Dit volg na verskeie dreigende, beledigende en opruiende verklarings wat gemaak is deur Cosatu se internasionale verhoudinge sekretaris teen die Joodse gemeenskap, het die raad in ‘n verklaring gesê.
“Op verskeie geleenthede, beide in openbare forums en op skrif, het Maseku blatante dreigende taal gebruik met verwysing na die hoofstroom Joodse gemeenskap vir hulle ondersteuning van Israel.”
“Spesifiek het hy openlik gesê dat Cosatu Joodse ondersteuners van Israel sal teiken en ‘hulle lewens hel maak’ ,” het die raad gesê.
Die SIJBD se nasionale voorsitter Zev Krengel het gesê verskeie verklarings deur Maseku is ernstige oortredings oor die verbod op haatspraak soos dit omvat is in die bevordering van gelykheid en voorkoming van onbillike diskriminasie wet.
“Die SAJBD ondersteun die reg tot vryheid van uitdrukking, maar nie tot op die punt waar dit inbreek maak op die fundamentele reg tot gelykheid en menswaardigheid van ander soos vervat in die wet op regte nie.”
“Om te vra vir die uitsmyting van en opsweping tot geweld teen mens se medeburgers vanweë hulle politieke beskouings, tree oor die lyn tussen wettige kommentaar en verbode haatspraak, en dit is wat mnr. Maseku van skuldig is,” het hy gesê.
Maseku se verskeie verklarings kan redelik beskou word as bedoeling van sy kant af om die Joodse gemeenskap in Suid-Afrika skade te berokken aan Suid-Afrikaanse Jode.
Dit kan ook redelik gestel word as ‘n duidelike bedoeling om haat te propageer teen die Joodse gemeenskap, het Krengel gesê.
