Dit wil voorkom asof die resessie ‘n soettand het. Soos wat werkloosheid toeneem, lyk dit asof Amerikaners, en veral volwassenes meer lekkers, van jelliebeertjies tot sjokolades, veral die goedkoper soort, eet, het lekkergoedvervaardigers, winkeleienaars en industriespesialiste gesê.
Teorieë verskil oor presies hoekom. Vir baie lig suiker die gemoed van mense wat afgetrek word deur die verswakkende ekonomie, het winkeleienaars en industrie beamptes gesê. Vir ander, verteenwoordig lekkers ‘n nostalgiese herinnering aan beter tye. En iets wat belangrik is, is dat dit goedkoop is.
“Mense bederf hulself ‘n bietjie meer wanneer die ekonomie sukkel,” het Kack P. Russo, ‘n analis met die handelsfirma Edward Jones of St. Louis gesê. “Dit is laekoste items wat mense maklik kan bekostig.”
By Chicago se Candycity winkel in die Lakeview buurt het besigheid met byna 80% toegeneem vergeleke met die tyd verlede jaar, en die eienaar Terese McDonald het gesê sy sukkel om voor te bly met die aanvraag.
By 'n lekkergoe winkel in San Francisco, het die eienaar Diane Campbell haar bestellings vir nostalgiese lekkers verdriedubbel. Baie van haar kliënte sê dat ten spyte van die taaier ekonomie, hulle steeds geld eenkant sit vir lekkergoed.
Baie groot lekkergoedvervaardigers het groter verkope en verbasende winste aangemeld, selfs terwyl ander vervaardigers sukkel om kop bo water te hou.
Cadbury het ‘n 30% toename in winste aangemeld vir 2008, terwyl Nestlé se winste toegeneem het met 10,9%. Hershey, wat die groter deel van verlede jaar gesukkel het, het hulle winste sien klim met 8,5% in die vierde kwartaal. Lindt en Sprungli, wat spesialiseer in hoërklas produkte soos Lindt, het gesê dat selfs te midde hulle verwagting dat hulle van die luukse winkels sal moet sluit in 2009, dit steeds winsgewend sal bly, omdat sjokolade goed verkoop in die middelklassegment.
“Lekkergoedmaatskappye is redelik resessiebestand,” het Peter Liebhold, voorsitter van die Smithsonian werk en industrie divisie gesê. “Gedurende die Groot Depressie, het lekkergoedmaatskappye 'n bestaan bly maak.”

Terwyl globale aandeelpryse gedaal het en verskeie van Sjina se Afrika-vennote diep in chaos verval het, is Sjina besig om terug te tree van sy meer aggressiewe planne.
Politieke sake behoort apart gehou te word van sportgeleenthede soos die 2010 Fifa Sokkerwêreldbeker, het minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma Woensdag gesê.
Slegte padonderhoud en die gebrek aan wetstoepassing is die hoofoorsake van die hoër hoeveelheid ongelukke op Suid-Afrikaanse paaie, het die AA Woensdag gesê. AA-woordvoerder Gary Ronald het gesê omtrent 5% van die ongelukke op Suid-Afrika se paaie word veroorsaak deur slegte padtekens en swak toestande van padoppervlakte.