Met Suid-Afrika se ekonomiese klimaat is dit moeilik om te verstaan hoekom motors so duur is. Ons motormark is relatief klein in vergelyking met Brittanje of Brazilië s’n, maar ons het amper 1000 verskillende modelle om van te kies. Ongelooflik, sowaar! Sou jy dan in die bevoorregte posisie wees om ’n nuwe ryding te aanskaf
Skrik vir die waarheid
Gister reik ‘n klein politieke party ‘n nuusverklaring uit waarin ontsteltenis uitgespreek word oor die meer as 700 mense wat sedert Eugene Terre’Blanche se moord, reeds in Suid-Afrika vermoor is, en skaars ‘n rimpeling veroorsaak het. Die verklaring was skaars uit, of ‘n groot nuusverspreidingsinstansie bel die partyleier verbaas om te verneem waar dié syfer
Konsosiatiewe demokrasie
In ‘n vorige artikel het ek die punt probeer maak dat, gesien die diepverdeelde aard van die Afrikaner en verskeidenheid van organe van die Afrikaner-burgerlike samelewing, die liberale (Westminster) demokrasie nie sal werk nie en verduidelik waarom konsosiatiewe demokrasie ‘n beter opsie is. Konsosiatiewe Demokrasie is ‘n vorm van magsdeling wat groepsverteenwoordigend waarborg. Konsosiatiewe demokrasie
Slim het toe sy baas gevang
Die akroniem HPA staan vir Hitachi Power Africa. Teen hierdie tyd weet ons almal dat HPA sy SB-status (Swart Bemagting) verwerf het deur ‘n 25% belang in die kontrak vir oprigting van die Medupi-kragsentrale aan Chancellor House (CH) verkoop het vir R1 miljoen. Volgens die Engineering News het mnr Johannes Musel, HPA se hoof uitvoerende
Ekonomiese groei deur innovasie
Hoe word daardie klein bietjie ekstra, daardie finale hupstoot vir ekonomiese groei gekry? Deur nog meer uit inovasiekrag te put, aldus Brainport, die tegnologiese sentrum by Eindhoven in Nederland. Hiervolgens kan tussen 0,5 en 1% groter groei bewerkstellig word deur kennis en kundigheid in ‘n moderne nywerheidsbeleid saam te voeg (cluster). Die dinkskrum onder die
Plaasmoorde begin Zimbabwe-karakter kry
“Plaasmoorde die afgelope naweek waar plaasaanvallers in groepe van tien tot sestien lede opereer, is uiters kommerwekkend en lyk op ‘n Zimbabwe-situasie. Die wrede plaasmoord van ‘n 54-jarige man en die verkragting van sy vrou en aanranding van ‘n 3-jarige kind naby Polokwane en een naby Carolina, waar ‘n vrou en kinders in ‘n houthuis
Malema is ‘n produk van Britse denke
Kyk, die Rooinekke bly darem maar voorspelbaar. Noudat Julias hulle op hulle baadjie gee en hulle gebrekkige idees oor demokrasie in Afrika aan die kaak gestel word deur sy alomteenwoordige stem, probeer die Kwien se onderdane hulle ou truuk: Woordryke hovaardigheid. Rian Malan, Stanley Uys, David Bullard, noem maar op, het een en almal ‘n
Julius se geheimsinnige tugverhoor
Ja, en toe ruk praag.co.za se spannetjie op na die ANC-perskonferensie in Luthuli-huis oor Malema se geheimsinnige tugverhoor wat “intern” gaan geskied en waaroor ‘n gesette, bebrilde Thandi Modise, ANC-adjunk-sekerataris-generaal, geen woord wou rep nie. Wee die middestad van Johannesburg. Vuil, vervalle, ‘n skadu van sy vorige self en waar jy R20 vir parkeerplek in
Genoeg!
wedding dress necklaceАлександр Фильчаков
Hlope se saak en Komphela: Kopsorge
Volgens berigte oor die Hooggeregshofuitstpraak dat die Regterlike Dienstekommissie grondwetlik kleigetrap het deur die Wes-Kaapse Premier nie meer volledig by die Hlope-sage te betrek nie, het die RDK nie net grondwetlik gefaal nie, maar ‘n baie elementêre blaps begaan deur die besluit te neem sonder dat ‘n kworum van lede teenwoordig was. Met die sogenaamde
