Kyk, die Rooinekke bly darem maar voorspelbaar. Noudat Julias hulle op hulle baadjie gee en hulle gebrekkige idees oor demokrasie in Afrika aan die kaak gestel word deur sy alomteenwoordige stem, probeer die Kwien se onderdane hulle ou truuk: Woordryke hovaardigheid. Rian Malan, Stanley Uys, David Bullard, noem maar op, het een en almal ‘n beledigende kwinkslag vir Zuma se opvolger.
Daar is ‘n groot mistasting dat Malema ‘n dom agterklas verteenwoordig, terwyl hy eintlik ‘n verinheemsingsfaksie, dikwels goed opgelei en welsprekend, verteenwoordig. ‘n Stortvloed patroniserende Engelse clichés gaan ook nie daaraan remedieer nie, behalwe om die onnosele Britte en Amerikaners wat hierdie patetiese stelsel op ons afgedwing het, kortstondig beter te laat voel.
Die Angelsaksers het dansky hulle politieke oktrooi ‘n Malema geproduseer in weerwil van die Afrikaners se vele waarskuwings daarteen. Take ownership of your creation!
