“Die Polokwane-moord was so wreed dat lede van die Polisie berading moes ontvang. Dit is ‘n bewys dat die aanvallers vrees by die gemeenskap wil inboesem. Wanneer groot groepe misdaad pleeg is dit nie net gewone kriminaliteit nie, maar is daar ‘n ander motief en agenda. Wat die Vryheidsfront Plus betref is hierdie ‘n tipiese optrede met ‘n politieke motief om mense van hulle grond af te verwilder en sal so gesien word totdat die teendeel bewys word,” sê Groenewald.
“Die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, sal nou moet bewys dat sy woorde omgesit word in dade. Hy voer samesprekings met verskeie groepe, maar alles sal net lippediens wees as die Polisie nie daadwerklik toeslaan en plaasmoorde as ‘n prioriteit beskou en die misdadigers aan die kaak stel nie,” het Groenewald gesê.
