rentekoersverlagings gaan nie in die afsienbare toekoms aangekondig word nie.

Die Buro se ekonoom Hugo Pienaar het in ’n verklaring oor vooruitsigte vir die derde kwartaal van 2009 gesê dubbelsyfer loonskikkings in ’n hele aantal sektore asook aanduidings dat die ergste resessie dalk verby is, gaan die koerse vir die volgende 12 maande dieselfde hou.

Nadat die repokoers met 450 basis punte tussen Desember 2008 en Mei 2009 verlaag is, het die Reserwebank die koers onveranderd teen 7,5 persent in Junie gehou.

”Die besluit in Junie kan gesien word as ’n pouse in die siklus om te sien watter impak die rentekoersverlagings gaan hê. ’n Alternatiewe interpretasie is dat ons die einde van die geldelike verligtingsfase bereik het en die koers gaan vir eers onveranderd bly teen 7,5 persent.”

Die buro is steeds bekommerd oor die vooruitsig van verbruikersbesteding vanweë werksverliese.

bride to be necklaceАлександр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae